SMS'e vir 1 September 2016
SMS'e vir 1 September 2016

SMS'e vir 1 September 2016

“. . . uit een mond deurmekaar praat. . .”
Gerine Hoff
Die Botswana-regering gaan die prys van veevoer met 25% verlaag om boere te help om deur die heersende droogte te kom. Mooi voorbeeld van ’n voorslagregering.

Ek wil net vir eerwaarde visepresident met respek sê: Hy sê mos onderwysers perform nie, maar hulle wil verhoging hê as hulle 30% verhoging kry en voor die hele nasie op TV sit en slaap. Is dit soos hulle perform?

Ek stem teen media-sensuur. Wat van u?

Nou waar is die Minister van Plaas­like Owerhede as dit berig word dat Rehoboth en Okahandja se munisipaliteite onfunksioneel is? Hy/sy doen mos nie hul werk nie en moet van sabotasie aangekla word. Ja, hulle saboteer die president se pogings om korrupsie uit te roei.

Rehoboth se waterprobleem sal nie opgelos word alvorens die groot water­verbruikers nie hul rekenings volledig betaal nie. Karwasplekke skiet op soos paddastoele en water is die middel waardeur hulle salarisse verdien. Forseer eenvoudig elkeen om elke maand sy rekening te betaal. Waarom moet die onskuldiges dan ook gestraf word?

Die tweede verklaring vir GRN is baie waar, naamlik gee Rehoboth niks nie. Wat sal optogte help? Dit het in die verlede geen hond haaraf gemaak nie. Alle ministeries funksioneer onder die een groot, veelkleurige sambreel. Stel jou voor ’n vrou wat haarself verdedig, moet aangekla word. Wat is die klagte nogal? Laat saam staan ons wagwoord word. Stemdag is nie ’n eeu ver nie.

Agbare Esme Isaack is voorsitter van Hardap Resettlement Komitee en ons wil van haar hoor op Radio Damara Nama waarom aansoekers met hoër punte geïgnoreer word om mense van haar keuse in te sit. Wat is dan die doel van puntestelsel? Hierdie is ’n uitnodiging aan Anti-Corruption Commission om Panama en Noenieboom aanbevelings van Hardap na te gaan.

Dorpsraad van Stamp­riet, wat gaan aan by ons kantoor? Stampriet gaan agteruit.

Land Rover saamtrek Uis: Jammer dat die naamlose leser so galbraak oor L/Rovers, seker omdat hy nie een kan bekostig nie. My 4de Defender is pas 40, maar oud en vol lewe. Nogal veelseggend dat L/R Defenders en Series eienaars wêreldwyd mekaar spontaan “groet”, wat glad nie by ander fabrikate gebeur nie. Pas so in die gees van die Namibiërs. –Hennie Smit

“Rooivlagdag afgelas” (Rep 29/08) en die uitlatings van die Ovaherero Opperhoof Adv. Vekuii Rukoro...Die Swapo-regering is teen die Ovaherero en Nama omdat ons direk met die Duitsers wil onderhandel oor die volksmoorde van 1904/1908 en die uitlatings van die agbare Opperhoof word na verwys as kindergarten politics, maar as Meme Sophia Shaningwa, Kashiindi en Tate Sacky Shanghala uit een mond deurmekaar praat, hoe kan dit nie een taalgroep-regering wees nie? – MR

Mnr. die president, omrede Namibiese inwoners oorwegend vir u gestem het, wil ek nie sê u moet mense wat van u verskil nie roskam nie. Minderheidsregte soos onderskryf deur United Nations word nie toegepas in Namibië nie. Die regering van die dag moet aanvaar dat almal hetsy wit, swart, geel, bruin ’n reg het tot selfbeskikking sonder om jou naaste (alle rasse) te na te kom. Ons regeringslui is die mees wel-af mense. Geen een mag agter gelaat word nie, word gesê maar sedert onafhanklikheid het Namibië kitsmiljoenêrs opgelewer ten koste van gewone mense. Whose fooling who? ’n Amerikaanse swart skrywer W.E.B. Du Bois (1868-1963) het gesê: “Behind every great fortune there is crime.” – Axaro

K’hoop munisipaliteit, wanneer kry die nuwe NHE huise Aroab, Wegstraat ligte asb.? Dis baie donker en ons sien niks nie!

Vir ons as ouers van graad 10- en graad 12-leerlinge is nou die tyd om skouer aan skouer saam te werk met ons onderwysers as ons wil verseker dat ons kinders in die eindeksamen suksesvol is. Ons moet verseker dat ons kinders al hul tyd en aandag bepaal by hulle studies in hierdie komende weke. Indien nie, sal hulle onsuksesvol wees. Blaam sal daarna niks verander nie. Verseker nou sukses deur harde werk en toewyding.

Ons het hard probeer om ’n old crockspan op Groot Aub te begin om die gemeenskap bymekaar te kry sodat Baster, Nama, Damara, Oshi­wambo, ens. saam kan wees. Daar het nou ’n faksie begin om hierdie goeie af te breek. Kom, laat ons opstaan en die een span opbou en later ’n A- en B-span laat deelneem.

Die een wat skryf oor die Heldedagviering se TV-dekking: Nêrens word daar van ’n witman gepraat of hy deel gehad het daaraan nie. Jy is/moet ’n nuweling in Namibië wees. Witmense in Namibië is omtrent 7 tot 8% van die bevolking. Hierdie bietjie is hier gebore en bly hier omdat dit hulle geboorteland is.

Wie gee die polisie en speurder die reg om mense aan te rand? Elke mens het die reg om stil te bly en ’n lawyer te kry. Hoekom word mense ernstig aangerand en al maak jy ’n saak, word daar niks daarvan nie. Drug speurder vloek mense op die lelikste en rand mense aan.

Die balju van //Kharas Region, leer asb. om briewe vir die eienaars in hul hande te gee en laat hul teken vir ontvangs. Dis waarvoor jy betaal word. Ons briewe word sommer in die straat vir enigeen gegee.

Die vergadering van Sondag was gehou deur die AR en nie deur die RBG nie. Die leier van die AR soek nou weer geld vir ’n hofsaak? Wat het geword van die geld wat hulle vir die erwe ingesamel het? Kan hulle nie daai geld gebruik nie?

Wil net vir Erongo RED sê baie dankie vir afslag met kragrekening elke maand. Dit help ons baie. Dankie.

Mens sou sweer Rehoboth is die enigste dorp in Namibië waar ’n bietjie vullis in die veld rondlê. Die persoon moet eers sy/haar huiswerk goed doen voor hy/sy weer sulke foto’s aan die koerant stuur.

Gibeon CEO, antwoord ons of moet ons nog al jou geraamtes vir jou uithaal? Het jy gedink ons is dom? Ons weet wat gaan vir wat. Jy sê dis jou eie plek, maar jy maak net vir jouself ryk. Ek is moeg.

Ek lees graag van Joos Platt. Ek was ’n kind toe is dit Joos Platt. Ek was ’n tiener toe is dit Joos Platt. Ek was ’n tannie toe is dit Joos Platt. Ek is ’n ouma en steeds is dit Joos Platt. Moet hy nie nou al oupagrootjie Joos Platt wees nie? Ek vra maar net?

Die persoon wat kla oor Rehoboth werkgewers wat net kan tel tot N$2 500, tel jou seëninge of kry ander werk waar jy meer betaal sal word, want baie van daardie werk­gewers sterf ook op hierdie Whk-Rhb pad vir ’n salaris en om jou te betaal vir jou ondankbaarheid.

Wil graag weet. Ek het my bestuurslisensie hernu in Gobabis. Na vele gesukkel toe reggekom. Maar op die staat staan N$150. Op die einde moes ek N$175 betaal. Toe ek navraag doen en ’n kwitansie eis, toe sê dame ek het te laat gekom. My lisensie het eers in Augustus verval en ek was 11 Julie by hulle. My vraag is waar gaan die ekstra N$25 heen en hoe balanseer hul as jy nie bewys kan kry nie. Baie dankie. – Mari

Juf. Hetta Claasen van AA Denk PS, u is ’n regte aanwins vir ons skool en ons gemeenskap. Ons waardeur als wat u vir ons kinders doen. Vader gaan u ryklik seën vir al u goeie dade. – Trotse skoolouer

Ek voel die hof moet liewer mense trou wat wil trou, want die mense maak net ’n bespotting van die huwelik as hulle in die kerk trou. Dit gaan nie om voor God ’n belofte af te lê nie, maar om daai dag uit te hang en fees te vier en daarna – as daar nie geld is nie – is die huwelik ook op die rotse.

Mariental se inwoners, ek’s teleurgesteld. Julle kan saamgestaan het en die stadion skoongemaak het of die //Goab !Haob-komitee kan die skoonmaaktender uitgegooi het. Hoe kan die gaste in die oggend by so ‘n vuil plek kom. En die toilette. Ag nee man, is erg.

Sommige van ons in Hardapstreek kan nie verstaan hoe ‘n cleaner ‘n special adviser kan beledig met wat ookal gebeur in die badkamer nie en sê hy stink en die Governor doen niks nie? Please investigate the truth.

Dr. Hage Geingob, ons was oor hierdie huis wat geverkoop is van onse pa se broer by die kansela Hon. I. Kariseb, maar hy wil ook nie vir ons help nie. Hoe moet ons nou maak? Ons het ook nie blyplek nie. Ons soek hulp asb. Dis nou die 4de maand, maar ons kry nie hulp nie. Hoe maak ons nou? Onse pa het in 1995 afgesterf en my pa se broer is gesê hy moet vir ons kyk deur die familie, maar hy het die policy gevat en geëet en kar gekoop wat hulle gesê het dis ‘n familiekar. Die huis van my pa het hy in Aprilmaand verkoop en ons het niks gekry van die geld nie. Nou wil ons die huis en my pa se goed terughê. Kan die polisie van Gobabis nie vir ons help nie? Ons soek die hulp van die presitent af.

Vandag gelees oor Theuns Jordaan se lot. Lief geword vir hom oor daai liedjies. Ai, daai stem. Dis wat daai Beaufort-Wes so lekker maak en daai rustige bewegings van die cool Theuns. Los tog vir Theuns uit. As jy die lied geskryf het en daaruit gekry het, is jy dan nou op pad prokereurs toe om vir Theuns te verarm? Ek is so versot op hom en Juanita. Ek luister baie hul CD’s. As Theuns dit nie oor gesing het nie, van wie sou Gert gaan eis het? Ogits. - Ouma uit Whk

NaTIS Swakop: Hoekom moet ons 22 keer bel voordat iemand die telefoon antwoord vir die eerste keer? Is dit die standaard van julle diens?

Wieldop van ’n Toyota sedan motor opgetel naby nuwe karavaanpark in Omarurumond. – 081 2166 167

Die ELKRN Sinode is geskiedenis, want dit was belaai en deurgeskoei met groot onwaarhede wat soos waarheid klink. Die ses kringe lê wraak, geen besoeke. Die waarnemende dekens nie in staat om parogieë te kan lei nie. Wie kyk na die werk van hulle? Hoekom verdeel, manipuleer met hipokratiese styl? Wie luister na die probleme as roepstemme ignoreer word? Here, luister na die gesug en huilery van u kinders. Amen.

Hier in RHB is ’n radiostasie. Die diens is goed vir die gemeenskap. Ek waardeer dit, maar die manier van praat – stemtoon – is nie goed oor die radio nie. Moet dan nie nog oor die lug praat of dan sê hulle nog ek los nou alles. Ek dink julle praat tog nie met julle kinders so nie. Sê maar net.

Volgens ’n berig in verlede Donderdag se koerant kla Groot Dax die adviseur van Hardap governor ’n werker aan omdat sy ’n uitlating gemaak het oor sy toiletgebruik. Dax, het jy vergeet wat jy destyds by Council se kantore op RHB gedoen het? Kom ek verfris jou geheue: Jy’t houers vol nagvuil in kantore met matte gegooi. Die matte was verwoes! Boontjie kry sy loontjie al is dit op sy groot toontjie? Mooi loop, Groot Dax.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!