SMS'e vir 1 Februarie 2021
". . .check hulle bietjie uit!"
Stad Windhoek beweer die onlangse stormwaterskade soos aangerig by behuisingskomplekse is die direkte gevolg van ontwikkelaars wat afwyk van goedgekeurde bouplanne. Aikona, mnr. Akwenye. Sulke eenhede kan net oorgedra word in die naam van die koper met ’n voltooingsertifikaat uitgereik deur CoW, met ander woorde jou bou-inspekteurs, check hulle bietjie uit! You will be surprised!
Die feit dat die Medisynebeheerraad die Ivermectin-middel verwerp, bewys nou maar weereens die onnosele en onnodige hardhandige gesag wat toegepas word in die bestryding van Covid-19. Die mense is totale leke as dit kom by mediese navorsing en vooruitgang. Sal ons ooit hierdie 3de wêreld status kan oorleef met die klas wetenskaplikes?
Verduidelik dit asseblief. As die sogenaamde Covid verander van variant, wat help die inentings wat alreeds gegee is?
Ek verstaan nie. Hoe op aarde moet jy ’n tema wat oor ’n week strek in junior primêr klaar maak as die kids al om die ander dag moet kom. Dis een van die grootste redes hoekom die leerlinge net nie meer laasjaar skool toe wou kom nie. En die wat daar was, het reguit gesê hulle is lui en nie lus vir die tipe manier van skoolgaan nie. Wragtag, nou moet ons weer die jaar so aanfoeter. Leer ons dan nie uit ons foute nie?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie