SMS'e vir 10 Oktober 2017
SMS'e vir 10 Oktober 2017

SMS'e vir 10 Oktober 2017

“...waarhede stadig maar seker.”
Mandy Rittmann
Die munisipaliteit het beslis nie gedink toe daar besluit is dat hulle water- en ligterekeninge nie meer by NamPost betaal kan word nie. Ons oumense gaan trek ons pensioen by NamPost en betaal dan sommer ook dieselfde tyd jou munisipale rekening daar. Nou moet ons twee keer taxi vat en weer nog geld betaal na 'n ander plek toe! Dit kan mos nie so werk nie? - Helena Trédoux



Daar kom die waarhede stadig maar seker. ACC moet nou sokkies optrek. Ombudsman ook. Die nasie raak nou langoor. Swartbooi het gepraat. Nou praat Yvonne Boois. En hoeveel van die hooggeplaastes is nog in die gras? Ah ta taaa!



Die regering is veronderstel om ons van integriteit en waardes te leer en nie rykdomskepping, want aardse goed maak dat ons net meer korrup raak. Asseblief, meeste van ons ken armoede, maar soek nie wêreldse rykdom nie.



Ashrafi steel na bewering geld en pleeg glo bedrog by Air Namibia, maar hy word opgehemel deur Nakawa. Ek het beslis geen respek vir persone soos hy nie! Ook nie vir bestuur wat sulke gedrag goedpraat nie.



Reaksie op waterpype, “hubbly bubbly-pype”, is te laat. Baie SMS-bydraes oor die onderwerp het eenvoudig op dowe ore geval. Streng maatreëls sal nie 'n verskil maak nie. Geagte minister, betoog vir 'n totale verbod. Dit sal toekomstige, potensiële blootstelling en verslawing verminder. In dié saak staan ons bankvas agter jou!



SJS, die president moet tog nie die fout begaan om Shaningwa onder die vier topleiers te kies nie. Sy doen nie haar werk nie. Sy is onbekwaam en kan nie eens teen Willie Swartz op Rehoboth optree nie. Hoe sal sy hom kan bystaan met die land se sake? Op Katima sloop hulle onwettige huise, maar nee, hier op Rehoboth word onwettige plakkers by die dag meer. Die dorp moet as 'n nedersetting verklaar word. Die dorp is die vuilste. Dorpsraad beteke+n niks vir dorp nie.



Shame on you Mr Ekandjo for your shocking statement “schoolgirls who get pregnant should be burnt like in the old days”. Just shows what quality politicians we have and in general men's opinion that women are inferior. It takes two to tango or perhaps it was rape? Perhaps by a teacher? What about the man? Should he not also be burnt at the stake or is he a hero for his conquest? You make me sick! And now it's just a joke? You are a pathetic specimen of the male species.



Sien Hentiesbaai Total het weer oopgemaak. Hoop nou net Wimpy wat op Swakopmund toegemaak het, skuif nou asseblief Henties toe. - SAP&H

Hi, meneer! Kry u nie skaam om 'n parapleeg op sy af Saterdag te laat werk en hom niks te betaal nie. Klink na 'n boetie-boetie besigheid.



Ja broer, in Namibië, moet dit seker maar miloketer wees soos daardie bordjie aanwys. “Mk” en nie "km" nie. Abotse!



Ja wat! Een steel my All Blacks-vlag van my kar af. Hy of sy het tyd gehad om dit te doen by die Dome. Ek het ook die "securities" mooi gevra om te kyk, want ek het die kar naby die ingang parkeer. Anyway, die Groot Man wat bo is, het jou gesien en hy sal jou eendag daar bo loop vra.



Afrikaans by NBC se Afrikaanse diens verengels darem nou met rasse skrede, so ook die Republikein. Kom ons verander dan maar net ter wille van verandering na Zimbaan vir lees, luister en praat. - SAP&H



Madame Mola! Is dit 'n geldmaakfoefie of wat? Hoeveel geld moet jy per dag speel om ook deel te wees van jou "winning team". Het nie elke dag 50 of 100 om te speel. Of sal ek ooit kwalifiseer in jou "team"?



DTA, ons wil weet waar is die veertien bakkies wat u met belastingbetalers se geld gekoop het?



Ek het 'n pers R5 en 'n groen R10 van Suid-Afrika. Wat kan ek daarmee maak of waar kan ek dit gaan ingee? Ek is in Swakopmund. Dankie.



Your answer on Gen. 1:26 and Gen 4:16 sucks and is untrue. What is your answer then on Gen 6:6 and Gen 3:17?



Die landelike watervoorsiening van Karibib, julle kan maar jul kantore in Karibib toemaak. Daar is mense wat 'n salaris ontvang, maar niemand om 'n telefoon op te tel nie. So word die belastingbetaler se geld gemors. Hoop hulle lewe nog.



Ek wonder of die mense op die lughawe nie agterkom dat geen mens kan uitmaak wat hulle oor die interkom sê nie.

Ons het 'n krisis! Die minister van gesondheid moet dringend na die staatshospitaal op Keetmanshoop kom. Hier heers 'n chaotiese toestand sonder orde, reëls, waardes en geen roeping van die mediese personeel. Dit gaan basies net oor salarisse, oortyd, skinderstories, spog, raak opstandig, kwaad met pasiënte oor enige vrae, hulle skel kronies, suur, kwaad as daar pasiënte inkom of opgeneem moet word. Hulle vlug weg vir ure, die dokters doen dit ook dan verdwyn hulle net, want die pasiënte is 'n oorlas vir hulle. Waarom het hulle 'n beroep gekies waarin hulle nie die mas kan opkom nie? Die verpleërs het geen respek vir vroue. Werk in die aande sonder 'n gekwalifiseerde suster. Voor onafhanklikheid het ons orde geken met respek. TB-pasiënte saam met ander pasiënte in sale. TB-hospitaal? - Hercules



Shoprite Swakopmund, how is it possible that you never saw the water? You should have made a plan long ago. And next time if you want to write to this newspaper, get someone to help you with Afrikaans. I only wrote the letter in English so that you can understand.



Butchery On Wheels, Okahandja. Jul biltong smaak agter die oor. Sowaar!



Meneer die bestuurder van wit Isuzu dubbelkajuit N22063W Sondagoggend. Jy is só doenig op jou selfoon dat jy onwetend oor 'n rooi verkeerslig ry. Sit neer jou verdomde foon en spaar mense se lewens!



Goeie dag. Weereens wou ek tog net verneem het hoekom jy as mens so moet ly? Kom jy by 'n hospitaal kry jy nie die regte behandeling nie. Ek lê al 'n maand in Windhoek, maar kla elke dag van 'n hoofpyn, maar daar word net panado's gegee en jy word nie behandel vir jou siekte waarvoor jy lê nie.



Verneem Joos se operasie was 'n sukses. Sterkte op jou herstel. Bid steeds vir jou.



Hoe is dit moontlik dat net 'n sekere groep motors wen met MTC se kompetisie?



Ja, daar was nog mense op die aarde. Adam en Eva was net die eerste nie die enigste. - Zeus



NBC Afrikaanse radio, kan julle asseblief die doods- en begrafnisreëlings uitsaai onmiddellik na die eenuur nuus. Noem maar telkens die naam van die oorledene in plaas van "hy of sy word oorleef" of die begrafnis vind plaas. Ons vergeet die doodsberigte word gebêre tot 13:30.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!