SMS'e 8 Januarie 2018
Aan al die mediese fondse wat so lekker ophou betaal het oor Desember, julle behoort julle te skaam. ‘n Dokter se uigawes hou nie op nie. Ek gaan onder mykollegas n veldtog loods dat julle kliënte kontant moet betaal van volgende November tot einde Januarie 2020. Wat julle doen is kontrakbreuk. Net NHP het deurgaans betaal.
My pa was op 24 Desember in 'n ongeluk. Hy het ernstige kopbeserings opgedoen. Ek het hom Bethanie-kliniek toe gevat vir "dressing" op Saterdag, 5 Januarie 2019. Die verpleegster daar sê hulle doen nie dressing, "only stab wounds and deliveries on weekends". Ek kan dit nie glo nie. Waarnatoe is ons op pad?
Nou verstaan ek nie, die eerste minister wil hê Namibiërs moet hul hande in eie boesem steek en help om die land ‘n beter plek te maak. Dit nadat hulle die helfte van die land aan China gegee het deur lang kontrakte en die koffers leeg gesteel is deur die elite.
Ja, en hoe begin ons ‘n jaar sonder boeke en ander skryfbehoeftes? Bestellings word die vorige jaar geplaas, maar as die skole begin, is daarnog nie skryfbehoeftes in plek nie.
Moet ons elke jaar die wiel uitvind? Jaar vir jaar staan die ouers in rye die dag voor die skole begin om hul kinders te registreer. Waarom dit nie al reeds soos baie ander skole die vorige jaar doen nie? Gee ook ‘n datum waarop ouers of kinders hul rapporte moet gaan afhaal voor die vakansie. Die rapporte wat nie afgehaal word nie moet by die kantoor ingehandig word totdat die skole begin. Die skole begin en dan kom soek ouers rapporte, want hulle gee verkeerde adresse.
Saara is ook in die Graham Norton-show te sien. Wie moet nou opdok vir Swapo se gemors?
Leser wat skryf "om teenoor president en leiers negatief te SMS is lelik, ons moet hulle respekteer": Asseblief!Respek moet verdien word, en daar is nie ‘n enkele leier wat respek verdien in hierdie land nie met die ongelooflike korrupsie, onbevoegdheid en mismanagement wat ons arme bankrot land tot in die grond ruïneer! Word wakker!
Hornkranz: Witbooi word voorgehou as dapper, maar dit lyk asof hy ‘n bang, swak man was. Hy het geweet die Duitsers is op pad, toe vlug hy met sy soldate kastig om die aandag af te trek van die vroue en kinders. Moes hy nie liewer die vroue en kinders laat vlug het en self die Duitsers teengestaan het nie. Nee wat, dapper was hy nie, eerder 'n bangbroek.
Die boerboel wat ‘n held was, is nie 'n goeie boerboel nie. ‘n Regte goeie boerboel sou een rower heel buite aksie gestel het. Jammer dit was nie ‘n rottweiler of ‘n pittbull.
Nou wil sekere mens weer die geskiedenis van ons land in ons museums uitwis. Hoekom? Moeinie krap waar dit nie jeuk nie, ons het belangriker dinge wat in ons land gedoen moet word! Wat van die afgelope 29 jaar se geskiedenis? Daar was net een, en dit was selfverryking en korrupsie!
Bitter min het gehou by die wette en bepalings van die viswet. Vis is weggegooi en planne is gemaak om wetstoepassers te fnuik. Daar is oor die kampplek gejaag en oor die strand voor die kampe. Niemand het die malligheid vrygespring nie. Het ons in n wettelose, gewetenlose en korrupte gemeenskap ontaard?
Ons het die afgelope vakansie op Myl 72 gekamp. Dit was met afgryse dat ons moes aanskou hoe Namibiërs en Suid-Afrikaners die vis uitgemoor het. Elke dag het honderde karre op ons toegesak om tog net ‘n spot op die strand te kry. Mense het mekaar gevloek en selfs te lyf gegaan.
Geagte minister van onderwys, kuns en kultuur, ag help my asb. Ek het ‘n kleinkind wat as prematuur gebore was en dus klein van postuur gebou is. Sy is 18 jaar, maar lyk 14 jaar. Die privaat skool in Whk waar sy gr. 10 verlede jaar gedoen en gedruip het, het geen handboeke gehad nie want vorige studente het dit weggedra. Die onderwyser lees en jy skryf geen herhaling as jy nie mooi gehoor het nie. So sy kan nie terug gaan of Namcol skryf met 11 punte. Hoeveel vakke vat sy nou? Gee raad asb. - Bekommerde ouma.
As die mangaanerts ten minste per spoor vervoer was, kon mens nog simpatie gehad het!
Wil aansluit by plasing van JACC FM, ek stem 100% saam. Hulle musiek is beter as sommige stasies se musiek is - so erg ek wil my polse kou. Daar is beslis baie nuwe musiek op die mark. Hulle moet vir slag luisteraars se opinie vra.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie