SMS'e vir 1 November 2021
"...net misdadigers teiken..."
So CRAN gaan net misdadigers teiken met hulle meeluisterplanne. Rêrig! En waar gaan die spioenasie-agentskap geld kry om die diensverskaffers te betaal vir hulle meeluister-hulp? Weer uit belastingbetalers se sakke. Ek weier om my SIM te registreer.
Wyd en syd word daar gekla oor die skade wat deur die boorwerk deur ReconAfrica in die Kavongo aangerig word. Hoe is dit moontlik daar dat hope ondersoeke daarteen is, maar ReconAfrica se boorwerk gaan onverpoos voort. Ek sou reken hulle moet gestop word tot die ondersoeke afgehandel is, of hoe dink jy mnr. die Ombudsman?
Government asseblief, laat TransNamib nie ook ondergaan soos Air Namibia. Maak planne en help asseblief, ons land gaan agteruit.
Ek verstaan Siele vir Jesus Restorasie Sentrum wat met drugs en drankverslawing werk gaan volgende jaar ’n veldskool ook oopmaak vir ons skoliere!
Banke, ek verstaan nie dat jul nie meer die senior burgers vorentoe roep soos in die verlede. Van ons mense sukkel regtig om lank te staan. Dis net FNB wat dit doen. Asseblief dankie!
Dankie mnr. Arthur Blaauw vir u bydrae by Karsrveld Academy vir ons kinders. Die mense van Grootfontein en Tsumeb waardeer dit opreg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie