SMS'e vir 10 Junie 2021
"... elke ou se keuse ..."
Hoe lê iemand al 5 jaar in ’n lykshuis? Daar moet tog sekerlik ’n afsnydatum wees! Verder, die pandemie is al ’n jaar en ’n half aan die gang, maar die twee staatshospitale het nie genoeg suurstof nie? Nou het ek alles gehoor!
Ag regtig. Moenie die inwoners wil skuld gee oor die oorvol hospitale nie, en mense probeer dwing vir inentings nie. Kan ons as publiek ook weet watse bestanddele elke entstof bevat en wat is die kort en langtermyn newe-effekte wat veroorsaak word deur die entstowwe. Dis seker ons reg om die inligting ook te weet. Orals waar jy medisyne koop, is daar ’n pamflet by wat inligting verskaf rakende die soort medikasie.
Government has not yet realised that the use of Ivermectin is crucial in the treatment of Covid as well as in the prevention and so is hydroxchlorouin. Give it and you will prevent most deaths. Give it to everybody for six weeks and Covid wards will be empty. You and the corrupt WHO should be held criminally responsible. I see Fauci’s days are probably numbered. Time for the fossils to leave forever.
Hallo Willem! Ek het biologie in std. 8 gedop en ek is ’n conspiracy theorist en ek het die virus gehad en herstel daarvan, net soos 171 miljoen ander oor die wêreld heen en jy is reg, dis elke ou se keuse of hy ingeënt wil word of nie. Groete. – E
Die skorsery en uitsetting van LPM was gedoen met voorberade gedagte, om die weg te baan vir ’n spoedige genocide deal met Duitsland, asook om in afwesigheid van LPM die Duitse beampte te ontvang in ons parlement met sy besoek om namens Duitsland verskoning te vra by die Swapo-regering vir wandade gepleeg destyds teen Namas en Herero-mense. Wyl die regmatige eienaars en volksverteenwoordigers deur die geldgierige, korrupte Swapo-regering uitgesluit word, om hul tentakels van magsug en geldvrot in te slaan, om dit ook te misbruik soos hul 31 jaar lange bewind van wanbestuur eie aan Swapo-styl.
Darem tragies waar die regerende Swapo-party se prioriteite lê. Bou ’n afgryslike groot gebou oorkant ’n staatshospitaal wat in verval is, nou moet Shangula sy gesag in terme van die wet afdwing vir groter samewerking met private gesondheidsentrums. Soos gebruiklik, is die regerende party maar weereens gevang met hul broek op die knie en moet die privaatsektor tot die redding kom. Viva Harambee!
Covid of nie Covid nie. Die skoolkalender moet aangepas word sodat die kinders ten minste gedurende die koue Juniemaand by die huis kan wees. Dit gee hulle gestelletjies kans om aan die skielik koue gewoond te raak. Toekomstige beplanning.
As julle (GRN) verlede jaar daardie veld-Covid-fasiliteit neffens Lady Pohamba opgerig het, sou julle nie nou so rond geskarrel het nie. Maar nee, julle weet altyd van beter!
Wat nou land of the brave? Al weer ’n ouer mens vermoor! Die keer in Henties. Wanneer gaan ons president iets positief daarteen doen? Ons betaal hom wragtigwaar genoeg om sy job te doen, of hoe redeneer ek nou?
Geluk aan ons blitstweeling Mboma en Masilingi met hul puik vertonings en veral nou sopas oorsee. Die waarde van die privaatsektor, trustfondse en privaatborge is weereens onteenseglik bewys. Daar is baie sportsoort wat baat vind hierby. Ongelukkig is die ministerie van sport, die Sportkommissie en sommige nasionale sportbeheerliggame soms slegs fasiliteerders, en ander kere ’n meulsteen om die nek van atlete en klubs met min tot geringe ontwikkeling van atlete. - Robbie Thompson
Ek is baie teleurgesteld hoe hierdie verkinsing uitgedraai het. Mense wat vir jare op die agtergrond was, tree nou skielik op die voorgrond. Wat van ons wat die kantoor vir jare beman het, wat onder moeilike omstandighede voortgegaan het, sonder finansies. Onwettig volgens die Vaderlike Wet van 1974 wat herroep was met 1972 dat nominasies uit die gemeemskap moet kom. Oudstes, ek weet nie waar kom dit vandaan.
Nou wanneer praat ons van 'n minimumloon vir werkloses en werkers wat deur Covid-19 of deur Fishrot hul werk verloor het en die BIG (basic income grant)?
Ons soek help by die onderhoudafdeling. Die persoon wat daar werk, bly nie altyd by sy werk nie. Wie kan ons help asseblief? Gobabis onderhoud.
CoW, jul poging om onkruid op sypaadjies af te sny en dan net so te laat lê om deur die wind afgevoer te word, is pateties. Al ooit gehoor van onkruiddoder? Waar jul lekplekke herstel, word daar nou nie eens ’n poging aangewend om pavers terug te plaas. Eienaar wat trots is op sy woonhuis se aangesig en pavers ten duurste laat lê, moet nou maar weer opdok! Nuwe robotte aangebring by die St. Paul's-kruising ook alweer vir hoe lank buite werking. Kry jul prioriteite in orde asseblief.
Asem stoom in deur jou neus en mond vir 5 minute, twee maal op ’n dag en hou jou gestel sterk met sink en genoeg vitamiene!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie