SMS'e vir 10 Januarie 2018
SMS'e vir 10 Januarie 2018

SMS'e vir 10 Januarie 2018

"Gim hou jou gesond."
Dani Booysen
Hentiesbaai Munisipalteit – komplimente vir jul puik diens met vullisverwydering die afgelope seisoen. Tegniese afdeling – baie dankie vir julspoedige reaksie rakende 'n lekkende waterpyp, op 'n Vrydagmiddag - wel gedaan. Ons is trots op julle & bou so voort. – Windhoekers



Was vanoggend (8 Januarie 2018) in Okahandja, maar mensig, is die dorp se strate vol slaggate! Ek weet nie hoe die inwoners se karre se skokbrekers hou nie! – Groenewald, Wes-Kaap



The so called VIP people stands for Very Irresposible People.



Salarisse is nie genoeg vir al ons behoeftes nie, wat nog te sê om ons eie gim te betaal. Gim hou jou gesond. Verhogings is nou die enigste uitweg om eie gim te betaal.



Ten spyte daarvan dat Kamanjab meer polisiemanne as ooit tevore het, neem wilddiefstal en veediefstal drasties toe. Aangekeerdes word borg toegestaan binne 24 uur. En dan jag hul weer! Lyk of polisie nie sake behoorlik ondersoek nie. Lui of laks of dalk medepligtig? Wie sal weet? Power werk van Kamanjab polisie.



Wonder wat het geword van die egte Brötchen, Graubrot, Jagdwurst – sal diegene met die oorspronklike resepte dit in werking stel of patentregte verkoop?



Dankie aan oud-leerlinge van Ipumbu Sek. Skool wat soveel moeite doen om te help om jul vorige skool op te knap. Hoop ander jongmense sal jul voorbeeld volg.



Etosha/NWR, doen asb iets dringend aan die paaie. Ry 4x4-bande afgeblaas, tog skud jy dat jou niere pyn. As bestuurder moet jy net die pad kyk vir slaggate en sinkplaat. Padboutoerusting staan in die bos. Maande, so nie, jare laas gewerk. Sies man.



Op W-baai in Nangolo Mbumba-str. het ons ook aanhoudend blaffende honde wat alleen gelos is en elke halfuur gaan ook die alarmsirene af. Die scenario het oor 'n paar dae aangehou. Die sekuriteit het tussenin paar keer kom kyk, maar niks het verander. Gee asseblief raad wat 'n mens in so 'n geval kan doen.



Die hele land moet kennis neem dat Rehoboth die swakste bestuur word deur een mens wat hom al die mag gee met watter kwalifikasie, wonder mens. Krag was af op belangrikste tye hierdie groot dae. Vandag en ook ander dae oor die groot dae geen water. Waar kry die gewone mens die mag vandaan? Gaan niemand hom dan teë by die kantore nie. Magtag, inwoners, dis mos ons wat hom betaal of hoe? My blaas is vol, kan nie toilet gebruik, moet nou vlak toe. Gee raad.



Ek wil graag weet. My plaaswerker het 7 kinders. Sy salaris is N$4 000 per maand met N$1 300 rantsoen, maar so moet ek skoolfonds betaal en skryfbehoeftes koop anders word hul nie toegelaat. Ek is op met gee. Wie gaan vir my sorg? My diere vrek van honger. Stel beperking in vir kinders.



Baie geluk, mnr. Pieter van Aarde met die groot vangs! Graag wil ek weet of die groot vis terug seewaters toe is sodat ons seelewe kan behoue bly.



Buitepos. Mnr. Nghishekwa, jy praat deur jou nek. Gaan kyk self wat gaan daar aan. Die amptenare daar belieg jou.



Sarel sê hy sal nie sy rommel optel, want niemand betaal hom nie. In Namibië moet iemand altyd na iemand kyk en die 2de iemand moet ook na gekyk word anders doen niemand sy normale werk waarvoor hy/sy betaal word nie. Onse mense is wel geskool en opgelei in nasiebou, maar in nasie opvoed, daarvoor moet jy weer iemand aanstel om te kyk dat dit gedoen word. - Dragonfly



Baie dankie vir die foto en berig in Republikein van 9 Januarie waar genoem word dat die blyplek van die renosters anoniem bly weens veiligheidsredes. Waarom dan 'n foto in lesersfotos van 8 Januarie die presiese blyplek van die renoster noem? Beslis nie bevorderlik vir hulle veiligheid nie.



Gabis het krag. Groendoring Donaib 1 en 2 ons soek ook krag.



O.19 krieket. Dis nie haat saai nie. Feite is genoem. U is seker een van daai leunstoelbevoorregtes, so u sal nie verstaan nie. Namibië, land van melk en heuning.



Julle wat praat oor die “2 gesiggies” vergeet graag dat net blankes rassiste is. Alle ander kan sê wat hulle wil. Die woord “Boer” word elke dag in algemene taal as 'n beledigende woord gebruik en julle aanvaar dit. Waarom kla jul nou?



Dis darem snaaks hoe negatiewe emosies in 'n saak bygesleep word. Daar is mos net 2 swart gesiggies in die 0.19 krieketspan, of hoe. En die Brave Warriors is heeltemaal swart. Korrek. Los die haatspraak! Sjoe! Mense is sensitief oor die o.19 krieketspannetjie. Die leser is reg en wys dit net uit. Waar pas haat? Ai tog, seker 'n seerplek geraak.



MTC, sit asb. ten minste 3G op by elke Namibiese dorp dat internet en internet “banking” gedoen kan word. Aranos wys net E vir Edge, maar so stadig dat mens nie kan internet “banking” doen nie. Dis verregaande om 500 km te moet ry na die hoofstad om internettoegang te kry! Of is dit omdat ons weer terug beweeg na 'n staatsmonopolie en die waghond Cran het geen tande om op te tree nie? Jul eerste 10 jaar het jul trotse hoogtes bereik, maar met geen kompetisie gaan alles agteruit.



Kan iemand my help met ou skoolklere wat nie meer gebruik word en net die kaste vol staan? Grys skoolbroeke, wit skoolhempe en grys skoolrokke. Ou skoolsakke is ook welkom. – 081 639 4172



Iemand het een lekker groot Kersgeskenk ontvang - Omaruru leeus!

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!