SMS'e vir 1 November 2018
SMS'e vir 1 November 2018

SMS'e vir 1 November 2018

". . .dagvaar daardie twee. . ."
Mandy Rittmann
Net 19 huise vir die arm mense en twee gaan na families van Katrina. Hoekom ’n hofsaak? Dit is duidelik verkeerd en korrup. Hierdie is nou die perfekte geleentheid om te begin om korrupsie stop the sit. Down with corruption. Down with anyone even ministers, if they are corrupt.

Watse siek, belaglike regsstelsel het ons? Hoe kan ’n landdros en ’n aanklaer ’n reeksverkragter op borg uitlaat, om nog ’n verkragting te pleeg? Die aanklaer-generaal moet onmiddellik uit haar hoogsbetaalde posisie verwyder word en vervang word met iemand wat kompetent is! So ook die persoon in beheer van die landdroste! Ek hoop die ouers van die arme slagoffertjie dagvaar daardie twee in hul persoonlike hoedanighede. Hulle moet betaal vir hul inkompetensie.

Excellent article by Bob Kandetu in New Era page 10: Russian farm deal whether legal or correct, it is morally wrong and just the tip of the iceberg of the resettlement saga! Government must launch public protection, forensic, ACC, AG, Ombudsman, investigations into resettlement farm allocations! The permanent secretary of land reform was quoted as saying that if he was to release the resettlement records the country would explode into civil war. That says it all Namibians!

Watse petisie? Vroumense staan saam. Oog vir ’n oog en tand vir ’n tand. In elke plek waar kind of ’n vroumens so lelik gemaak word, Dis hartseerlik. Kom ons staan self op, want niemand sal dit doen nie. Jammer dat ek nie in die plek is waar jy is nie. Papa!

So, China laat weer handel met renoster- en tierdele toe? Seriously? Hulle het geen respek vir die natuur, alles moet dood. Nou ja, dan koebaai aan die laaste renosters. Ons kleinkinders sal hul nog net op prentjies kan sien. Wat ’n vrot, siek wêreld!

Wat is met ons regsstelsel verkeerd? Is die magistrate/regters nie geleerd nie? Hoe kan ’n “repeat rapist” en krimineel wat hoeveel verkragtings en ander sake het op borg uit wees? Dit is krimineel om sulke kriminele borg te gee. Die “lawmakers” behoort self aangekla te word! Hoeveel “repeat rapists”, moordenaars, wilderaars en so voorts daar buite is ’n gevaar vir die mense? Skandelik!

Hoe is dit moontlik dat daar N$108 miljoen dollar se melk onverklaard die land binnegekom het deur die invoerders. Dit is ongeveer 7 miljoen liters die afgelope jaar. Dit is hoekom die melkbedryf op sy knieë is en daarby verloor die regering ’n klomp geld.

Nee, generaal Ndeitunga, as ek so kyk na al die sake teen die verkragter wat teruggetrek was oor die dossier nie by die hof was, of die ondersoek wat nie afgehandel was nie, is dit jou ondersoekbeamptes se treurigheid. Doen iets daaromtrent.

Kan Oom Calle nie die BTW-periodes ook verander nie? Daar is besighede wat vir BTW geregistreer is, wat BTW hef, maar nie soveel uitgawes het om BTW af te trek nie. Kan ons nie maandeliks betaal in plaas van tweemaandeliks nie?

Pasiënte moet met hul hande eet, die macoroni met kool, gemengde boontjies en boerewors, want daar is nie lepels of vurke nie. Oshakati-hospitaal, aandete 30 Oktober 2018.

Iemand in Windhoek verkoop motorlisensies aan die Chinese, wat nie eers reguit kan ry nie. Die ander Chinese vrou kan weer nie ratte wissel nie, maar kom terug van Windhoek af met ’n bestuurslisensie. So gaan daar nog meer sterftes wees op ons paaie.

Ek is nou maar stadig besig om keelvol te raak vir ouers wat hulle kinders tot in die afgrond bederf, maar hulle moet onthou as die kinders groter word, dan sê hulle dit is my ouers wat dit aan my gedoen het.

CoW en stadspolisie, wat gaan aan agter Robert Mugabe elektriese substasie? Straatkinders het die gebou oorgeneem, maak vuur daar binne, snuif Pattex en "drugs", was kamma klere? Waar kom die water vandaan? Waar ontlas hulle? Skande vir CoW. Nie net straatkinders nie, maar groot boemelaars ook. Ontwrig ook die verkeer by verkeersligte. Wanneer word die “transformers” beskadig? Gaan kyk en maak skoon!

Mariental NDC. Hoekom is dit net die man wat "tyres" verkoop by stalletjie 4 wat mag bly. Hy geniet elke naweek met sy meisie daar by die werksplek, die werksplek is ’n slaapkamer. Gaan loer bietjie, mnr. Isaaks.

Die polisie en my versekering sê ek moet nie waardevolle artikels in my motor los waar dit gesien kan word nie, so ook nie in my kantoor, perseel of waar ookal nie. Indien wel is ek die skuldige, want ek lok uit. Watse twak word in ons keel afgedruk en ons aanvaar dit? Wat van my trouring, horlosie, skoene, baadjie, langbroek en kouse? O ja, my motor ook. - SAP&H

Is dit waar dat die nuwe "fibre"-lyne in Windhoek die lyne van Telecom stadig maak - datalyne?

The NTA is aware of the unqualified instructors for years now, but has failed to do anything constructive. Instead they spend millions on World Skills which only benefit a handful of youngsters and hundreds of officials.

Ag nee, Republikein. Ek stuur die kode vir toegang tot julle webwerf na my vriendin in Engeland en dit is nou al die hoeveelste keer dat julle kode verkeerd is. (Groot sorg word elke dag gebruik om te verseker die kode is korrek. Geen ander klagtes is in die verband ontvang nie. Kontak ons dadelik per e-pos indien u weer die probleem ervaar. - Redakteur)

Raad vir vratte. Pluk vyeblaar en sit van die melk op vrat en laat droog word. Krap af en herhaal proses tot vrat af is. Dit werk!

Ons verlang jou Magdalena Damases. Bel my as jy dalk hierdie lees. 081 214 2331 – Rita

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!