SMSu2019e vir 10 Augustus 2018
SMSu2019e vir 10 Augustus 2018

SMS’e vir 10 Augustus 2018

“. . .trots vir hul werk. . .”
Dani Booysen
Mense is baie afgunstig. Veral teenoor “resettled” boere in die //Kharasstreek. Mense wat vis­kwotasies het en wat EPL's het, is afgunstig. Moet dit dan elke keer net dieselfde mense wees wat begunstig moet word? Selfs Clinton is bevoorreg deur die president, maar weens sy eie maniere het hy nie ver gekom nie. My plaas is vir 99 jare met die regering geteken en niks of niemand sal my weer ontwortel nie.



Pensioenaris van Pionierspark: Ons is 'n huisgesin van 5 mense met 'n waterverbruik van 28 kl per maand. Ons het ook 'n normale tuin, maar ons maak dit 1 x in 3 weke nat. Die grond is vol kompos wat die water diep na die wortels vat. Plante met vlak wortelstelsels is in potte geplant en word 1 x in 2 weke water gegee. Jy mag dalk 'n waterlekkasie iewers hê.



2 pensioenarisse wat alleen bly wie se water- en ligterekening so hoog is per maand. . . Dit word geskat en lesings word nooit geneem nie. Wat moet mens doen, want dit ruk nou hand uit.



Voor onse Hemelse Vader is dit die waarheid. En die waarheid sal ons vry maak. Die Gebiedsmag het die 36 miljoen oorbetaal aan ons regering. Almal wil weet wat het van die geld geword.



Het sekere onderwysers nie meer trots vir hul werk of skool nie? Jy gee 'n dag voor die vraestel moet geskryf word dit eers in vir “copies” en dan is dit nog 'n vraestel van 2012 wat op alle bladsye staan, net die voorblad wat jy verander na 2018. En dan is dit so deur 'n senior onderwyser gemodereer.



I want to congratulate and thank the Ministry of Environment & Tourism for taking the right and responsible decision not to approve a donkey abattoir at Okahandja.



Iemand sal moet kom ingryp (ons skool in Keetmanshoop – naam verskaf).

Hoe kan die hoof vir die kinders sê as hulle nie 'n sekere bedrag ­insamel nie sal hulle nêrens in die lewe kom nie? Hy sit 'n vloek op die kinders. Die paar kinders wat die bedrag ingesamel het, sal blykbaar ver in die lewe kom en hoë poste eendag beklee. Rêrig? Daar is baie kinders wat uitstyg bo hul omstandighede. Moet nie ons kinders afkraak nie, asb.



Help asseblief. Ek soek vir Roderique van Wyk. Hy is 'n toergids en kom van Rehoboth af. 081 244 2170 as iemand kan help. – Meisie



Die Exodus Evangelical Lutheran Church het ontstaan a.g.v. swak leierskapkwaliteite binne die ELKRN. Dis tog waar!



Vraag aan permanent sekretaris van “War Veterans”: Waarom mag Ismael Witbooi toegelaat word om met 'n dubbelkajuit oor 'n naweek na Gibeon te gaan? Gedink daar is finansiële knyp met staatsfinansies? As die PS niks weet nie moet ons dalk vir mnr. Noah van ACC inroep. Sommige mense het lekker in die regering!



A real shocking eye opener: Tax free president! He gets a tax free salary of 1.7 million, fuel and other items can be imported tax free, like alcohol and 1.6 million's furniture through his 3.5 billion money laundering tax evasion friend Jack Huang? Plus he receives almost everything free from the state. Accommodation, entertainment, vehicles, water, electricity, clothing and many others. Nice example Mr. President. While others are drained by taxes, starve and live in hovels?



Alarm bells should wake up the environment ministry! The consultant for the Chinese company who want to log 1000's of age old trees/Zambezi forests are very questionable. Minister try to google Nyepez consultancy. There is nothing who/what are they! Their study is an eye blinder for the the Chinese and government greed and plunder to lure many pockets for now, but the prime forests will be gone forever making a desert of beautiful Zambezi region. It will affect tourism, wildlife protected areas, corridors, human wildlife conflict and for what? Greed of Chinese, government and well connected. How very sad, poor poor Namibia!



Het nie geweet Republikein se verslaggewers kan nie spel. Hulle spel die Russiese president se naam “Poetin” instede van “Putin”. (Trans­literasie is die reël ­waarvolgens name uit 'n vreemde alfabet in Afrikaans vertaal word volgens die naaste, korrekte fonetiese uitspraak in die oorspronklike taal, in die geval ­Russies. In Engels word die taal uit die Russe se Cirilliese alfabet na “u” vertaal en in Afrikaans na “oe”. Lees ook www.netwerk24.com/Stemme/taalgeneraal-hoekom-is-daar-n-oe-in-poetin - Redakteur)



Karibib NaTIS: There is a certain lady who refuses to communicate with the public in their language, Afrikaans. Your preferred radio station Kosmos doesn't bother you at all as Afrikaans can be heard in the background. Die publiek betaal jou salaris.



Graag wil ek as 'n koshuiskind (skool se naam verskaf) by die meisieskoshuis noem daar is 'n sekere vrou wat elke dag kinders stuur om sigarette te gaan koop. Hoe moet ons maak? Sy skel en gaan aan as ons weier?



Shoprite, kyk na julle SA transport. Gee werk vir Namibië.



Pres. Geingob says customer service is crucial? Wow! How many years did it take govt to notice? Especially in tourism, starting at entry points where employees' attitude is shocking and unwelcoming. Unfriendly faces like they are doing you a favour by being there and they'd rather hang around doing nothing? So when is govt going to start training their staff in all ministries on customer service?



Ek sien die Republikein het 'n “total blackout” aangaande die NRU Premierliga-sage. Pas seker 'n sekere deel van hulle lesers. En ek is seker die SMS sal ook nie geplaas word nie. Wag maar, meer drama kom.



Ek stap elke oggend met my honde in die woestyn net oos van Myl 4. Merk dat kateienaars sandkaste kom leeg maak in die woestyn en dan nuwe sand skep. Wat egter onaanvaarbaar is, is dat die kaste net omgekeer word met koerant papier wat onder in die kaste gesit word wat dan die woestyn besoedel. Asseblief mense, kom ons gooi die papier in 'n inkopiesak, vat dit terug huis toe en gooi dit in 'n vuilisdrom waar dit hoort. – Bekommerde Swakopmunder



Principal of (school named) do you know what is happening in your hostels? Both hostel sups are corrupt. Cell phones are confiscated and returned only when paid for so these supervisors are enriching themselves? Corporal punishment is still taking place especially in the boys hostel where boys are hit, slapped and kicked to force discipline. That's against our Constitution! Ministry of Education please help! Enough is enough!



Lüderits se winkels is nou in kompetisie met die arme mense wat uit werkloosheid weeksdae en veral naweke braai om hulle families te onderhou. Stop asb., al die inwoners ondersteun julle reeds. Die vrouens wat daar in die dorp braai koop al hulle benodigdhede by julle. Hoekom kompeteer julle met hulle? Wees menslik en gee hulle kans, want hulle is werkloos en soek brood vir hulle kinders. Stop asb. die braaiery. Dankie.



Parliamentarians go to school??? What the heck are those MPs doing in parliament in the first place if the don't even have the basic skills (English) in the first place??? And they make decisions about our country??? Poor Namibia!

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!