SMS'e vir 10 Junie 2019
SMS'e vir 10 Junie 2019

SMS'e vir 10 Junie 2019

". . . 'n goeie ding."
Mandy Rittmann
Verkoop met ’n geruste hart Erindi aan die Mexikaanse persoon, of wil die owerhede hê Erindi moet later so tot niet gaan soos Hardap en die Etoshapanne. As die Chinese dit koop, sal hulle al die pragtige wild doodmaak. Die wildparke is tog so verwaarloos.

Ek dink die 2% ondersteuning vir boere is ’n goeie ding. Om alle skenkings na ’n rekening by Agra te laat gaan, is ook goed, maar die regering moet ook sy kant bring deur skenkers die 2% van hulle belasting te laat aftrek. Verder mag die regering ook nie hierdie skenkings as ’n besigheid of ’n inkomste sien nie, om dan 15% van dit te VAT nie.

Katrina, hoe sê hulle in Afrikaans: “Waar daar ’n rokie is, is daar ’n vuurtjie?”

City of Windhoek seems to be running out of regular paying soft targets to sponsor their easy lives. Three years ago my water was cut off with my account being 30 days overdue at a time when they already suffered a 300 million backlog. These economic saboteurs need to be publicly shamed even if only to prove to the nation that City of Windhoek is not part of a bigger plot. 400 million means that a lot of people were looking the other way. On whose instructions?

Government says it still needs double the 468 million they need for drought relief? That’s easy. Government get your priorities right and scrap your rediculous squandering on luxury Swapo headquarters and use it where its needed. As simple as that! Please realise that all your luxury buildings have not and will not improve the work or service delivery and that is sad!

Tydens die ou bedeling was die gebruik van staatsvoertuie oor naweke en vakansiedae verbode en elke voertuig het ’n logbook gehad waarin alle ritte aangeteken moes word. Deesdae word GRN-voertuie oor naweke en saans na werk as taxi's gebruik. Oom Calle en sy vrinne moet die gebruik deur amptenare stopsit, sodoende kan hulle miljoene in ’n jaar spaar.

Baie mense het te veel eiendom en dan is daar nie vir die anders nie. Daar is weer wat besighede en plase het en nog vir ’n firma of die regering werk. Is dit demokrasie of gulsigheid? Die droogte sal ons seker bietjie laat dink.

This morning at rush hour in Swakopmund there were people jumping into the streets at robots and crossings to collect money for blankets and asking whether you want to take out insurance, handing out pens. This is so dangerous and holding up traffic at rush hour! And selling insurance? Causing traffic jams to fill out forms or what?

Katrina, hou op en bieg net. Dis laat.

Koerant lees “Polisiereservis in hof vir poging tot moord”. Gevalle soos die wat net plek soek om te gebeur, is lankal voorspel. Die cowboys en baasspeurders in Nampol se reservisgeledere bestuur mos vir Nampol. – PO

Die dorperskaap ook bekend as die wit goud van Namibië is besig om sy glans te verloor as gevolg van swak pryse binnelands. Red die renoster is ‘n bekende slagspreuk. Ek voeg nog ‘n slagspreuk by: Red die dorperskaap!

Money is deducted from us and paid over to NAMFISA. Can NAMFISA explain exactly what it is that they do for the citizens of Namibia that we need to pay for?

Ontsteld van Okahandja: Asb., help in die hoofstraat van Blikkiesdorp met ongelukke weens geen stopstrate. Ons verloor lewens en asb. 24/7 se sekuriteitkar jaag in illegal. Asb., ons het klaar broers en susters verloor. Stoptekens asb.!

Die hoofspietkop oor honderd van Windhoek munisipaliteit verdien 153 000 pm en die arme CEO van die munisipaliteit bietjie baie meer. Maar die munsipaliteit is bankrot. Die CEO van Eskom in SA verdien net 976 000 pm. Maar Eskom is ook bankrot. Wanneer besef ons dit gaan altyd oor power en oor niks anders nie. – SAP&H

Jare gelede, toe ons grondpaaie nog rybaar was, kom toer Charlise Theron in Namibië. Toe het Agra nog nie Auas Valley se parkering verander nie. ‘n Dubbelkajuit Landcruiser met registrasienommer C. Theron kom die bult afgery. Iemand agter my sê sy kon darem ‘n mooier chauffeur gekry het. Dit was Chris Theron met sy ryding. – Johan

Die president met al sy ministers moet liewers bedank, want hulle het ons land in ‘n gemors gedompel. Sies, wat ‘n skande.

In SA betaal ou mense bo 65 wat nie ‘n besigheid het nie en net van hulle pensioen lewe geen belasting nie, maar in Namibië moet jy betaal dat hulle, die fat cats, in luxury kan lewe. Wat ‘n gemors.

Minister Schlettwein, daar was nie Namibiese tenderaars wat gekwalifiseer het vir die opgradering van julle kantore nie? Wie het hierdie dinge gedoen voordat die Chinese ons land beset het?

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!