SMS'e vir 11 Julie 2018
SMS'e vir 11 Julie 2018

SMS'e vir 11 Julie 2018

"...is so belaglik,"
Mandy Rittmann
As jy nie jagfoto's wil sien nie, moet jy maar jou vleistande trek. Geen biltong, droëwors of lekker steaks is beskikbaar sonder dat 'n dier sy lewe gee nie. Het jy al gesien hoe angsbevange is beeste by 'n slagpale, of hoe word hoenders hanteer wanneer hulle geslag word? Dan is 'n doodskoot uit 'n jaggeweer eintlik 'n genadige dood. Laat die foto's toe of hou op smul aan tjoppies en ander vleisprodukte. - ACMC



Ons het 'n pionier in onderwys verloor, Otillie Abrahams. Kan ons die eer wat haar toekom gee en die straat van Jacob Marengo skool na haar vernoem? - Charlotte Muundjua



Hoe wil Windhoek se stadsvaders en die gesondheidsministerie die hepatitis E-epidemie bekamp as daar niks teen die steel en vandalisme van sanitêre infrastruktuur gedoen word nie? Hierdie gewetenlose kriminele hoort agter tralies, want hulle stel hulle eie mense se lewens in gevaar. Hoe laag kan 'n mens daal?



Die hofuitspraak van die Avid-saak is so belaglik mens kan skoon hande klap en lag. Al die vonnisse is met die gesteelde geld betaal. Hoe gerieflik? En word kastig 17 jaar gestraf. Die regsbank is 'n skande vir die Namibiese volk. Sies, sies. Skaam my dood.



Ek vra maar net. Hoeveel mense moet nog met aansteeklike virusse besmet word voordat ons wakker word? By 'n hospitaal aan die kus sien ek die waterbottel (fontein) met een glas om uit te drink, en daar is nog kerke wat nog een nagmaalbeker gebruik. Pasop! Ons speel met lewens.



Ministry of Health you wanting people to call the swine flue seasonal influenza is just covering up or camouflaging the fact it is swine flue and dangerous, even deadly! Stop hiding such dangerous illnesses like this and hepatitis E etc. that have killed ­people already and do something to stop these ­before they become epidemic. We have a right to know! Also tourists have a right to know the facts before visiting Namibia and being infected.



Genoeg is genoeg. Wil asseblief duidelikheid hê oor die Ghetteo Assessment-projek in Swakopmund. Hoe lank moet ons nog vir die huise wag? Geld word net elke maand afgetrek, maar niks gebeur nie. Wie of waar kan ons gaan? Dit is hoogtyd laat iemand ons meer inligting gee, asseblief.



Sun newspaper: VIP police inspector driving without a licence kills pedestrian and is arrested? What next? Three more fatal accidents where drivers lost control over vehicles (this seems to be an epidemic in Namibia, the common excuse) two of which due to alcohol! One is scared to go on the road. Do something minister of transport. Where are the cops hiding?



Alcohol has killed five people (that we know of) in road accidents over the weekend alone. Where is this going? Minister of Health we demand that the same horror pictures in cigarette packets be put on all alcohol bottles so drinkers can see the consequences. No accident has ever been caused by cigarettes but alcohol is killing 100's of innocent people! Please publish stats of alcohol related accidents in Namibia for the last 10 years as a wake-up call.



Namibia Roads Authority, gee asseblief opleiding aan julle personeel. Hulle is baie “unprofessional”. As jy vir jou leerlinglisensie gaan, lag hulle jou uit omdat jy al vir die 3de keer probeer en verneder jou as mens voor die ander.



Rugby Akademie-week. Dis nog steeds 'n voorreg om daar deel te neem. Soms het 'n mens sulke optrede nodig om jou aarde toe te bring. Hoe lank was 'n sekere deel van ons seuns vir Cravenweek uitgesluit?



Meneer of mevrou wat alle “tow-in” drivers onder een kam trek, kry jou feite agtermekaar. Dit mag jou duur te staan kom. Ek ry ook “tow-in” en was nie eens daar. Sê maar net as jy 'n probleem met my skrywe het. Kontak my direk by 081 284 0609. Moeg om altyd in die spervuur te wees.



First batch of SA medical students returned from Cuba after five years study in Spanish in preventative medicine? How can they be deployed in state hospitals as doctors? They can't become doctors in a year?



Ek is tog op soek na “interlocks” wat u nie gebruik nie, al is dit oud en enige boumateriaal ook. My nommer is 081 615 4642.



Ek is op soek na 'n hok vir 'n baba­papegaai, wat nog in bruikbare toestand is. Groot assseblief kontak Daita by 081 284 2777. Sal dit baie waardeer. Dankie.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer