SMS'e vir 11 Mei 2016
SMS'e vir 11 Mei 2016

SMS'e vir 11 Mei 2016

Gerine Hoff
Voor jy ’n uitspraak lewer oor Donald Trump van die VSA, vra jouself net eers die vraag: Hoe is dit moontlik dat hy reeds soveel stemme versamel het? – Willie Wetti
?
Eros valley consortium - land size 236 x football field for 36 million? But the poor pay lots for tiny plots? Isn’t it strange that each and every development changes its concept once it gets the land cheap and gets extension after extension for payment and reports? This country is rotten to the core when it comes to corrupt land deals and corrupt profits. Shocking!
?
Cor Bekker, nou moet hulle nog net die volgende woestynolifantkalfie Jacques noem, want ek het dit laas voorgestel. - JB
?
Job Amupanda, are you Swapo now or still AR? Who is instigating land grabbing now, Swapo or AR? How many sides do you want to have your bread buttered? You stay in Swapo for your own comfort but run AR to maintain power and support. Get organised man, we don’t need such leadership in Namibia. Eish!
?
Wil by mede-Namibiërs hoor oor die kommunale grond by Spitzkoppe. Is dit net vir sekere rasse? Jy kry eenvoudig nie grond nie. Die hoofman is daar, maar vir wat? Ek was persoonlik by hom, ek moet my eie grond soek. Het dit gekry, nou vertel die hoofman my ek kan nie die grond kry nie en ek moet ook nie sy tyd mors nie. Mnr. die hoofman, ek sal die saak verder opvat na die minister toe. Dit is nie jou grond nie, maar die regering s’n. Word wakker en kyk hoe word die mieliemeel na Swakopmund gebring. Hulle bly in Swakop en bly nie eens op die grond nie.
?
Ek verstaan nie wat soek klompie MPs en kabinetministers as sprekers by ons /Khaua-feeste in Berseba nie. Ons fees het soos ’n Swapo campaign rally geklink. Kan Bondelswart MP van Gibeon haar ook nie inhou nie? Ons wil verskillende stamleiers hoor praat by tradisionele feeste. Dis genoeg as line Minister van Education, Arts and Culture genooi word. Politieke leiers kan bywoon, maar moet asb. nie kom om die kollig te steel van tradisionele leiers nie. Politieke leiers wil net oral voor op die wa wees. Nee man, dis genoeg!
?
K'hoop privaat dokters, wanneer bou julle vir ons ’n private hospitaal? Asb., maak “Joint Venture” en doen dit. Ons sal dit baie waardeer!
?
Ons gaan gebuk onder ’n watertekort en ons maak ’n waterpark oop by SKW en nou ’n nuwe gholfbaan in Eros? Mag ek dan weer my koi-dam volmaak en my dooie tuin weer lewe gee?
?
“Controlled” ivory and rhino horn trade is nothing else than legalising protected animal hunting under the cover of “funding protection”. Who are you trying to fool? People are not that stupid. And the earnings will line some people’s pockets and never reach conservation. Disgusting, you have no shame. You are destroying our heritage and biggest tourist attraction.
?
Suidemense, vanaf 1990 stem julle vir Swapo en sodra die verkiesing verby is, begin julle kla. Nou weer oor plase. Wanneer wil julle besef dat alles julle eie skuld is? 2020 sal julle weer vir Swapo stem. Julle geniet dit om verneder te word.
?
Dikbril-medici in hoë geboue wêreldwyd stry steeds onder mekaar of dagga verslawend of gewoontevormend is. THC is weer meer ’n gesondheidonderwerp. Almal swyg oor dagga se ontelbare mediese voordele. Wettig dit, dis meer voordelig as ’n krafie wyn saam met jou sondagmaal. – OJ
?
In ons buurland SA staan skole in ligte laaie. Die SA regering en beheerliggame veroordeel dit egter. Brand maar weer en weer af, die 9,5% belastingbetalers sal betaal, maar onthou darem die regering veroordeel die vandalisme. Hello! Waar het jy al ooit van so 'n gekkespul gehoor? – Jan Brand
?
Ons, die oorspronklike grondeienaars, is nou grondloos. Ons wat die destydse koloniale magte sonder hulp van ’n Kuba, Rusland, U.N. en moderne wapentuig aangevat het, is vandag steeds grondloos terwyl Resettlement Ministry Namaland se plase uitdeel aan diegene wat nooit grond verloor het nie. Karas se minerale rykdom, mariene rykdom is vervreem met “One Namibia One Nation” leuens. – Swartmodder
?
Antwoord aan “Jy wat kla”. Ek sal toegesien het dat die sogenaamde skur­ke die selle ten minste skoonmaak of ontsmet as ek daar gewerk het, al moes ek dit ook self gedoen het, bloot omdat ek nie gewoond daaraan is om in urienreuke my werk te doen nie. Ek hoop die boodskap is nou baie duidelik. Baie dankie. Hiermee sluit ek af.
?
Jong meisies, dink tog eers voor julle die ja woord gevra word. Daai ja woord beteken eintlik jou dood. Dit lyk dan nou dis ’n mode om so doodgemaak te word. Dit bring net hartseer en lyding.
?
Ek hoop die Basters het ’n les geleer nadat op julle geskiet is. In die eerste plek erken julle nie die kaptein nie, dis hoekom sulke dinge gebeur. Julle het gestem vir daai dorpsraad, wees tevrede wat met julle gebeur. Oor vyf jaar kan julle weer stem.
?
“Lutheran Voice” verstaan ek as die stem van die Lutherane. Mense word op hierdie blad gevloek. Hoekom? As dit die “Stem van die Lutherane” is, dan moet ons versigtig wees met ons woorde en taalgebruik. Is dit hoe ons probleme wil oplos en ons griewe wil uiter? Baie verkeerd. Spreek die “issues“ aan en moenie mense versleg nie. Op hierdie blad word verkeerde inligting met mekaar gedeel. Wanneer was D.C. Gertze ’n lid van die AME Kerk?
?
Ons wil Elroy Moller alle geluk en seë­ninge toewens met sy nuwe posisie by Gregs Motor Spares. Ons is trots op jou. Alles van die beste. – Tannie, uncle Willa en familie
?
Ons wil al die familie wat tot ouma Maria Basson se verjaardag bygedra het bedank vir hul moeite. As dit nie vir julle was nie, sou dit nie ’n sukses gewees het nie. Baie dankie, waardeer dit baie. Van haar kinders.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!