SMS'e vir 11 Maart 2020
". . . baie honger kinders . . ."
My aarde! Hoe kan ’n kind ’n groot mens vloek en nog sê hy is ’n hond. Waar het jy grootgeword en dit is ons president. Ag nee man, respekteer jou groot mense asseblief.
Watter soort president het ons met sulke lae standaarde? Geen wonder hy word name genoem nie, maar aan die ander kant, hy weerspieël maar net die land se toestand. Mooi voorbeeld, Hage.
Wonder maar net . . . Moet die media enigsins 'n ou soos "meneer" Michael Amushele se woorde rapporteer, selfs al is dit dan reeds oral in die openbare ruimte? Wat dink ander lesers? Ek wonner wat die "meneer" sal doen as iemand hom 'n moordenaar en dief noem - of, soos hyself gedoen het: veel, veel erger.
Is dit nie ironies nie dat internasionale byeenkomste en gebeure waar groot getalle mense saamdrom, afgestel en gekanselleer word. Dit nogal in die meer ontwikkelde lande, terwyl ons wat nie eers die coronavirus plaaslik kan bevestig nie mense byeen wil lok om onafhanklikheid te vier en daarmee die virus as dit hier is, wat ons ook nie weet nie, maklike kans gee om te versprei?
My verstand te bowe! Kan dit nie oor my hart kry nie dat die government ’n miljoen dollars opsysit net om independence dag te vier, terwyl hier so baie honger kinders in Katatura elke dag loop en smeek vir ’n stukkie brood, want hulle is honger. Praat nie eens van die straatkinders nie. Vuil en verwaarloos op die straat, bedel vir ’n pennie. Daardie geld kan liewer gebruik word om vir die skole toilette te bou daar in die Noorde. Dit is net ’n vermorsing van geld om elke jaar verjaarsdag te vier. Of om eerder hospitale te bou.
Namibië se president se standaarde is so laag (Katutura-hospitaal) dat dit geen wonder is ons land is so vol korrupsie en vervalle nie. Ons Namibiërs verdien beter!
Fuel price down to a US$32 a barrel. Wow! Come on government, start lowering the fuel price for us as public to at least N$5 per liter. Don’t try and fill your empty treasury on our expense please.
Referring to the President's rating of the Katatura hospital. We as a nation must realize Namibia is a so-called Third World Country and therefore we have to lower our standards?
Asseblief mense, die swembad op Keetmanshoop lyk soos ’n plaasdam. Is daar dan nie standaarde waaraan die water moet voldoen nie, want dit is mos tog ’n publieke fasiliteit.
Munisipaliteit van Windoek, is die krematorium nou al in ’n werkende toestand? Indien wel, geluk. Indien nie, is julle ’n disgrace vir die land. Stel jou voor ’n hele land sit sonder ’n krematorium in 2020, omdat ’n paar individue mank gaan aan kennis, vaardigheid en traakmynieagtigheid.
NEEEF. As jong man het my kinders geen kans op werk nie. Hul sal beslis nie by die staat ’n werk kry nie, geen pensioen, geen goedkoop medies. Niks! Nou begin jy maar ’n besigheidjie, sodat jou kinders eendag versorg gaan wees. Jy swoeg en sweet, ploeg elke moontlike sent in die besigheidjie in, min slaap, tye is moeilik en jy hoop die besigheidjie kan môre nog ’n bestaan maak. En nou? Wat nou van my kinders? Moet ek maar my geldjie en die kinders landuit stuur? Is dit hoe dinge gaan wees? Julle ontneem van my reg om myself en my kinders te versorg?
Mnr. Tegniese Afdeling Rehoboth Town Council, mannekrag te min. Bakkie vol manne wat inkopies doen in werkstyd.
Hoe dien jy God en Mammon op een tyd soos Groot-Aub se kerkleiers? Net omdat ons nie bewyse het, kom julle hiermee weg. Maar God ken die saak.
Ek het Saterdag my beursie met al my dokumente en geld in ’n taxi verloor. Indien iemand dit optel, SMS of bel my asseblief. - Frikkie van Wyk, 081 252 0661

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie