SMS'e vir 10 September 2019
SMS'e vir 10 September 2019

SMS'e vir 10 September 2019

". . . het ons verkeerd gestem?"
Mandy Rittmann
Minister Kameeta, is dit omdat die konferensie by ’n hotel plaasgevind het dat jy sulke onsin kwytgeraak het? Dit is die grap van die jaar dat ons teen 2025 armoede in die land gaan uitwis. Nie in die volgende 100 jaar sal jy of enigiemand anders dit regkry nie. Vyftig persent van armoede en werkloosheid bestaan uit mense wat nie wil werk nie.

My wêreld! Net nou die dag braak almal gal oor die internasionale strafhof en gaan tekere oor watse sleg ding dit is en dat Namibië moet onttrek daarvan. En nou? Nou hol hulle vinnig soontoe om ’n klag te lê! Regtig? Het hulle weer oornag goed geword? Wat ’n sirkus!

Hoekom kan City of Windhoek nie ook ’n verwelkomingsmuur by die stad se ingang, byvoorbeeld buite Cimbebasia opsit nie? Ook mooi skoonmaak en iets plant daar. Dit steek af by die ander dorpe. CoW se salarisse vat seker daardie cut van ontwikkeling ook.

Suid-Afrika is ’n baie groot land met 4 provinsies. Elke provinsie moet ’n prime minister kry, dalk kan hul orde handhaaf om die president te help. Voor daardie mense die wêreld omkeer. Voorkoming is beter as genesing.

Hoekom hardloop jy weg vir die polisie of weermag as jy niks het om weg te steek nie?

Die Robert Mugabe-straatnaam moet verwyder word en in ’n rubbish bin gesmyt word, want hy het duisende mense se lewens verwoes.

Nog ’n diktator van Afrika, Robert Mugabe, het gegroet. Totsiens. – Johan

Tien uit tien vir Karin Eloff in verband met haar mammagroepie-rubriek. Ek wonder altyd of klein Annie se mamma dan nou nie haar eie naam en identiteit het nie en dan praat ons nie eens van die lekker daggie ontvangsdames by besighede nie. Uiters irriterend.

Joos Platt. Dankie vir jou bydrae op FB oor geweld en die alewige beskuldiging van die vorige bedeling. Dankie dat jy dit duidelik gestel het en dat jy nie stilbly vir alles wat voor die vorige bedeling se deur gelê word nie. Dankie dat jy dit duidelik stel dat elke oortreder ongeag ras of kultuur vervolg was vir enige vorm van menseregteskending.

Groot-Aub het nie krag vanaf 7 elke Sondag tot 10 uur nie, en water van Vrydag tot Sondag nie. Die wat kerk toe gaan of begrafnis hou, moet vir hulle self sorg. Wat het ons gesondig in Oshakati-lokasie? Baie het vir Swapo gestem, wat die regering aan die gang hou. Is ons derderangse inwoners of het ons verkeerd gestem?

Ai tog! Waarom moet ons kop krap oor moordenaars, verkragters en kwaaddoeners? Maak Robbeneiland groot en hou hulle daar vir lewenslank. Ek dink ons sal rus. Wie is hulle? Die beste president was ook daar. Hulle moet een keer per dag kos kry. Dit is die beste. Lekker lewe wêreld!

Booswig van Asblomstraat, Donkerhoek, Khomasdal gooi menslike ontlasting in ’n plastieksak voor my deur in straat. Ek moet water gebruik om dit af te was. Hoe kan City Police en munisipaliteit my help?

Jy wat so gelag het oor die SMS van help vir sing. Kan jy darem sing?

Op Visagieplein, by die Bainesinkoopsentrum staan daar nou al vir maande ’n grys motor sonder nommerplate en sonder wiele op klippe geparkeer. Dit is ’n dolk in die oog en lyk glad nie goed nie. Dit is ’n verleentheid vir almal wat hier kom. Kan die owerhede asseblief aandag gee aan die probleem, sodat die motor hier verwyder word.

Ek het nie inligting of weet nie van die vorige SME’e nie, maar lees die redakteur se antwoord op die rugbywêreldbekergroep se SMS. Net daarna word die 7’s-afrigter afgekraak, op dieselfde SMS-blad. Ons ken Blou Bollie van 1980 af. Dis nuus. Oor die hele wêreld skryf koerante, TV en Facebook kommentaar op hulle nasionale spanne. Slaap ’n haas. Moet.

Baie dankie aan Damien van FNB Swakopmund vir jou vriendelikheid en hulpvaardigheid. Jy is ’n aanwins vir die bank. Dit is voorwaar deesdae ’n plesier om bank toe te gaan met die wete dat so ’n bekwame personeellid altyd bereid is om te help.Aan Stanford Plaatjies van Bank Windhoek, Grootfontein-tak. Jy is die beste. Altyd behulpsaam en vriendelik. Hoop jou bestuurders sien die SMS. Hou so aan. – Wilfred

Raad teen voete wat brand: as ek by die huis kom trek ek skoene uit en loop kaalvoet op die koue vloer, wat dadelik verligting bring. Laat aand neem ek ’n skottel met koue water en hou die voet(e) so lank daarin tot dit voel die voete is koud tot op die been. Voor ek in die bed klim, weer koue water oor die voete. Dit genees nie, maar bring verligting en ek slaap goed. Moenie voete met kombers toemaak nie, dit help die brand aan. Probeer dit, dit werk vir my.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!