SMS'e vir 10 April 2017
“ . . . is tog net pap om die mond smeer . . . ”
Armoede het met 10% gedaal. Dis oëverblindery vir die man op die straat. Die statistiek van ou verwaarloosde mense, kinders onder vyf en ander ellende word verdoesel.
Prime Minister, GIPF is well resourced with billions, so simply get Cabinet approval for 55 years mandatory retirement and see how Government will save billions and free up lots of cash for other essential services. In fact, the Minister of Finance will agree that we will be out of financial problems almost immediately.
Die appèlhof het die tendersaak van N$6 miljard van die lughawe ter syde gestel en van die rol geskrap, aangesien geen behoorlike tenderregulasies gevolg is nie. Die president kry krediet hiervoor, aangesien hy die saak voor die hof gedaag het. Die Chinese en die betrokke ministerie was die verloorders in die saak. Weer eens 'n geval van 'n permanente sekretaris wat met die medewete van sy minister die tender goedgekeur het. Die regte optrede van die president sou wees om beide af te dank. Dit is nie die eerste keer dat die PS se optrede bevraagteken word nie. Dalk dink hy dat N$6 miljard “peanuts” is, maar staatsgeld is belastingbetalersgeld. Dink die PS moet groet en maar eerder sy eie bedryf bestuur soos hy wil, want van staatsgeld het hy nie veel begrip nie.
Sê maar net hierdie donasies van die Chinese aan ons regering om stropery te bekamp, is tog net pap om die mond smeer. In wie se sak beland dit? Hoop ook die rys word vroegtydig verdeel voor dit in een of ander skuur vrot raak. Of word dit miskien aan die armes verkoop? Vra maar net.
Re: Die begrotingstoekennings. Sowat 47 miljoen net vir 'n lewensvatbaarheidstudie vir 'n onnodige hawe. En 1,2 miljard vir 'n deel van verdediging? Dis 'n skreiende skande!
Kan iemand help, asseblief. Gaan NamPost iemand anders kry om posdienste te lewer? Ek wag in 'n ry by Otjiwarongo om seëls te koop, 99% spaarbankkliënte. Ek wag al 45 minute, een teller.
Ja, die Romeine het onder die bome gesit om tradisionele drankies te geniet. Gesprekke het gegaan oor jag en oorlog. Die vrouens moes in die warm son werk. Toe moes die Romeine leer werk. Dit is nie maklik om te verstaan dat tyd verkoop kan word nie.Geelvol, eet brood en word groot. Begin jou eie besigheid. Liefdevol.
Ons is moeg vir Rehoboth-dorpsraad onder Swapo-leiding. Misbruik die gesag wat toevertrou is aan hulle sonder om die dorp te ontwikkel. Dis 'n skande om te sien hoe lyk Rehoboth se paaie! Uit met Swapo-raad. Kies asseblief mense wat 'n verskil sal maak.
Maak nie saak wat is die kleur van ons vel nie. God het mos die aarde 'n tuiste vir die mens gemaak. So het hy ook die mens verskillend geskape. Uniek in sy soort. Aanvaar dit so. Nie jou toestemming nodig om in ons Afrika te bly nie. 60 jaar 'n Namibiër en glad nie van plan om te trek nie. Viva Namibië!
Henties Bay! Wake up! Your Dune Belt in Sunbay is full with faeces of construction workers. The sanitation is poor and deplorable.
Geelvol is duidelik g_tvol vir homself! Bring jou kant ook, man.
Bruinman wat met witvrou 11 jaar uitgaan. Rede hoekom sy jou gelos het, glo ek, is omdat jy baie praat en alles uitblaker. Dit is jou mond. Jy sit nie vertroulike goed in die koerant nie. Werk aan geheimhouding.
Ek stem saam met SMS van Oom Lood. Dit is die waarheid. Joos Platt het ons by Katutura elke dag gedril. Dissipline gehandhaaf. Jy kon hom gaan aankla by die SB of DK. Niks het gehelp nie. Joos Platt was altyd reg. Ons skoene, uniform, voertuie moes blink voordat jy aan diens gaan. Belangrikste: Jy moes nugter wees. Ons is gedril. Ons is gedissiplineer. Gert Naudé het jou op straat gekry, gewaarsku, verhoor en gestraf. Manne wat ons gedissiplineer het. Mag hulle lank lewe.
Die biskop moet versoening en eenheid voorstaan en verkondig en nie kerkplatforms gebruik om pastore wat nou ander kerke gestig het, te beswadder en versleg nie. Baie pastore sit met plofbare bewyse en geheime, wat as dit uitkom, chaos kan veroorsaak in ELKRN. Volg goeie voorbeeld van Jesus Christus en bid ook vir jou vyande. Los die kerkplatforms om andere swart te smeer en te versleg, want dit sal net u reputasie en amp skade aandoen. Die lidmate is nie so onnosel om alles vir soetkoek op te eet nie. U sal nie vir ewig biskop wees nie, daarom probeer meer vriende en siele te wen as om klomp vyande te maak. Laat elkeen in vrede en vryheid die Here dien. Luister meer na God, my biskop, as na die verkeerde raadgewers.
The ELCRN is in a crisis because of factional solidarity based on tribalism, regionalism, racism, resources and fear. Our church is on the verge of death and destruction. ELCRN, open your eyes when you elect the new deans and church council, because the former illegal council is the cause of the destruction of our beloved church.
Namibiërs, dié van julle wat rekenings by klerewinkels het, veral die kettingwinkels van Suid-Afrika: As jy weet jy is agterstallig met jou rekening, moenie Suid-Afrikaanse telefoonnommers antwoord nie. Hulle laat betaal jou vir die oproep teen N$24,50. Die bedrag sal jy op jou rekening sien. So, gaan betaal dan net jou rekening, want hulle hou nie op nie. – Khoisan van Khoisandal
So bly ander kla ook oor die uiters swak beplanning wat die middelste in- en uitgang by The Grove Mall betref. Die feit dat dit goedgekeur is deur Stad Windhoek verander niks aan die daaglikse nagmerrie van swak uitgelegde parkering, te nou en onduidelike rybane en opeenhoping van karre by die middelste uitgang nie. Vind asseblief 'n oplossing!
Dit is verskriklik hoe min die mense van Namibië omgee vir die lewe van ander mense. Byna elke dag word iemand met 'n mes doodgesteek oor 'n nietige geskil. En meestal is dit nog mense wat mekaar ken. Kan die regering nie asseblief 'n wet maak wat mense verbied om met messe in openbare gebiede te verskyn om die onnodige slagting te voorkom nie?
Psemas gaan na GIPF-kantore toe leer en kyk wat hulle doen. Doen net iets. Kry die vrot appels daar weg.
Donkieslagpale: Pres. Hage Geingob, jy is darem maar stil. Vra tog jou maatjies om nie die donkies te slag nie. Asseblief, man.
Puzzled Prof: Stuur tog dieselfde boodskap aan die Engelse koerant, asseblief. Dit is fantasties goed geskryf! Baie waar. Dankie.
Oh, my gosh! To expect of the shop owners to pay for the car guards? It is your car they're looking after!
Ek stem saam met die mense wat sê die meeste van ons sjefs weet nie hoe om 'n “rare”, of “medium rare steak” te maak nie, en “rare” beteken nie rou nie. Dis of “well done” of rou.
Baie mooi storie oor "Kat en vark-beste maats" in Republikein 7 April. Welgedaan, Elvira Hattingh.
NBC is nou rêrig nutteloos, verander nou programme nes julle wil, geen respek vir kykers, hul Pay to Stay is 'n flop, nou neem julle wraak. Sies, NBC.
Soek raad vir omlope wat baie pla, asseblief – 081 203 1685
Kan iemand vir my help met kopluise, asseblief? My dogter het van Omaruru af met dit Windhoek toe teruggekom. Dankie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie