SMS'e vir 1 September 2021
"...uitmekaar gedryf..."
Verpligte inenting. Wil nie oor vax of nie-vax debatteer. Dink genoeg vriende, families en kollegas is al uitmekaar gedryf hierdeur. Wil net hê mense moet besef deur verpligte inenting sal jy vir baie jare jou sertifikaat moet dra om jou status te bewys. Dit sal soos ’n rybewys word. Wil voorspel hierdie gaan nie vinnig stop nie en die dae van jaarliks inent sal ook nog kom. Wie se sak sal daar baat vind deur jou vrye gang in die toekoms te beperk, met lisensies wat jou vrye beweging sal inperk sonder die bogenoemde. Totale beheer oor jou, soos skape op die plaas.
Ek is Afrikaans en vra vandag. Is dit net ons Afrikaners (en min ander) wat die inentings so beveg en bevraagteken. As mens die SMS’e in Republikein of selfs op Facebook lees, vind ons ’n probleem met die inentings in Afrikaans. In Engelse koerante sien mens dit amper nooit en Engelse comments op social media amper nooit. Kom ons werk liewer saam, om hierdie ding te oorkom in plaas van alles te bevraagteken. Ek begin my nou te skaam.
Die nuwe variant waarvan hul praat is meer aansteeklik, maar meer bestand teen die entstof.
Bankrotveiling-advertensie in Engelse dagblad gister, “2 x Elephant Piel”. Kyk weer en glimlag breed. Taalghoeroes? Deputy Sheriff het antwoord, “2 x Beton Vibreerders”.
Ek het tot die skokkende ontdekking gekom dat as werker besering aan diens opdoen, moet dokter onmiddelik betaal word, maar eis kan tot ’n jaar vat by Social Security. Betaling deur werkgewer moet maandeliks stiptelik gedoen word. Vir my onverstaanbaar.
Hoekom praat die omroepers van Hartklop FM van, “as volg”? Dit is Anglisisties. Die korrekte gebruik is soos volg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie