SMSu2019e vir 1 Februarie 2019
SMSu2019e vir 1 Februarie 2019

SMS’e vir 1 Februarie 2019

“. . . nog 'n foefie . . .”
Dani Booysen
Woorde soos “humanitêre krisis” en “ramp” beskryf vars, daaglikse gebeure waar mense sterwe en ly. Iemand moet die oningeligte, reisende president inlig dat die pondokkiekrisis reeds voor onafhanklikheid ontstaan het en sedertdien toeneem. Dat sy skielike belangstelling nou in verkiesingstyd opvlam, is ‘n duidelike teken van nog ‘n foefie waarvan dadels gaan kom. - Pietrossie

So now the president is the country’s law, commanding the reinstatement of suspended officials? Seriously? That’s a dictatorship, not a democracy.

Dis absoluut ‘n goeie ding dat eienaars van diere wat in die gordel loop en ongelukke veroorsaak, gedagvaar word. Ons moet dit ook hier by Karasburg doen. Hier is na vele klagtes steeds gedurig bees en perde op die pad. Dis bitter moeilik vir vragmotors om skielik remme te trap of vir enige ander voertuie. ‘n Mens kan glad nie die diere in die donker sien as hul met hul koppe wegstaan van jou af nie.

Republikein, hou ons asb. op hoogte van die koeibotsing-hofsaak (bl. 2) se uitspraak. Owerhede doen niks aan rondloperdiere nie en Roads Authority sê net die polisie is die wetstoepassers. Dis jammer die polisie is nie ook gedagvaar nie. Daar is mos ‘n padordonnansie wat rondloperdiere verbied in padreserwes. In Windhoek is ook onwettige advertensieborde wat verkeer se sig belemmer en ongelukke veroorsaak en CoW verwyder dit ook nie. Die advertensiemaatskappye maak wel geld uit die onwettigheid.

Ek wil vandag my mening lig oor mense wie as onderwysers aangestel word by skole, maar nog nie klaar geleerd is nie. Van hulle is blote jong kinders en weet niks van die onderwysstelsel, maar word aangestel omdat hulle net ‘n proof of registration toon. Baie van hulle sit in mense se poste wat klaar geleer het dan moet hierdie mense werkloos rondloop.

Korrupsie in die Kharas Region is so erg. Die base aan bewind van ministeries geniet die soustrein vreeslik, want hulle weet ACC kan hulle niks maak nie. Die jaartender is ‘n groot klug, want base by Ministry of Works besluit wie gaan werk kry en wie nie. Hierdie jaar weet ek vir wie om te stem. Hiep! Hiep! Korrupsie!

Woorde soos “fout”, “verkeerd”, “druip” en “jy’s dom” het vanaf die eerste skooljaar reeds seergemaak en letsels gelaat. Maar met ma se onvermoeide liefde, sorg en hulp is bg. negatiewe omgeswaai na matrieksukses en selfs ‘n 4 jaar onderwysdiploma. Woorde soos “slaag”, “vasbyt” en “mooi so” was die onnie taal. Maar nou? Katriena, wat gaan aan? Wie behalwe jy moet nou blameer word?

Kan iemand asseblief vir my die sense verduidelik in die nuwe reël dat ‘n mens vir ‘n pynpil ‘n voorskrif moet kry. Ek verstaan sommige misbruik dit, maar maak dit sin om N$400 vir ‘n dokterskonsultasie te betaal vir N$50 se pille. Is daar nie ander oplossings, want dit gaan ons medies uitput. Dit maak nie sin nie.

Dr. Tommy red baie mense se lewens en maak ‘n groot bydrae, nie net tot die onkologie nie, maar ook op ander gesondheidheidsgebiede en tot die gemeenskap. Ek hoop dit alles kan bydra tot versagtende omstandighede terwyl Chinese ons natuurreserwes kom vernietig.

Hon. Governor Lucia Basson, Chairperson of the //Kharas Regional Council as well as the CRO it pains to know that no CDC meetings are held for the Keetmanshoop Urban Constituency for many years now. We have been patiently waiting and would wish to state that this a clear denial of the voices of the citizens of the constituency as well as sabotage at the highest level. LDCs, CDCs, RDCCs etc. have been created to serve as the voice of the citizenry and to feed each other. If other CDCs within the same region conduct quarterly meetings what makes it different? We want a meeting please!

Volgens ons kringinspekteur het die ministerie van onderwys ‘n moratorium geplaas op die aanstelling van afgetrede onderwysers. Hy self weet nie hoekom nie.

The media was portrayed as negative reporting in the recent press release from the NSC. The total arrogance of Mwiya is shocking.

Your arrogance and unprofessional conduct Mwiya is known to associates and the public. Sponsors are being lost through your conduct.

Sjs, wanneer sal Keetmanshoop se paaie geskraap word? Ons karre val uitmekaar.

Hi, wou net sê Karin kan darem ‘n lekker storie skryf. Hoe geniet ek dit nou.

Joos Platt is my persoonlike vriend en glo my - hy wil GEENSINS opgehemel word nie. Hy is een van die nederigste mense wat ek ken! Trouens, hy wil nooit sy naam in die koerant sien nie. Julle wat so SMS’e stuur oor hom kan gerus ophou daarmee.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!