SMS'e vir 11 Junie 2018
SMS'e vir 11 Junie 2018

SMS'e vir 11 Junie 2018

". . .genoeg tyd daarvoor. . ."
Mandy Rittmann
Annemarie Sainsbury, jou brief oor die toestande in Etosha se kampe is ongelukkig 100% korrek. Dit is ongelukkig ook die geval met alle ander NWR-oorde wat ons al besoek het (Dolomite, Waterberg, Gross Barmen, Hardapdam). Dit het nou ’n beginsel geword dat ons na geen NWR-oord gaan nie. Wanneer ons Etosha wil besoek, bly ons buite die reservaat en geniet selfversorgende dag'"trips" na die park. (Gondwana is ’n baie beter opsie as NWR). Maar ek is hartseer oor die beeld wat internasionale besoekers van Namibië kry as gevolg van die absolute substandaard diens en fasiliteite wat NWR verskaf. - Laetitia Holz (Roos)

Tienerswangerskappe: Gewoonlik die meisie wat die gelag moet betaal! Die mens is nie ’n dier nie. Die kultuur van ’n mens begin daar waar hy hom of haar kan beheer oor sy gevoelens. As jy volwasse is, is daar genoeg tyd daarvoor. - Ouma, Wes-Kaap

The only way to handle the plastic pollution is to stop all plastic bags at shops, like in Europe. If you don’t bring your own shopping bags, push your cart to the car and unload there. People will learn quickly!

Dit is nou ’n feit soos ’n koei. In die twee vorige presidente se termyne het dit baie beter gegaan. Nou val alles letterlik uitmekaar en ons was almal so vol hoop. Sien nie lig aan die einde van die tonnel nie. Wat ’n jammerte.

There is no dentist at Rehoboth State Clinic since December 2017. Where should someone go with teeth problems? Ministry of health should wake-up before people die.

Graag wil ek ’n versoek rig aan die direksie van Cymot Namibia om tog vir Gobabis te oorweeg as een van hul afsetgebiede. Die omgewing het bitter baie potensiaal en binnekort spog ons ook nog met ’n splinternuwe Mall. - Kobus

Baie dankie Charmain van Standard Bank, Maerua Mall vir vinnige en vriendelike diens. Dit word waardeer.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer