SMS'e vir 1 Julie 2021
SMS'e vir 1 Julie 2021

SMS'e vir 1 Julie 2021

"... watse voordeel trek lede ..."
Mandy Rittmann
Kan die mens wat die gras in en om Windhoek aan die brand steek, drie dinge onthou. Jy moet ook daardie vuil lug inasem, wie gaan daardie brande blus en hulle in gevaar stel in die huidige sterk winde? Beslis nie jy nie. Daardie gras is kos vir duisende voëls en moet nog tot en met die begin van die reën hou.

Lyk my party werkerunies dien nie meer die doel vir diens aan die werkers, maar dien net eiebelang. Viskwotas aan unies: watse voordeel trek lede uit die polities gedrewe link? As ’n unionist op direksies dien en betrokke is by uitvoere en polities getrou bly aan ’n stelsel wat die werker negatief bejeen en sodoende behandel, waar lê jou lojaliteit? Werkers sal eienaarskap moet neem van hul unies, mense aanstel met moderne labour law kennis wat onafhanklik sal opereer vêr weg van politieke affiliasie wat fataal blyk te wees. Werkers het verskillende politieke sienininge - respekteer dit. – Fedup

Sover ek weet, is die Raad vir Gesondheidsberoepe in Namibië (die HPCNA) nie deur enige wet geskep of ingestel nie. Daardie raad magtig hulle glads te veel regte aan m.b.t. die verskillende gesondheidsberoepe in Namibië.

Dis wat vir my so lagwekkend is. Die oomblik dat krummeltjie ’n broodjie word, dan wil krummeltjie sommer die president ook wees. Vat nou Windhoek se burgemeester. Ou Job, kom ek gee jou goeie raad. Bepaal jou by jou gemakstoel en los die rooilyn vir die manne wat weet waaroor dit gaan. Moenie dat mense agter die hand vir jou lag nie, of in goeie Afrikaans, moenie jou naam gat maak nie my ou.

Wie sal tog na Stampriet-polisiestasie toe kom en die arme manne kom uithelp? Die manne word toegemaak, kry nie borg nie. Hulle lê twee tot drie jare sonder borg. Wie sal die arme manne kom uithelp?

Siele vir Jesus Restorasie Sentrum wat met dwelm- en drankgevalle werk is oop en ontvang mense wat hulp soek. Jul kan gerus vir Pastoor Willem van Wyk kontak. – 081 213 7088

NBC TV News at 20h00, you really must get your act together. During the strike and thereafter news presentation has taken a dip with news being broadcast 8 minutes past, some times much later. What happened to the professional standard that was? The male presenters are just fine but really some ladyfolk needs to add up and lift the NBC banner high the way it was.

Kommentaar

Republikein 2025-01-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 33° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 21° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 35° Henties Bay: 17° | 21° Swakopmund: 17° | 19° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 21° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 18° | 34° Aranos: 24° | 35° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 24° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 22° | 38° Lubumbashi: 16° | 24° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 18° | 33° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 23° | 36° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 24° Durban: 20° | 29° Johannesburg: 22° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 17° | 23° Harare: 15° | 26° #N/A #N/A