SMSu2019e
SMSu2019e

SMS’e

". . .ek sal Afrikaans praat. . ."
Dani Booysen
Reaksie op regstreekse Facebook-uitsending van die o.19 Superliga-wedstryd tussen Moria en Tsumeb Gimnasium: Julle uitsending was baie “cool” soos die Engelse sê. Amper almal op Outjo het gekyk en ook Jarred se oupa en ouma op Usakos. Tegnologie is fantasties. Hou aan met die goeie werk. Ek het sommer weer die wedstryd gaan kyk toe ek by die huis kom. - Jaco Smith (Besoek My Zone op Facebook om na die naweek se rugby- en netbalaksie en al ons onderhoude te kyk.)

Een honger mens is te veel! Wat ‘n grap, mnr. Geingob. Die Chinese vat ons kos uit ons mond, want die regering gee al die kontrakte en besigheid vir die uitlanders en ons mense het nie werk nie en ly honger. U praat uit 2 monde.

Die president wil graag armoede bekamp. Dis reg ons, almal wil, maar die regering self is die skuldige. 4 of 5 ministers is genoeg om ons klein land te bestuur, maar nee, kyk hoeveel is daar. Saam met hul adjunkte, PS’e en personeelkantore, motors, ens. Miljarde word gemors wat gebruik kon word om te help teen armoede.

Dit skokkend om in die Republikein van 6 Augustus 2018 te lees dat geld vir die oogkliniek gesoek word. Dis nou die laaste strooihalm wat die kameel se rug breek, want nou is by staatsgesondheid niks wat funksioneer, want Katutura hospitaal se medisyne en tandekliniek is klaar in duie. Wat is volgende voor alles tot stilstand kom? Wat gebeur dan?

Geld vir oogkliniek gesoek? Hoekom is die minister van gesondheid nog in sy pos? Kyk hoe die hele sisteem inmekaargestort het. Geen medisyne, hospitale se diens ‘n skande, moontlike epidemies waar aksie dringend nodig is, “etc etc”. Nou die oogkliniek, alles onder sy “watch”. Het Geingob nie onlangs gesê onbevoegde amptenare moet ge-“fire” word? Begin sommer hier.

Dr. Haufiku, hoe kan jy die publiek vra vir fondse vir ‘n kliniek as julle meubels in China gaan koop en kla oor belasting? - Confucious

Walvibaai-verkeersafdeling tree streng op teen motors wat nie nommerplate het nie. Wat van Swakop? Het binne 10 min twee privaat en een polisievoertuie gesien.

Harry Simon Jnr. Namibië se goue seun! OR7

Die resolusie van 26 October 2006 wat deur die demokraties verkose Nasionale Vergadering aangeneem is, bemagtig die tradisionele leiers. Die vraag is hoekom verontagsaam die regering ons wetgewende ligaam? Die Duitse sowel as die Namibiese regering was nooit bemagtig deur wetgewing nie. Die bankrot Namibiese regering soek net geld sonder om na die fundemantele saak te kyk. Beide die Duitse en Namibiese regering is minagtend teenoor die Nama. Hoe onderhandel hulle oor die Nama sonder die Nama?

Die regering en die presisent moet ophou om in te meng met Shoprite se saak. Shoprite is sterk genoeg om die hele land uit te koop. Bemoei julle eerder met die Chinese wat besig is om die land oor te neem. Ons sal Shoprite ondersteun en sorg dat hy staande bly. Wat gaan dit aan die land se wankelende ekonomie doen sou Shoprite hom onttrek aan Namibië? Die werkloosheid staan reeds op 37%.

Die mense wat so op Shoprite se kant staan - kom wys vir ons dat julle bereid is om te werk vir minder as 3 000 ‘n maand. Sal julle dit ooit kan doen vir ‘n jaar? Ek sien die salaris wat die mense kry as onwettig en dan nog na 20 jaar in diens. Nou die dag was die salaris van Shoprite se direkteur in die koerant. Dis miljoene. . .

Stel belang in die volgende getalle: 1) Hoeveel mense het Shoprite van die strate weggehou en brood en botter op hulle tafels gesit? 2) Die bedrag wat deur Shoprite gedurende die vorige belastingjaar aan die regering oorbetaal is ten opsigte van persoonlike belasting van werknemers en belasting op toegevoegde waarde.

Binnelandse sake kantore se deure word al 12:30 gesluit terwyl borde op die straat sê hul is oop tot 13:00. Teen 12:45 is almal al weg uit kantoor. Verander borde of “fire” werkers wat voor 13:00 gaan eet en landsburgers wat hul salarisse betaal laat wag. Lyk my geen staatsdiensafdeling weet wat “service delivery” is. Daar is mos baie werkloses wat die werk beter kan doen.

Ek was vir jare tevrede met my land, Namibië. Nou in die afgelope week word ek uitgelag oor my moedertaal. By Ongwediva-polisiestasie omdat ek Afrikaanssprekend is. By ‘n kitskosrestaurant oor my huistaal Afrikaans is. Word senior burgers van hierdie land nie gerespekteer nie? Is dit aanvaarbaar? Word jy dan nie in jou eie taal bedien nie, soos gevraag? Dankie, ek sal Afrikaans praat tot ek doodgaan.

Vat jou pak soos ‘n man. Hoekom suur druiwe as jy nie goed genoeg is om die semi-finaal te wen nie? Ons sal nie so vorentoe gaan nie. Hierdie is baie, baie sleg vir Namibiese rugby.

Vandag, 04/08/2018, is Internasionale Bierdrinkdag, ook in Namibië. Die ILO, WHO en NIDA-US het baie lank gelede alkohol al as ‘n dwelm verklaar, wat bier ook natuurlik insluit, hoewel die verantwoordelike gebruik daarvan wyd propageer word. Sal die bierdrinkdagtema dan nie eerder moet wees Internasionale Onverantwoordelike Dwelmgebruikdag nie? - Ollie Joubert

Julle wat kla oor die oumense se geld wat min is, staan op en gaan werk. Dit is julle wat vir daai geld elke maand lê en wag. Skaam my!

Vrydag 3de Aug. se SMS wat verwys na ons moet nou saam staan voor die Chinese oorvat. Ons stem met jou volhartig saam. Skakel my op die volgende nommer, want ons sal en kan saamstaan. Van 081 867 7759. Hoop om van jou te hoor.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!