SMS'e vir 1 Augustus 2019
SMS'e vir 1 Augustus 2019

SMS'e vir 1 Augustus 2019

"Nee dankie sê die gansie."
Mandy Rittmann
Mev. Steenkamp, los die dubbele standaarde. Hoe kan een region die 2de sluit en die ander die 9de, ongeag die redes daarvoor.

2% vir droogtehulp. Die staatskas is leeg geplunder, nou soek julle ’n nuwe bodemlose put. Nee dankie sê die gansie. As ek wou skenk vir droogtehulp en vir armoede gee, dan gee ek dit in daardie betrokke mens se hand. Middelmanne is gierig. Waar is die staat se gebeurlikheidsfonds?

Aan alle jongmense. Selfmoord is nie die antwoord nie, Jesus is die antwoord. My hart breek in stukke elke keer wanneer ek lees van iemand wat die hand aan eie lewe geslaan het. Vir elke probleem, terugslag, teleurstelling, selfs dié wat eensaam is, is Jesus daar. Gryp hom aan, gee alles oor aan Hom, Hy gee om vir julle en Hy het julle lief. Ek is self deur al hierdie dinge, ek weet. Jesus is daar.

Office of the Judiciary, our lawyers called more then 28 times to Bethanie Magistrate Office in order to get hold of the prosecutor but to no avail. Please investigate why the prosecutor can’t be reach over the phone.

Suid-Afrika se maatskaplike dienste val uitmekaar. Daar is nie maatskaplike geld vir die dienste nie. Die dienste werk in elk geval simptomaties. Daar sal byvoorbeeld gekyk word na enkelmoeders met kinders, in plaas van opvoeding na twee persone, ouerskap en minder of geen kinders. - Jan Brand

Ek is geskok oor //Kharas Health Ministry hier, want volgens hulle sal die enrolled nurses wat elke keer navraag gedoen het nie aangestel word nie, want hulle was lastig.

Motorcyclists be careful to point fingers! Can you honestly say that u always obey the traffic rules?

Ek doen ’n beroep aan die ondersteuners van Dejavu en Melktert om asseblief soos beskaafde mense op te tree. Daar is ’n paar leë blikke wat die meeste geraas maak, om karre te tol en te jaag. Nooi ook die verkeersbeamptes uit om Vrydae- en Saterdae-aande daar te kom staan. Geen mens kan rus op dié aande nie.

Kan iemand asseblief ’n kontaknommer en e-posadres van iemand gee wat by Ministry of Finance, Inland Revenue werk met elektroniese betalings vir individual tax payers. Die telefone word nie geantwoord nie. Ek gee op.

Rehoboth polisie doen tog iets aan die 2de straat van Blok E se steenhuise met hulle se dwelms. Die bontpakke wat laas so die mense gevang het, kan ook niks aan daardie persoon doen nie en die hele Blok E wemel in daardie straat van Blikkiesdorp tot orals. Help!

Maak Rehoboth asseblief skoon. Te veel werkers van Town Council wat in die son rondstaan. Vat hulle en Natalia wat vet pay sit en pay en niks doen dat hulle papiere optel.

Wou uitvind, kan ACC nie ’n bietjie by Swakopmund Munisipaliteit ’n draai maak nie. Ons bouers kry nie werk nie, want alle bouwerke word deur munisipale werkers gevat, dus is hul gedurende werksure op hulle sites. Raak wakker, hul ry met munisipaliteit se motors rond.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!