SMS'e vir 1 Junie 2021
"Dis 'n krisis ..."
Ai Job Amupanda. Bepaal jou aandag liewer op Windhoek en los die Rooilyn. Kyk hoe lyk Windhoek se strate. Nog niks aan gedoen waar mense verongeluk het (Rugbystraat) en gaan kyk hoe lyk dit Saterdaemiddae voor Independence Stadion soos die Namibiese mense mors. Alles net uit hul voertuie gooi en ander word betaal om die gemors weer op te tel. Sies!
Verwys na die Republikein van 31 Mei 2021 rakende treine wat ontspoor. Dis ’n krisis wat nou soos ’n veldbrand in TransNamib versprei. Die verskonings in die koerant is onaanvaarbaar. Hoe is begrotings jaarliks aangewend? Dis van die wal in die sloot. Wat gaan gebeur om dit reg te stel?
Wat nou, die ongeluksvoël wat die karweier (TransNamib) ry: Die ongeluksvoël het niks (nie eers in idiomatiese verband) met TransNamib se probleme te doen nie. Dit is pleinweg blote agterlosigheid, onbevoegdheid en flagrante verontagsaming van hulle onderhoudsplig oor meer as 30 jaar wat die klomp ontsporings ensovoorts tot gevolg het.
Homoseksualiteit is ’n gruwelike sonde. Daar is nie een godsdiens wat dit goedpraat nie, behalwe die NG Kerk.
Watter dom, dik en difficult paaie-ingenieur het toegelaat dat spoedwalle gegooi word waar mens Otavi en Otijwarongo uitgaan na die ander dorpe toe?
Asseblief, Rehoboth Polisie Chief. Joodt is nie hier nie wat orde gehad het. Kan jul tog soos chief werk na 10, dan is die plekke nog bedrywig. By Sunnyside se kant kan ’n mens nie slaap nie. Dis musiek heel aand.
As versekeringsmaatskappye nie ordentlike Afrikaanse advertensies kan maak nie, kan hulle dit net sowel los.
Wil net vir die Platt-familie sterkte toewens. Hoop Joos sal volkome herstel. – A

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie