SMS'e vir 10 Oktober 2018
"Party wil huise hê. . ."
Toerismebedryf in gevaar as gevolg van Hosea Kutako se gemors. Hoekom word die ou lughawegebou nie gebruik vir inkomende vlugte nie? Wonder watse verskoning die Swapo-regering gaan uitdink as internasionale vlugte nie meer mag land nie. Hoeveel mense gaan hul werk verloor? Geingob en sy agterryers slaap rustig voort.
Namibië het nie genoeg grond om vir elkeen sy eie plaas te gee nie. Almal wil nie plase hê nie. Party wil huise hê of besighede. Waar gaan dit stop? Jy kan nie aanhou om voor af te sny en agter aan te las nie. Skep werk, sodat elkeen in sy eie behoeftes kan voorsien. Diens dorpsgrond, sodat daar erwe is om te koop.
Grondkwessie. Die Bybel leer ons tog gee aan die koning wat die koning toekom. Daar is geen aanduiding wie of wat die koning moet wees nie, nog minder wat hom toekom. So wees op alle gebiede bedees en pas die skrif toe. - Kobus Visagie
I was reading the paper this morning, how the police dealt with the GBV accused in Karibib and I said yes, that's proper, provided they did not abuse their powers. But then this seems to be an isolated case because their commander was the alleged victim. My sincere wish is that the police deal with all reported cases in the same way. Then the fading confidence in the police force will be restored.
Ek dink die leser met die 14 hektaar hoef nie bekommerd te wees nie, die president het verwys na individue met groot plase. Daar is jong, opkomende klein boere wie potensiaal wys, maar nie grond het nie. Gee die ou 'n kans, help hom of haar. Op plekke soos Gochas is daar klein boere wie gronde huur by die raad. Hoekom nie so 'n ou onder die vlerk neem en hom of haar help nie? Dis waarvan gepraat word. Wel, as jy dan nou wil deel, hier is my nommer. Bel my. Ek sal so 'n kans met ope arms verwelkom. – 081 141 2621, Gochas-kint
Watse probleem het mense tog met petrolstygings? Ek gooi 200 dollars se petrol in elke Vrydag, of die prys styg of afwaarts gaan, ek gooi 200 elke Vrydag vir baie jare al in. Waaroor gaan die bohaai nou eintlik? - Lammetjie Kriek
CoW, wat gaan aan agter Robert Mugabe elektriese substasie? Straatkinders het die gebou oorgeneem, maak vuur daar binne, snuif gom en "drugs" en was kamma klere? Waar kom die water vandaan? Nie net straatkinders nie, maar groot boemelaars ook. Wanneer word die transformers beskadig? Gaan kyk en maak skoon!
Op die kruising van Robert Mugabe en Sam Nujoma reg onder die oë van ons CoW het 'n klomp straatkinders in 'n gebou agter die substasie ingetrek. Hou hul besig met Patex snuif, klouter in en uit deur 'n oop venster. Dis nie net kinders nie, maar volwassenes ook. Wie betaal die water wat hulle daar sit en mors en watter groot skade gaan daar nog aangerig word? Ergste van als, dit is in die toeriste se oog wat van die lughawe die stad inkom. Nog erger, onder die oë van City of Windhoek. Gaan doen asseblief julle werk en maak skoon daar.
Windhoek Skou is elke jaar al hoe swakker en baie teleurstellend. Ek sal nooit weer gaan nie.
Namibië kan Zambië vertel oor geld leen by China. Wat het gebeur? Asseblief.
Kan oud-Namibiërs wat jare in die RSA bly aansoek doen vir 'n Namibiese ID en dan pensioen trek in Namibië en die RSA?
Dear Inspector of Education. Bloukrans PS. When will you attend to our complaints at both the school and hostel? Even security guards are living with their pets in hostel houses.
Gabis het krag, kerk en winkel. Ons, Groendoring en Dounaib 1 en 2 se gemeenskap val ook onder Gabis-gemeenskap. Ons soek ook krag. Heeeelp ons!
Ons praat dikwels oor die goeie ou dae en ek dink dit was ook so, want ons voorouers was doeners en opreg. Van die polisiepersone tot by die skoonmakers. God wil hê ons moet Sy wil doen en nie net praat nie.
Rugbytoergroep: Interessant nogals. Belhamels word "reward" met 'n toer. Gewone ou klubspelers en beamptes sien week na week hulle gatte en word geskors. Namibië, jou lekker Wit Ding.
Moenie die land se ekonomie die skuld gee vir die swak bywoning van die Windhoekse Skou nie.
Doeane by Ariamsvlei is beslis nie op standaard. Ongeskikte personeel lewer swak diens en die plek is vuil. RSA doeane net die teenoorgestelde.
Hello Rebothers. Ek wonder maar ook net hoekom kla julle so baie. Julle staan in onse pad wat regtig blyplek soek en bereid is om die erwe af te betaal. Julle sal nooit in die verligte eeu erwe verniet kry, so kom ons help vir RTC en koop net die erwe in vrede asseblief. Ons is moeg vir rond huur.
Ons gaan Sondag kerk toe om geestelik gevoed te word, maar wat 'n teleurstelling. Die predikant het seker die hele nag gesit en voorberei hoe om die mense te vertel hoe treurig hulle is, omdat hulle die Saterdag nie opgedaag het nie by 'n byeenkoms. Dit raak nou 'n gewoonte, want dit het al baie kere gebeur. Pas net op. Niemand is onvervangbaar nie. Die gemeente is die wat brood op jou tafel sit.
Ek tog op soek na raad. My ouers verhuur hulle huis in Rehoboth vanaf Januarie die jaar, maar hulle het net betaling ontvang vir twee maande. Huurder betaal nie, maar nou moet my ouers wat pensioenarisse is 'n prokureur kry om die huurder uit te sit. Wat staan ons te doen?
Goeie môre, Namibië. Ons het motorsleutels en posbussleutels en nog ander sleutels by Metro Hyper, Klein Kuppe se mobiele polisiestasie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie