SMS'e vir 1 Maart 2017
“Hoeveel mense moet nog sterf?”
Mnr. President, u het nié die groot "public service" van die koloniales geërf nie. U regering het meer ministeries ingebring, meer "deputy" poste, selfs "deputy" poste waar nooit was nie, ook nuwe poste geskep wat nie daar was nie.
Rehobothers! Hou op om net die dorpsraad die skuld vir alles te gee. Hulle is wel skuldig, maar dis julle, die inwoners, wat so mors. Is die dorpsraad daar om julle gemorsery agter julle skoon te maak? Sies man!
Stem saam met leser dat Rehoboth-Windhoekpad dringend moet aandag kry. Hoeveel mense moet nog sterf voor daar na geluister word? Nou wil sommige "politicians" nie die ou tyd hou nie, maar hulle dink nie aan lewensverliese in die wintertyd op die donker paaie nie.
Ek wil weet hoekom moet ek agt maande moet wag vir my arbitrasie-uitslag van die arbiter af? Na ses maande is ek tegnies gesproke onskuldig. Ek moes volgens die arbeidswet binne 'n maand my uitslag reeds ontvang het!
2016, Graad 10-eksamen druip die kind met 22. Na hermerking slaag sy met 26. Is die mense wat merk te haastig, of nie in staat om die "workload" te "handle" nie? Laat "qualified" mense ons kinders se eksamens merk. Dis onregverdig dat die kinders deur soveel trauma gaan.
Daardie gesonde bier van jou het die begraafplaas al 'n hele paar hopies grond besorg en flenterkarre langs die pad gelos.
Liewe vader, wat is fout met die Namibiane? Nou is die arme olifant (wat eerste daar was) vermoor omdat hy maar net opgetree het soos 'n olifant optree. Sal julle dan nie rus voor daar geen enkele lewende ding of boom meer oor is nie? Walglik!
Redakteur, ek weet jy ontken dit, maar iemand in jou koerant maak SMS-nommers bekend. (Kontakbesonderhede van lesers wat 'n SMS of nuuswenk stuur, word onder GEEN omstandighede gedeel nie. – Red)
Stem dat wintertyd wegval, maar los skooltye soos dit is. Baie ouers moet teen 07:30 begin werk en kan nie dan nog kinders karwei nie. Kinders moet voor werkstyd by die skool besorg word. Ons is nie almal huisvrouens nie.
Belasting op pensioengeld: Dit is nie reg nie. So betaal jy twee keer belasting en op rente ook. Nee jong, aftree is nie maklik nie.
Liewe aarde, mense! As een bedrogspul nog nie eens opgelos is nie, volg die volgende soos Rehoboth se rioolbedrog! Dit gaan darem nou lekker in NAM en tronke raak al voller. En so floreer borgtog!
Bier verhoog in prys, want dit bevat alkohol en mense raak dronk, roekeloos, ensovoorts. So, hoe kan dit gesond wees? Kan maar verder verhoog!
Ek het nie gesê ek hou nie van die syfers oor die individuele stand van damme nie! Inderdaad is dit insiggewend, veral as dit met die vorige jaar vergelyk word. Dit gee ook 'n goeie idee van die hoeveelheid reën wat in die opvanggebied geval het. Maar die gemiddelde stand van alle damme gesamentlik is niksseggend. Jy onthou waarskynlik dié en dáái dam se stand vanjaar en die vorige jaar. Maar die ander syfer? Watter syfer? O, oukei!
Is korrupsie nie maar 'n ryk Afrika-tradisie wat deur die Weste verkeerd gesien word vanweë die onvermoë en begrip van die Weste nie? John-Lee
Wil net sê ons van Kosis ondersteun ons skool sodat ons kinders trots is op hul skool. Aus se ouers, hou op klippe gooi en wees 'n voorbeeld vir jul kinders.
President, staatsvoertuie se petrol word vir private doele uitgery. Daarna soek hulle verhogings en dan volg stakings. Wie is verantwoordelik daarvoor om daardie gemors stop te sit?
Banke maak biljoene uit ons geld. As ek dit reg het, is ons eintlik daadwerklike beleggers, so ons is geregtig op dividende of hoe? Moenie sê die patetiese rente wat ons kry van die banke is ons vergoeding nie, want die verskriklike hoë bankkostes vreet dit op. So, wanneer gaan ek my jaarlikse dividende kry vir my maandelikse belegging?
Die plakkers wat dink hulle kan orals plak - daar ís reëls en regulasies in ons land.
Reconciliation to blame for bloated government? Mr president, did you even hear yourself or read your own statements in this article in the New Era? They all contradict themselves! You say reconciliation is to blame and in the next sentence many of you sitting here do nothing because you are too many? You say you inherited structures during the apartheid era? Seriously? Who bloated the civil service from 60 000 to more than 100 000 after Independence? Truth is there is so much incompetence and inefficiency in the civil service - no amount of additional personnel will change this, unless you start holding them accountable.
In Namibië kan julle steel om ryk te word, die land se mense verdruk, hul regverdige deel weggee aan mense en familie in beheer. Onthou net, daardie pad het ook 'n einde. Vra maar vir Rehoboth se "town council". Maar aan al die rowers en liegbekke en selfverryktes, onthou net dat jy water by my gaan vra eendag as ons mekaar daarbo ontmoet. Maar ons bid vir julle siele se redding.
My swart-en-grys Lookwell-baadjie met selfoon en sleutels is Saterdagaand by Bertys gesteel. Skakel 081 159 9930.
Wil baie graag weet hoekom is die Dax-broers van Rehoboth alewig met rioolwerke besig? Eers die broer met sy k_klorrie, en nou weer die kleiner een ook met riool gevang! Het die broers so 'n groot liefde vir . . . ?
Nou verstaan ek nie meer nie! Namibië se brouerye borg Griekwas-rugby!
Die ingang van Swakopmund vanaf die Camel Farm is baie vuil. Papier en plastiek wat rondgewaai is, lyk nie mooi nie. Swakopmund, trek julle sokkies op, asseblief.
Die verlore stem van die "most vulnerable" mense. Twee gesinne het op verskillende tye onafhanklik van mekaar besluit om die tog vanuit die platteland aan te pak om hul ID-kaarte op Aranos te gaan kry. Beide egpare het gereageer op 'n omsendbrief van "Home Affairs" dat hulle op 27 Februarie op Aranos hul ID-kaarte kan kry. Paul en Sanna het 90 km na Aranos afgelê met hul donkiekarretjie, drie pap wiele beleef, en een donkie het van die lang tog flou geword. Hulle het reeds op die 24ste Februarie vertrek om betyds te wees op Maandag die 27ste. Hulle het N$600 geleen vir die groot geleentheid. Jan en Jacoba het 85 km afgelê. Dit het hulle N$1 600 uit die sak gejaag. Op die 27ste was almal daar vir die groot dag. Dit het gewemel van mense wat oor lang afstande na Aranos opgeruk het vir hul ID-kaarte. Antiklimaks. Maandag kom die aankondiging van "Home Affairs": gaan terug en kom volgende week weer!
Nee! Moet groot asseblief nie wintertyd wegvat nie! Dis een van die min goeie goed wat die regering al gedoen het. Los dit asseblief soos dit is!
Taxi gooi glasbottel uit motor dat dit so spat in Olympia. Is dit reg?
Wat is Rehokaans? Word dit net deur Simbaane gepraat? Umtoti
Wil graag my dank teenoor Eddie van die Puma-karwassery op Hentiesbaai uitspreek. Puik diens, seun, hou so aan! 'n Baie tevrede pensioenaris! Tannie Karien

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie