SMS'e vir 11 Januarie 2021
"...alles verniel."
Waarom, waarom word ons bome in die Noorde so afgekap deur die Chinese? Moet ons alles verniel? Moet ons alles prysgee vir geld? Besef die regering wat se skade ons aan ons self en ons natuur doen om die bome so af te kap? Dis waar ons suurstof vandaan kom. Kan en wil ons nie die mooi in die natuur sien nie.
Ek was nogal ’n ondersteuner van pres. Donald Trump, maar dit lyk of hy sy varkies nou finaal verloor het.
LPM moes lankal gewen het. Kyk hoe mooi reën kry ons, veral in die Suide.
Seën dankie. Hemelruim grys en swaar. Windverwaai, reën is daar. Dankbaar op my knieë, Heer. Dankbaar vir reën, O Heer. Veld was geel en droog. Kraal was leeg en krip leeg. Windpomp se gehuil. Daar is water inni kuil. Geseënd en dankbaar, Heer. Sluise oop, aan U die eer. Vlaktes groen vir die oog. Nat, ja nat nie droog. Vrede en vreugde my Heer. Dankbare druppels stort neer. Sluise is oop en damme vol. Amen, ja amen, emmersvol. - Mogamat Salie Saban
Ek het 9 Oktober 2020, 60 geword. Ek het vir die government gewerk. Ek wil net weet wanneer betaal hulle verlofdaegeld uit. Vra tog vir HR.
Ek wil net baie dankie sê vir Cst E D Makena en Sgt Hamutenya van Rosh Pinah wat my oorbelle aan my terugbesorg het na 9 jaar wat dit by die polisiekantoor gelê het. Ons wens ons het meer sulke polisiemense gehad wat so eerlik is. - Magda Grobler
Ons wil net baie, baie dankie sê vir Angelo, die baas van Metro in Mariental, wat voor Kersfees vir ons uit sy eie sak uit chips en lekkers geskenk het, wat ons vir die kindertjies hier in Gibeon kon gee op Oukersaand. Ons waardeer dit uit die diepte van ons harte uit. - Magda Grobler van Gibeon
Probeer luister vanoggend NBC Hartklop. Iemand is, neem ek aan, oorlede en alle verrigtinge word uitgesaai in een of ander taal wat nie engels is nie. Vir ’n land wat sy ampelike taal Engels is, is dit ’n skreiende skande om die minste te sê! - Paul de Smith

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie