SMS'e
SMS'e

SMS'e

". . .totaal buite beheer. . ."
Mandy Rittmann
Windhoek munisipaliteit was een van die rykstes in Afrika en nou is hulle bankrot. Hulle maak elke jaar net die tariewe hoër. Ek sê “fire” die hele spul!



As die begroting van stadspolisie gedeel word deur die aantal polisielede, wat kos een polisielid die inwoner?



As CoW N$244 miljoen vir behuisingstoelae betaal, teenoor salarisbegroting van N$614 miljoen beteken dit 'n 40% behuisingstoelaag. Dit is totaal buite beheer in die mark.



CoW was eens van die rykste entiteite in Namibië. Ondersoek alle amptenare wat vir CoW werk en stop hul privaat besighede wat die munisipaliteit van miljoene beroof.



Minister van onderwys, of Sanet Steenkamp. Niemand doen iets. Stuur asseblief 'n om ons primêre skool (naam verstrek) se boeke te kom kyk. Die skoolhoof en skoolraadvoorsitter verduister jare lank geld. Elke skooltoer word daar ook onder die skool se naam vir onderwysers geld ingevorder om op toer te gaan. - Ouer van skool



As LPM 'n politieke party is, moet hulle vergeet van regeringsbystand. Die regering se erkenning en hulp word alleenlik gegee aan politieke partye wat setels in 'n verkiesing verower het. Jy kan nie regering teenstaan van die begin af van onderhandelinge met Duitsers, en nou dat die regering 'n pro-onderhandelingsboodskap gestuur het, kan jy nie by agterdeure probeer inklim nie. Laat die LPM jou met 'n ander geleentheid voorsien, dan gaan hang jy rond met anti-plakkate.



Die dissipels was die laaste gesalfdes van God. Nou watter God se gesalfdes is ons Christelike leiers? Seker die nuwe testament, of hoe?



Inspekteur-general. In Warmbad is een van die offisiere wat hom ook skuldig maak aan ("domestic ­violence") gesinsgeweld. Hy het sy vorige meisie met 'n mes gesteek en nog 'n ander meisie aangerand, wat swanger is, maar daar het net niks met hom gebeur nie. Dis hoe hulle die vroumense doodmaak. Dit moet geondersoek word. Asseblief!



CoW, dit wys jou net “stupidity rules”!!!



Kan munisipaliteit van Swakopmund asseblief die nuwe parkeerreëls bevestig? Jy moet N$6 vooruitbetaal vir 'n uur? Dit wil sê die wag moet hordes kleingeld by hom hê. Wat as ek net 15 minute parkeer? Kry ons kwitansies? Ek wil in elk geval een hê. As jy langer parkeer, moet jy weer betaal? Het elke parkeerplek sy eie wag? Of moet mens hom soek en wag tot hy opdaag? AZ berig volgens mnr. Cloete is die eerste uur verniet? Baie vrae!!! Mnr. McClune, “basic pay” van N$500 per maand en 7 persent van inname vir wagte is 'n klap in die gesig.

Good for Shoprite Checkers. It is about time these frivolous strikes stop. It is illegal to kill someone. If you do you face consequences. If you strike illegally you must face the consequences. Sue them. Go all the way. Make an example and make peple appreciate their jobs.



Klip in die bos: Erongo Vrydag 27 Julie 2018 p. 8: is hengelaars nie ook onderworpe aan MET se “rheinheidsgebot” t.o.v. foto's van jagters en prooi nie?



Namibiese Rugby-unie, sê asseblief vir die rugbypubliek waarom mag die toetsspelers nie vir hul klubs speel in die semifinale nie? Toetsrugby word eers oor twee weke gespeel. Wanderers, Suburbs en Unam word erg hierdeur benadeel. Afrigters en klubs, julle moet begin optree. Sal graag wil weet. Die rugby-unie se lynregters, skeidregters en veral TV-skeidsregter het boonop weer hierdie naweek 'n goeie komedie opgedis vir die publiek wat moeite doen om rugbywedstryde by te woon. Namibiese Rugby-unie, stuur die manne asseblief vir opleiding.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!