SMS'e vir 1 September 2020
SMS'e vir 1 September 2020

SMS'e vir 1 September 2020

". . . net mooi niks . . ."
Mandy Rittmann
Ek vra myself hoekom moet skole, besighede of kantore vir dae en selfs weke toegemaak word om ontsmet te word as die coronavirus net vir 'n paar uur buite die ligaam kan oorleef?



'n Waardige groot man en vader 'n held en leier, oom Dirk Mudge. Rus in vrede, ons salueer u. Mag die familie vertroos word. - Christa Groenewald



Fuel price increase instead of a decrease after the ultimate low barrel price for months. Time for this bankrupt and corrupt government to go because of the empty State treasury and the Minister of Mines and Energy who is neither capable.



Minister of Mines and Energy, you are not good at all and your poorly excuses for the fuel price increase is very disappointing. Blaming every time the Rand/Dollar value and the increase of the barrel price. Why haven't you lowered the fuel price in the past according to the ultimate low barrel price for nearly a year now? Now the public must pay for your and the government's misconduct. Shame!



Ja, en hoeveel maal is daar oor diere in die padgordels gekla, maar die owerhede doen net mooi niks daaraan nie. Dis iemand se perd, maar glo my ná die lelike ongeluk behoort daardie perd aan niemand nie. Kan die owerhede nie asseblief plan maak met die diere in die gordels nie, in plaas van om 100 keer in 'n week jou rybewys te vra, of te kyk vir veiligheidsgordels. Gee 'n boete vir die persone wie se diere op die paaie is.



Home schooling is wettig en van 'n hoë standaard. Dit kos jou meer as wat van die privaatskole jou jaarliks kos. Ons as ouers is moeg om te wag vir die regering om besluite te neem en unions wat aandring dat skole toe bly. Ons kinders se opvoeding bly nommer een.



Seaflower Pelagic Processing is soos 'n rondloperman. Kry sy stukkie on the side, lees Fishrot en kom eis nog sy beloofte pudding by FishCorRot!



Selfs bejaardes bo 90 kan 'n handwapen se sneller trek uit selfverdediging! So, meneer naamloos, my empatie en simpatie met jou is zero, want skynbaar is jy ook een van die wat die inbrekers met die Bybel oor die kop slaan en dan gaan geld leen om eers lugtyd te koop om die polisie te kan bel? – Franswa



My boerevolk. Volgens my beskeie navorsing is die boerevolk die enigste wit ras eie aan Afrika net soos enige van die ander Afrikarasse, want God het die boerevolk hier aan die suidpunt van Afrika gevestig om 'n positiewe verskil op die kontinent te maak en niks of niemand gaan God se plan en werk ongedaan maak nie. Diesulkes wat die boerevolk wil uitmoor of uit Afrika wil verjaag, weet net julle staan in God se pad en Hy gaan nie met julle speel nie. As jy dit nog nie weet nie, daar is 'n boek met die naam Bybel. Gaan lees daar wat het God met die Egiptenaars gemaak toe hulle vir Israel gemors het. Pasop, moenie teen God stry nie, buig eerder die knie voor Hom.



Walvisbaai, wat 'n oogseer. Dit was nog nooit die mooiste dorp nie, maar tog nou die vuilste, lelikste trekpleister in Namibië. Strate word nie gevee nie, munisipale parke en tuine is verwaarloos, slaggate om elke draai en dreine wat inval in die strate. Wat 'n gemors, dit gaan my verstand te bowe. Agnee sies man.



Wat het van die standaarde geword? As 'n privaatpersoon of firma 'n kragkabel moet laat aanlê op 'n perseel, moet dit 'n 600 mm diep sloot wees, maar as Erongo RED dit doen, dan begrawe hulle die kragkabels net so 100-130 mm onder die grondoppervlakte, veral hier op Usakos.



Rehoboth-polisie. Kan julle glo. Jy sit in die tronk en jou been word met 'n yster breek geslaan. Wat nou, moet dit nou net so gelos word of waar kan dit gegaan word?



Sal graag wil weet wie is die helde van Namibië.



The President and his government medical advisors are out to ruin the economy of the country and cause a financial crisis to the public. We should stop paying our taxes and rather use the money ourselves to survive.



Mr. President. When one is playing chess or draughts, the goal is to win the game even if it means to sacrifice a few subjects in the process. One can't win by not sacrificing any subjects. It's the same with the Corona virus situation. So to save the economy and the financial well-being of the people, the country will have to sacrifice a few people for the better of the majority.



Ek soek asseblief hulp met kospakkies en nommer 5 tekkies. Indien u kan help ek sal bly wees. My nommer 081 792 8553 as u kan help. Dankie baie.



Ek is keelvol vir voorgee-Christene, wat geestelike goed na selfone stuur. Hiér stop dit. Julle gee voor wat julle nié is nié. Ondersoek julself.



'n Eetplek definitief om aan te beveel in Keetmanshoop. Mohegan Grill. Heerlike kos, goeie diens en vriendelike personeel. Baie dankie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!