SMS'e vir 11 Mei 2017
SMS'e vir 11 Mei 2017

SMS'e vir 11 Mei 2017

“...nooi ek alle verwaarloosde siele...”
Mandy Rittmann
"Kavango-water onder loep". Wil net graag weet wat het van die geld geword wat jare gelede al beskikbaar was toe oudpresident Sam Nujoma dit as prioriteit nommer 1 belowe het om water van Kavango na die sentrale gebied te kry? Nou word gekyk en gevra of die verbruiker dit sal kan bekostig?



As boer stem ek met mnr. Utoni ­Nujoma se jongste besluite saam. Hervestiging is nodig, maar om spogplase vir hervestiging af te staan, is malligheid. Private maatskappye asook die vorige eienaars kan die plase baie meer produktief bestuur. En sodoende voedselsekerheid skep en geld in die land se belastingkoffers sit. Moenie na die Ooste kyk nie, Minister. Die Namibiese mense wat die werk kan doen, is reg voor jou. Welgedaan. So sal ons vorentoe boer.



Gochas dorpsraad: dis weer ­tendertyd. Dink aan andere ook, vermy korrupsie.



Stem saam. Gee die Welwitschias 'n kans, maar kan die voorspelers asseblief net groter truie kry?



Welwitschias doen goed? My maat, jy moet gerook wees.



Stem baie beslis saam met skrywer. Kies die hele Unam-span vandag vir wen- en lekker hardlooprugby. Probleem opgelos. Probeer en sien. Van ma.



Menseregteskending by gate van Lubango deur Swapo onder Nujoma - die LWF moet om verskoning vra? Wat van Nujoma/Swapo wat die marteling, moorde, oorlogsmisdade uitgevoer het en dit steeds ontken, verswyg en die LWF en die wêreld mislei het?



At last after many years of inquiries the issue of airport passenger buses (to and from airplanes) has surfaced. There are many elderly/pensioner tourists who would like to use these not only when it rains but it should always be available as a common courtesy to passengers/­tourists. After all, these white elephants cost many millions. Once when I asked about the whereabouts of these ­buses I was told they are in for service. What, when they had never been used?



Ek wil graag reageer op die SMS in u koerant van 5 Mei 2017. Ek wil u inlig dat ek nog steeds as die voorsitter van die Nominasie - en Verkiesingskommissie dien. In terme van die bogenoemde orde is die kommissie verantwoordelik om toesig te hou oor nominasies en verkiesings op kring- en sinodevlakke. Die kring is in terme van die orde verantwoordelik vir nominasies en verkiesings op parogie-/gemeentevlakke. Dit lyk vir my dat u doelbewus die leserspubliek wil mislei of u verstaan nie die konstitusie of N & V orde van die ELKRN nie. Of u was seker te lank uit die sisteem om die verskil te sien. Dit lyk vir my dat u baie sentimenteel teenoor Thaniseb is. Dan sou ek u aanraai om by hom aan te sluit. Laastens ek was nooit deur iemand gebruik nie, word nie gebruik nie en sal nooit toelaat dat iemand my vir hul eie doeleindes gebruik nie. - G P Dax



Kragtige boodskap: Creations are not for sale wat 9 Mei 2017 deur Diakon Kheibeb in die Macedonia Parish gelewer is. O ja! En ons pastore mag maar dans. Ons vier die 500ste verjaarsdag van die Lutherse Kerk. Heil Martin Luther! God is Great!



Die huidige kerk is 'n babelse verwarring, politiek, bedrog, korrupsie, geldmaakskemas - alles in Sy naam. Jy mag Sy naam nie misbruik nie. Graag nooi ek alle verwaarloosde siele van die OAK uit. Kontak my gou. Daar is 'n vuurgloed van vervolging op pad, die verseëling is net 'n geldmaakskema. - 081 832 5784, die oudste, SJ Ochuizens



Die vorige skrywer oor die ELK se danskompetisie was in die kol 100 %. Gaan maak dissipels, dan vervul julle jul roeping. Etse! Leiers, word wakker. Jul stad is aan die brand en jul troepe is met ander nonsens besig. Eto! Worta wakker.



Geen dierefoto's meer? Ewige kinderfoto's in modderbad - boring!



Ek versoek dìe redaksie van die koerant om nie meer SMS'e oor Joos Platt te plaas nìe. Dit plaas naamlose en gesiglose mense in die posisie om hom persoonlik aan te val en te beledig sonder om name te verstrek. As kleurling voel ek dit is nie regverdig teenoor hom as persoon nie. Hoop dit kry nou end. - Volbloed Khomasdaller



Ek stem. Joos Platt, gaan rus, broer, en laat die SMS'e stop.



Lafaards wat negatiewe dinge oor Joos Platt skryf - hoekom noem julle nie julle name nie?



Die persoon wat sê dat Joos Platt dit nie gemaak het in die polisie nie en nou sy eie beuel blaas en maak asof dit aanhangers is wat hom prys, ken duidelik nie vir Joos nie! Dit was een van die heel beste polisiemanne wat Namibië nog gesien het. En hy is gans te nederig en ordentlik om so iets van homself te sê! Klink vir my na ­jaloesie. Of dalk het Joos jou ook gearresteer toe hy nog 'n polisieman was?



Ek lees die SMS dat Joos Platt dit nie in die polisie gemaak het, met min­agting en veragting. Joos se naam het kriminele laat vlug. Skrywer is jaloers en regtig deurmekaar. Jy moet jou huiswerk gaan doen!

(Die gesprek word hiermee as afgehandel beskou. - Redakteur)



Persoon wat raad soek vir wit kolle op die vel? Skakel my by 081-2844302

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!