SMS'e vir 11 April 2019
SMS'e vir 11 April 2019

SMS'e vir 11 April 2019

". . . diere kan nie praat . . ."
Mandy Rittmann
Met skok verneem ek van my vriend, Fanie Pienaar van Hochfeld, se vroegtydige reis oor die groot rivier op Dinsdag die 9de Maart. Baie sterkte vir sy vrou, hul twee kinders en familie vir die pad voorentoe. - Ollie Joubert

Rehoboth drowns in debt: Namwater 20 million, Nampower 99.6 million! Easy to solve, cut everybody off till they have paid, especially government institutions! Thats normal procedure!Ek skaam my dood vir beamptes van Karasburg se polisiestasie. Mense, julle werk tog met die publiek, wees tog beleefd en groet ten minste. Ons kerkgemeenskap probeer uitreik na die gevangenes. Sommige gevangenes is glo skaam vir die mense wat kom besoek aflê. Maar hulle was nie skaam vir hul dade nie? Mense, julle wil hê dat mense julle respekteer, nou begin deur te groet ten minste. Dit kos niks.Stem saam! Hoekom het ons ’n probleem met die McLaren-sirkus, maar o aarde, kyk na ons huisdiere, die honde wat so maer is en katte wat nie reggemaak word nie. Diere kan nie praat nie, maar as hulle kon, sal baie Namibiërs hulle skaam dat hulle nie regtig omgee nie, soos hierdie anti-sirkusmense ons wil probeer oortuig.

Namibiese hoender is net water. Die ingevoerde hoender is goedkoper en lekkerder.

Namibië se Welwitschias 8, Argentinië 0.20 64. Namibië Welwitschias het ’n baie goeie span in die veld gestoot. Is dit die resultate van die “high performance”-program wat die spelers volg? Ek het regtig baie meer van die span verwag. Phil Davies, die nasionale rugby-afrigter en direkteur van rugby en sy ondersteuningspan, het ’n struktuur op die been gebring om klubrugby in die land te versterk volgens koerantberigte. Volgens my is dit te laat. Die Rugby World Cup is in September en Davies wil nou eers die klubs en afrigters betrokke maak. Dis ’n grap. Nasionale spelers mag nie eers in klubwedstryde speel nie. Nog ’n grap. Wil ons nasionale rugbyspan dan altyd ’n grapspan wees; verloor teen ’n o.20-span. Duidelik werk Davies se afrigtingmetodes nie vir Namibië nie. Ons as rugbypubliek is moeg van die storietjies wat jy in die Republikein praat. Na elke wedstryd het jy verskonings. Die rugbypubliek wil vir ’n slag sien dit werk. Hou ook op om te sê die telling is nie van belang nie. In Namibië verseker ek jou dis van belang. Ons Namibiërs is wenners en hou nie van verloor nie.

Tannie, my kinders het al hul eie kinders wat almal opgevoed en entertain word. Jy maak nie sin met alles wil uitbuit en die land laat agteruit boer nie. Het jy al met die slaghuisboikot begin? Geniet jy jou vleisie?

Ek is bly die mense kom gee die honde by julle kos. Jy wat swaar kry en wonder hoekom niemand jou kos gee nie, die honde en diere kan nie praat as hulle honger is nie. Hoekom het julle honde as julle nie vir julself en julle honde kan kos gee nie? Dis dieremishandeling en julle wil nie toelaat dat die sirkus hierheen kom nie, oor presies dieselfde rede. Gaan werk en koop asseblief kos vir jou en jou diere.

Maak vir my president en ek sal met drie dinge begin en implementeer. Doodstraf vir moord en verkragting. Motorongelukke - skuldig of onskuldig - vat af lisensie en hertoets altwee drywers. Mense bo 60 jaar oud betaal geen belasting. Die ander goed sal daarna volg. Daar sal genoeg tyd wees om aan ander belangrike sake aandag te gee.

NSC - sport: It is rumoured that the current NSC chairperson, Joël Matheus will be among the new Commissioners to be sworn in during June 2019. Is he a proxy of the minister or is it about the NSC's TARTAN Sports Company, where he is the chairperson, shareholder and director? Something is cooking!

Aan die bestuurder van die groot, wit kar wat vanoggend 10 April 2019 ongeveer 10:00 voormiddag so vinnig met Kuisebstraat, Eros afgekom het dat jy ’n onskuldige dassie getref het en nie eens stilgehou het nie. God het ook gesien hoe jy Sy pragtige skepping vernietig.

Julle Hartkloppers, dankie vir wêreldbeker in Afrikaans, alhoewel laat, dit was puik.

Bestuurders by privaat maatskappye. Hou op werkers boelie! Gee die mense hul geld, jy werk ook net soos hulle.

Op soek na Paulina Slinger, gebore 7 Julie 1986, woonagtig op Okahandja. Kontak asseblief 081 450 8705.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!