SMSu2019e vir 1 April 2019
SMSu2019e vir 1 April 2019

SMS’e vir 1 April 2019

Dani Booysen
Kan GRN Finance asb. nou by die opdrag van verlede maand hou. Baie van ons wie se boeke in orde is, het al ons VAT afgehandel. En dit maak baie sin dat die termyn saam met die finansiële jaareinde val. Nou kom neuk hul weer terug na die ou sisteem omdat ‘n paar mense nie kan byhou.

Oom Calle sê die regering gaan 7,9 miljard in ontwikkelingsprojekte inpomp. Dit sal nie help as alles na die Chinese gaan, of hoe Oom?

Bome vir China (en plaaslike saamspanners): Mnr. Alpheus !Naruseb (en sy kastige “Task Team”) laat hom aan die neus lei deur die direkteur van bosbou oor die werklike feite met die tuimelende bome. Vervang die minister.

Soweto en beurtkrag in SA. Duisende inwoners in Soweto betaal in elk geval geen krag a.g.v. van permanente onwettige aansluitings nie. Waarvan almal, so ook die regering, natuurlik terdeë bewus is van en niks daaraan doen. – Piet Kragdraad

70 million for a house. What are the bricks made of? Gold? Platinum? Utter utter disgrace!

Dr. Elritia le Roux. In ons sekulêre wêreld beduiwel u met u skrywe net meer die toedrag van sake tussen Christene, nie-Christene en ander gelowe. Dink u net Christene lees koerant? Of skryf u net vir Christene? – Sampie Bodenstein

Baie dankie dr. Elrita le Roux vir u wonderlike insig. Sterkte met die goeie werk.

Dr. Elritia. As jy regtig lief is vir ‘n gay persoon sal jy vir hom met deernis en liefde die waaarheid gee. God se bedoelinge is glad nie onduidelik soos jy beweer nie. Jy verwar waarheid met haat en oordeel, maar waarheid is al wat jou kan vrymaak. Jy wil mense hier op aarde gerus maak in hul sonde, maar jy gee nie regtig om vir die implikasie daarvan op hul ewige bestemming nie.

Geagte SAP&H, ek is ‘n Afrikaner en ‘n Namibiër. Steve Hofmeyer se politieke sienings laat my koud. Hy sing wel mooi.

Hartseer dat ons Namibiërs nie hierdie jaar dieselfde opgewondenheid ervaar as met 2015 se rugby Wêreldbeker nie. Die sport waarvoor ons baie lief is, word versmoor.

Rent: property prices dropped with 25%. Where can one report landlords that don’t want to come down with their rent? Landlords also need to be reported to the Ministry of Finance for not declaring their income from rent and contributing to tax.

‘n Sirkel (round about) is daar om verkeer te laat vloei. Elke indraai het ‘n toegeeteken. Verkeer van regs het right of way, maar onthou tog asb. die toegeeteken. Dit beteken dat jy van regs moet stop as daar al ander mense by inritte staan wanneer jy daar aankom. Huidiglik staan mens vir ewig by inritte en verkeer agter mens hoop op, want ouens van Kleine Kuppe ry in strome sonder om spoed te verminder teen ‘n fris spoed deur die sirkel na staatshuis se kant toe!?

Reageer op 60 jare en werk nog. Jongmense wil nie werk nie. Werk net tot paydag en los die werk. Ons werk nie, ons voer die opdrag v.d. Here uit. - Dienaar Pienaar

Jy wat praat van oumense wat nog werk op Tsumeb. As die ou mense flinke, goeie, professionele diens lewer en hul ouderdom affekteer nie hul werk nie hoekom moet hulle aftree? Om plek te maak vir jong mense? Miskien is die jong mens lui, onprofessioneel. Is daar so ‘n wet in Namibië? As jy nie werk nie, kan jy nie eet nie. Ek is ook oud en ek moet my jongmenskinders onderhou met my inkomste anders kan ons, oud en jonk, nie eet nie.

Aai, jy kom Donderdag so mooi op vir GRN-werkers en werk nie daar nie!? OK, dan werk iemand in jou familie daar, want jy weet duidelik nie wat rêrig daar aangaan. Het niks te doen met gun of misgun hulle 'n job. Hulle is daar om te werk en Jan Publiek, wat hul salaris indirek betaal, te dien. Het in die laaste tyd baie te doen gehad met verskillende ministeries en moet sê ek het wonderlike ervarings met almal gehad. Van hulle was puik, vriendelik, behulpsaamen en het tot Afrikaans gepraat ook. Maaar daar was ook ontvangsareas onbeman en ‘n cleaner moes hulle êrens uit ‘n kantoor krap, net dat die persoon met ‘n sel teen sy oor, luidrugtig, rustig, blablabla my in die oë kyk.

Ons hier in Karasburg het ‘n groot probleem met perde en bees wat totaal en al dag en nag in die gordel op die nasionale pad wei. Die diere is geheel en al sonder toesig. Ons as gemeenskap het dit al verskeie kere onder die polisie sowel as die verkeersafdeling se aandag gebring. Maar nogsteeds is die diere in die gordel. Moet daar eers ‘n ongeluk plaasvind en mense dood wees voor daar enigsins iets gedoen gaan word?

Baie Swakopmunders kruie in die pad. Tot jy op ‘n motorfiets by ‘n kruising amper by hulle is, dan het hulle nie tyd saamgebring nie! Nee, nou moet julle (nie ‘n spesifieke groep mense, enigeen, ook gryskoppe) gou voor hulle indraai. Het julle ‘n aksie teen motorfietsryers waarvan ons nie weet nie? Vra maar net.

Hey Jacc FM. Ek luister julle meestal net voormiddae. Vandag (28.3) is ‘n uitsondering. En hier hoor ek wragtig Barclay James Harvest!!! Jippeyjayeah. Ek het gedink julle het niks van hulle! “Lifes for the living” sou die kersie op die koek gewees het, maar beggars can’t be choosers. Julle maak my tone krul van lekkerte!

Die persoon met sy nuwe Toyota Corolla wat soggens op Finkenstein se pad so jaag, jy stel mense se lewens in gevaar.

Is ek in my bol gekap of wie? Maar hier staan dit: “Afvalprodukte soos beesstert? Dis nog nie 1 April nie. Ai, Mietkou, wat gat aan met jou?

Ek het ‘n wonderlikke woestyntoer saam met Tommys’ Tours gedoen in die Namib en daar leer ek toe dat ‘n klein mol wat in die sand bly en prooi op blinde slangetjies se hartklop selfs kan stop as hy jag om te hoor waar sy prooi is. Hoekom laat ons toe dat Max Siedentopf musiek speel in die woestyn?

Karin se “Sê maar net” “Verlaag jou standaarde”, 29 Maart 2019. Die waarheid was nog nooit so goed vir my uitgeklaar nie. Hou so aan. Ek geniet so baie jul “Sê maar net”.

Karin Eloff (“Verlaag jou standaarde”). Jy skryf altyd net die waarheid. Ek is mal oor jou skryfstyl. Hou so aan.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!