SMS'e vir 10 Januarie 2022
SMS'e vir 10 Januarie 2022

SMS'e vir 10 Januarie 2022

"...soos 'n varkhok..."
Mandy Rittmann
Die polemiek rakende plaaslike sokker, wat net nie aan die gang kan kom en wat lyk na power struggle tussen faksies wat beheer wil bekom gaan dit oor die hond (sokker), of is dit oor die halsband (perks, salaries)? Dit sal interesant wees om te weet wat is FIFA en andere se bydrae tot ons sokkerhuis en wat die verskeie ampsdraers se salaris struktuur is? Net om ons sokkerliefhebers insig te gee van ware toedrag van sake. Ondersoekende joernaliste, waar is jul teenwoordigheid? RPLKN se suster koerant, Namibian Sun, gaan krap daar waar dit jeuk asseblief.

Our idiotic, useless government and wealthy people are more worried about the few hundreds of people that might die of Covid including themselves but no one cares about the millions and millions of poor people starving and dying of hunger. Idiots indeed you are.

Mensdom, dood ken aansiens des persons. Ja. Hy is die laaste vyand. Die bul in Beelzebul wat nou met sy horings moet gepak word. Kom ons veg die wen-wen oorlog, nie teen dit wat die dood veroorsaak, nee, maar teen die dood wat nie vir Jesus kon hou vas. Die dood wat ons van die begin van die skepping af so beroof het. Die dood wie se vrugte die mensdom van die tyd van Adam af gekies het word met onsigbare wapens beveg. - H. Gaekhute

Is dit rêrig nodig dat die buitewyke van Okahandja, veral langs die Gross Barmen-teerpad waar mens die dorp uitgaan, soos ’n varkhok moet lyk? Dis vieslik! As die nuwe dubbelpad klaar is gaan die Gross Barmen-teerpad vanaf die nuwe brug die nuwe hoofingang na Okahandja vanaf Windhoek en die kus wees, en dit is die vieslike aansig van African flowers (plastieksakke) en ander gemors, wat besoekers die eerste sal sien. Het die Okahandja munisipaliteit enige bestuursplan betreffende die verwerking, wegdoen en herwinning van rommel? Dit lyk nie so nie. Miskien moet die Environmental Commissioner hieroor ingelig word.

Hulp/inligting nodig. Wetgewing ten opsigte van troeteldiere in dorps- en woongebiede. Sal ek dit by watter ministerie kry of val dit onder munisipale wetgewings.

Keetmanshoop-hospitaal se verpleegsters sal regtig hul diens teenoor pasiënte moet verbeter. Kry asseblief lus vir die werk waarvoor julle betaal word. Dankie vir die verpleegsters wat hul werk doen, maar die vrot appels moet asseblief verander.

Kan iemand tog vir my sê watter kinders moet welsynsgeld kry. Julle sal nie glo nie die kinders wie se ouers lewe staan en pay en helftes staan en werk, as dit so is moet al die kinders wat skool gaan daardie geld kry.

Windhoek munisipaliteit julle kan gerus by Swakopmund gaan leer hoe om so gou as moontlik hulle padtekens te vervang wat beskadig is. In Windhoek neem dit weke, soms ’n maand om ’n robot te vervang.

Ek soek tog ’n rolstoel vir ’n pensioenaris met ’n groterige lyf. Kontak 081 451 6226.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!