SMS'e vir 11 April 2017
“...ultra-modern en van topwêreldklas...”
Genl. Sebastian Ndeitunga maak darem maar mooi beloftes deur te sê hy sal van lui polisiemanne ontslae raak. Ek hoop hy hou sy woord, dit sal fantasties wees!
Dit het tyd geword dat die vragmotors 18:00 van die hoofpaaie moet wees, en so ook eers die volgende oggend om 07:30 weer begin. Tweedens moet daar gekyk word na meer sigbaarheid van verkeerspolisie. Jy gewaar die afgelope tyd geen verkeerspolisie op ons paaie veral na die kusdorpe. Ongelukke en sterftes op ons paaie neem net meer toe. Wat gaan gedoen word? Werf asseblief alle oudverkeersmanne en julle gaan sien wat gaan gebeur.
Wat gaan aan dat daar so baie ongelukke op die pad is? Dit kan tog nie wees dat Namibiërs so dom kan wees om onverskillig te ry nie? Is dit regtig so eenvoudig soos dat mense te vinnig ry en dronk bestuur? Indien wel, het ons nasie ’n baie groot probleem en moet daar dalk sommer nog baie meer padblokkades wees.
"Geingos belowe boedel aan weerloses": Baie dankie vir die mooi gebaar.
Ek merk op dat baie nuutgeboude woonstelle in Okahandja leeg staan. Die woonstelle is ook baie klein en duur. Het die aanvraag nie dalk afgeneem nie, want dis dieselfde pryse as in Windhoek.
Meneer wit wat sê, stem weer vir Swapo wat belowe en nie doen nie. Ek is ’n swart Namibian, ek het jou vergewe, maar nie vergeet nie. Ek lewe nou in vrede sonder vrees, moenie krap waar dit nie jeuk nie.
To the previous president and spouse of the United States of America, I really thank both of you for the contribution you made to the Namibian Health Administration. That's wonderful. Only one mistake you did you should have given that contribution to a private law firm, then it would reach its true destination. Now you can’t be sure if it ever reaches its true destination. I hardly believe if the full amount will be used for health purposes. A lot will travel to pockets, mark my words, thanks.
Windhoek sentrale hospitaal was spiekeries verlede week toe pres. George W. Bush besoek afgelê het. Kan dit nie altyd so skoon wees nie? Tog was daar op die vyfde vloer nie genoeg beddens vir die pasiënte nie. ’n Man het in die gang op ’n kaal matras gelê en ’n familie wat ver vanaf die Zambezistreek gereis het, is gesê “jammer, julle moet maar wag tot hier plek oop is”. Daar is beslis ’n verbetering te bespeur. Die teater is ultra-modern en van topwêreldklas.
Windhoek Sentrale Hospitaal ontvangs pateties. Jy kan nie gaan terwyl jou aflos nie aan diens is nie. Armige pasiënte moet sit en wag, van 2 uur af.
If someone knows, please assist me with contact details of the One Economy Foundation of First Lady Monica Geingos.
Die Rynse Kerk se amptenare in Rehoboth is geseënde mense, kry 100 erwe teen N$7,00 per vier kante meter, Mini Building Supplies klaar opgerig, Sandplaas is klaar gekoop. Alles verloop seepglad, plan en plot N$750 000. Waar beland die behoeftiges? Hoed my lammers, wei my skape?
Een ding vra ek van die direkteur van onderwys van die Hardapstreek: Oorweeg dit ernstig om vir u skoolhoofde ’n slypskool te hou oor professionele gedrag en goeie menseverhoudinge met kollegas en skoonmakers en veral met ouers wat die skool besoek. Sommige skoolhoofde weet nie dat hulle ’n mens bitter seermaak met hul lelike maniere en magsbeheptheid nie.
Die beste nog. Saterdag 8 April 06:38. Op Landbou-mikrofoon word veilingdatums van Februarie deurgegee. Die hele NBC is agter die klip.
CoW: twintig beamptes wat heeldag werk is tog seker beter as twee honderd wat heeldag op kantoor sit? Of beboet julle te veel die taxi's van die grootbase?
Petuniastraat, ek lees met gevoel oor jul probleem. Ek stel voor nader vir Joos Platt. Hy het al baie gehelp in sy private hoedanigheid om dwelms stop te sit. Hy nader die smokkelaars met ’n altimatum. Glo my dit werk. Dit het in my omgewing gehelp.
Die universele gebed vir vrede. So lei die gebed: (al)(mag)(tige) in die naam van God die Vader God die Seun en God die Heilige gees mag en krag deur die gesalfde die gees van die Here is op ons die Here het ons self gesalf om vrede op die aarde te bring, om te heers gees en natuur tot in ewigheid, eer jou vader en jou moeder en jy sal voorspoedig wees tot in lengte van dae. Laat die genade en liefde wat u vir ons en ons kinders het met ons bly tot in ewigheid. Amen.
Ek wil net dank en waardering uitspreek aan die persoon in beheer en almal rond en onder hom wat die Khomasdalbegraafplaas so netjies hou. Daai is nou ’n riem onder die hart. Hou so aan my mense. En net so aan Betlehem Spokiesdorp en Vergenoeg se mense wat rondom bly, julle weet waar lê respek, trots op julle.
Ek het laasjaar vir kinders aansoek gedoen by Gender, in 2016 Augustus, maar nog niks gehoor en geen betaling ontvang nie.
Hallo, los tog asseblief die NRU se bestuur en die afrigters uit, veral die jong manne wat sulke goeie resultate lewer en goeie werk doen. Julle ou manne was dan ook daar en het dieselfde werk gedoen. Waaroor nou jaloers wees, omdat die jong manne beter werk as julle ou manne lewer. Ne?
Nuwe NamWater-raad, verbind asseblief alle damme met ’n pyplyn in Namibië sodat ons in tye van droogte water kan pomp waar dit nodig is. Bou nog damme! - ACMC
Groot private werkgewers, na een en dertig werksdae kry die arme werkers net N$700 uit na N$1 100 salaris. En as die werkers steel weens armoede, moet die arme werker nog tronk toe gaan. Asseblief, asseblief President Hage, praat met die werkersvakbonde. Ou mense word nog beter salarisse betaal.
Dis baie goed dat die AA vrouens leer hoe om bande om te ruil en so aan, maar moet dit nie sommer op skool reeds aan kinders (seuns en dogters) geleer word nie? Skool is tog veronderstel om jou toe te rus vir die regte lewe? Dan maak dit net sin dat daar iets is soos ’n klas waarin die kinders alles van karre en padveiligheid leer.
Die Gupta-sage in Saxonwold, Johannesburg, raak nou baie snaaks. Ek hoop iemand neem notas, want hierdie is meer vermaaklik as die sepies op TV. Miskien moet iemand ’n "movie" hiervan maak. Mens hoef nie eers ’n klomp nonsens uit te dink nie – dit staan elke dag in die koerante!
Jy wat so kla oor kleuterskole in Rehoboth: Is jy jaloers, hoekom doen jy dit ook nie? Lyk my jy sit en kyk rond vir skinder. Doen iets en hou jou met jou eie dinge besig. Ek is van Windhoek.
Aan die persoon wat sulke onnosele dinge kwyt raak en dink dis snaaks, of ek verstaan regtig nie wat hy dink nie Namchin /Jack Huang dink eerder aan oplossing as jy nou wil dink.
Nampol kan net hul eie hekke oppas tydens spitsverkeer en basta met die res. Byvoordeel wat grens aan korrupsie!
NRU, as julle nie dissipline op klubvlak kan of wil afdwing nie, gaan kyk ons ook nie eersdaags rugby op die stadion nie.
Ons kry ook swaar in Grootfontein, daar is nie werk nie, ons gaan dood van die honger.
Soek dringend raad vir fyn spatare. Groot asseblief.
Suidooster: Ai my liewe ouma, dis net ’n sepie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie