SMS'e vir 10 Junie 2016
SMS'e vir 10 Junie 2016

SMS'e vir 10 Junie 2016

Gerine Hoff
Die dilemma van grondbelasting is die onvermoë van GRN en NLU om saam ’n regverdige grondbelasting te implementeer.

Wat gaan aan dat die jeug nie mag opmars teen die bou van die parlementgebou nie? Kom Namibië! Kom ons staan saam met die jeug. Waarheen is die land op pad? Rehoboth het nie eens ’n staatshospitaal nie. Bou skole en hospitale en skep werk.

Absoluut onaanvaarbaar dat olifante gestroop word soos nou in die Kruger-wildtuin. Hoop hulle kry die swaarste strawwe moontlik. As dit honger mense was wat die vleis na hul gemeenskappe sou neem en eet, verstaan ek en kan hierdie mense met uitdunningsprogramme gehelp word.

So CoW weet al van 2012 daar’s nie genoeg water vir Whk nie. Wat het hul toe gedoen? Niks, lyk my.

Ongelooflik! Skielik wil ons president ook ingryp om die waterkrisis op te los. Laat my dink aan die Eskom-debakel in SA. Het Namibiërs se beplanners ook gedink dat die waterbronkoek oneindig gesny kan word? Voorsiening van water vir die groeiende bevolking moes lankal getref word. Ons kan sonder elektri­siteit leef, maar nie sonder water nie. – Steve

Daar is nie meer krag en water na 26 jaar van onafhanklikheid nie. Waar gaan ons land heen? Dit is totale arrogansie en wanbestuur.

Onnies pay huis toe! Dis omdat hulle met elke verhoging na mikroleners hardloop om bo hul vuurmaakplek te wil lewe dat hulle so kla oor min pay. Waar kan ’n onnie kamma nie ’n eenvertrek-blyplek bekostig nie? Ek wat skoolsekkie is, kan dan terwyl jou pay drie keer meer as myne is. Hou op kla oor pay en leer lees die kinders.

Dankie Helené Bam vir Anderkant wen en verloor. Ek was ook op Keetmanshoop en jammer om te sê ook ’n gedemoniseerde skeidsregter wat my alles gegee het vir die saak van die sport. Hartseer hoe volwassenes van ’n vername Windhoekse skool met swak sportmangees en ’n drang om ten alle koste te wen die geleentheid vir vele ander skeidsregters en skole bederf het. Dit het my laat herbesin en ek het weer besef dat kompetisie ’n lelike kant ook het. Mag die beste span van die dag wen. Want hul is daai dag die beste.

Daar is gereeld klagtes oor die inkomstebelastingkantoor oor telefone wat nie beantwoord word nie en allerlei swak diens. Glo my, by die streekkantore gaan dit nog meer beroerd. En kla help niks. As jy ’n uitbetaling soek, word ’n oudit eers aangevra en voor dit nie afgehandel is nie, geen uitbetaling. Maar oudit kry ook nie klaar nie. 9 months and counting . . .

On water crisis: Mr president, your words “we neglected to take action against these problems but let us not dispair, this is the land of the brave, we can withstand even the drought” are a joke. Do something now – not “we need to sit and find a solution”.

Nou skarrel almal om waterprobleem op te los. Swak beplanning of onbevoegde personeel?

Sal die persoon sowaar die internasionale Westerse gradering ’n rassistiese ding maak? Alles is tog regtig nie ’n koloniale/rassistiese geleentheid nie. Dit het niks met wit en swart te doen nie, maar met vertroue in die ekonomie van ons land waarsonder alles tot stilstand kom. Klim tog af van daai holrug perd en doen bietjie navorsing oor die gevolge van ’n slegte gradering, want dit gaan jou eie sak beslis ook skud.

’n Leser vra of die Goreangabdam se water dan besoedel is of wat? Dit laat my aan die Bybel dink waar die Here op die water geloop het. By die Goreangabdam is die water so “dik” (dig) van al die ontlasting, rommel, verrottende karkasse, huis- en tuinvuilis en allerhande gemors! – Sela

Hoe op aarde kan daar nou met nog ontwikkelings begin word? Daar is nie water nie! Dis net ’n geldmakery vir die ontwikkelaars se sak! So stop nou. Gaan aan as die damme weer vol is. City of Windhoek, wanneer maak julle bouwerk stop? Veral nie nuwe ontwikkelings nie.

Na aanleiding van “Armoede gaan nooit in Namibië . . .”: Die skrywer se gedagte/plan is edel, maar sy somme klop nie of my “calculations” laat my in die steek. Volgens my berekening sal die laaste persoon in die ry van die 2 miljoen inwoners 83 333 (drie-en-tagtig duisend jaar) oud moet word voor hy aan die beurt kom om ’n miljoenêr te word. Indien elke inwoner N$8 333,33 per maand bydra, sal dit 10 jaar neem om almal miljoenêrs te maak.

Like so many other govt parks/camps, Zambezi waterfront tourism park – another government failure due to mismanagement. Now they are scouting for public private partnership. Sounds like admission that they are incapable of going it alone?

Daar word daagliks as jy in buurte rondry, gesien hoe mense nog steeds hulle motors staan en was met tuinslange. Word daar met hulle gepraat dan is die hel los, want hy betaal dan vir daardie water. Mense, skrik wakker! Die water is skaars en moet spaarsaam gebruik word. Die vuil kar gaan nie jou dors les nie.

Ek wonder maar net hoeveel roofvissersbote vang snags binne Namibiese gebiedswaters. Is die Namibiese regering gerat?

Die krag is af op Gobabis. Dis ’n hoogspanningskabel. Niemand is by magte om aan hoogspanning te werk nie, niemand het sertifikaat in die munisipaliteit. Die persoon wat dit vir 7 jaar gedoen het, het bedank omdat ’n persoon wat geen kennis het nie bo hom aangestel is, want hy is familie van die hoër gesag in Gobabis se munisipaliteit. Hy moet die man sy kennis leer. Nou het hulle die persoon gekontak om gratis die fout te soek en kabel te las. Wat as ons deep freezer met vleis en yskaste met kos sleg word oor daar nie ordentlike opgeleide, gekwalifiseerde mense is in die munisipaliteit met rooi seël sertifikaat is nie? Wanneer gaan al die toegesmeerde boetie-boetie-sake oopgevlek word? Erwe wat klaar verkoop is, word sonder die eienaar weer gou aan my pel/familielid verkoop, want die ander party moet darem ook sy/haar deel kry. Wanneer gaan ons geagte president ook kom ondersoek instel? Maar niemand mag weet dat dit ons president is nie. – Bekommerde inwoner van Gobabis

Dr. Adriaan Roux, moet nie jou vertroue op hoofstroomleraars plaas vir jou eindbestemming nie. Besoek webtuiste: www.bibleguidance.co.za en jy sal beslis tot ander insigte kom.

Die president moet ’n waterkrisis verklaar? Was vandag in Havana in Katutura gewees. Daar in een straat is twee persone besig om hul motors met ’n tuinslang af te spuit. Die water loop tot daar in die straat af. Ek stap na die een persoon en vra of hy weet dat dit nie toegelaat word nie. Sy antwoord is wat traak dit my. So, as ons almal daardie houding inneem, sal ons maar die gevolge moet dra.

Vandag besef ek die waarheid. Het ook vroeër verwys na die Jehovas. Dit is tog inderdaad Jehova se getuies. Sal so daarna verwys in die toekoms. Jammer.

Persoon wat oor armoede geskryf het en ’n plan het. Jy het my ondersteuning 100%. Nou moet ons net al die mense bereik en begin.

MTC Otjiwarongo, hoe kan julle lekker met mekaar in Afrikaans gesels en as ’n kliënt voor staan, verstaan jy skielik nie Afrikaans nie?

Waarom water skaars word in WHK: Daar is te veel karwasplekke. Net so ook op RHB. Mense het te lui geword om hul karre skoon te maak.

Meeste indien nie alle sosiale euwels of probleme word normaalweg toegeskryf aan min of geen opvoeding en opleiding. Dus, voor ons gaan water ens. bespaar, moet die meeste van ons dan eers opvoeding en opleiding daaroor kry. Nou laat ons asb. begin en oor baie jare mag dit dalk net begin vrugte afwerp. Sterkte!

Dit is so pragtig om te sien hoe die bestuur van Pick n Pay in die BPI House hulweeklikse vergadering met 'n gebed open of afsluit.

Ek wil ook asb. by die NDF gaan werk of ’n NDF-uniform besit, want as jy dit aan het, kan jy by bankrye en winkelrye indruk net soos jy wil. En as iemand jou aanpraat oor dit, kan jy sê jy mag, want jy is in uniform.

Waar moet ek hulp gaan soek oor my suster wat welsyngeld gebruik van die kind en die kind kry nie die geld nie?

Katolieke leiers en gemeenskap! Wat het geword van ons geloof? Die sendingstasies word verkoop en wat word van die kerke, begraafplase en skole? Ons is mos in ’n onafhanklike Namibië. Help die oumense wat sendingstasies opgebou het asb.

Waarom moet die media altyd eerste bedrog, korrupsie en wangedrag by wet en orde “ondersoek” en die nasie inlig? Indien nie, sal daar nooit ooit ’n haan daaroor kraai. Siek om die minste daaroor te sê. – Kain

’n Trotse, gewese student, nou skoolouer van Laerskool Ruimte Rehoboth. Ek’s regtig bly juf. Rose Cloete is terug by die skool. Ons kinders kan weer met gemak die skool bywoon met ’n goeie selfbeeld. Ons het meer sulke onderwysers nodig wat met liefde en waardering met ons kinders werk. Dankie juffrou, ek waardeer jou as ’n ware vreugde vir die skool.

?Ek wil net die dame wat met haar ouma bly op Usakos (Erongosig) sê: Meisie, hou aan so mooi agter haar kyk. Die Here seën jou en ons sal vir jou bid. Al gaan dit nou swaar sal alles regkom my kind.

Keetmanshoop se hospitaal se porters doen nie hulle se werk nie. Staan en pay verniet terwyl security hulle se werk staan en doen. Dag en nag, hulle vat ook lyke af lykhuis toe. Wonder net wat doen porter.

Rehoboth was eens een van die mooiste dorpe in Namibia met sy stofstrate (wat gereeld geskraap is). Dit walg my nou om daar verby te ry om net vullis te sien. Gemeenskap moet saamstaan om skoonmaak­aksies in elke buurt te reël en so doen julle iets as om net te sit en kla.

My opregte dank aan me. Dora van Whk Cash Loan, u is ’n aanwins vir my en kliënte. Dankie vir die beste behandeling. God seën u. – Mr. G

Hiermee hartlike dankie vir uitstekende diens gelewer deur Kia en sy personeel by name Jeff en Francois met die aankoop van my karretjie by Kia. Julle het ’n langtermynkliënt bygekry.

Kan die hoof van die polisie asb. die bevelvoeder van Bethanie maniere leer hoe om met kliënte te praat en hom te stop om minder sy vrou met die polisiekar te vervoer na Kosis en te gaan kuier.

Ons huiswerker werk al 12 jaar vir ons. Ons betaal al die nodige verpligtinge, N$160 p/d, volle verlof, verjaardagbonus en 11% verhoging p/j. Sy verwag egter ook 10% verhoging as sy ’n kind bykry. Sy het 4 en is weer verwagtend met nog nooit enige man in sig nie. As ek met haar daaroor praat, raak dit ’n tradisionele en kulturele tameletjie. Enige raad dalk van ’n leser? – Esmé

Waar is Cheryl-Ann (Leukes) Diergaardt. Skakel my asseblief. – 081 467 6889

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!