SMS'e vir 11 Mei 2020
". . . klop op die skouer."
Dankie vir die waarheid! Ek verwys na Rudi Koekemoer se stuk oor dienslewering in die koerant van Dinsdag 5 Mei. As elke amptenaar wat met die publiek werk net asseblief ’n naambalkie op die bors dra, kan ons verder sorg dat onderpresteerders uitsorteer word en goeie diens beloon word.
Sal die minister van gesondheid asseblief vir me. Shaningwa oplei hoe om die masker te dra. Foto op bladsy 2 verwys. Sy is ’n verkeerde voorbeeld.
Voedsel vir honger mense in trollies. Of kettingwinkels dit doen: groot vraagteken. Ek wonder hoekom kettingwinkels nie net met Covid-19 help nie, dit nie eers oorweeg om pryse minder te maak nie, of daardie sakkie tamaties, of brood, of aartappels wat besig is om te verlep of oud te word selfs in daardie trollies vir honger mense te sit nie? Groot kettingwinkels, ons challenge julle om dit te doen.
Ek wil graag weet hoe kry sommige maatskappye dit reg om werkers se verlofdae te vat oor die inperkingstyd, terwyl die regering sê hulle mag nie ons verlofdae gebruik nie. Kan Ministry of Labour dit asseblief investigate? – Stokspils
Bietjie teleurgestel in mnr. Thompson se opmerking. Hy skryf dan met soveel gesag artikels en kommentaar, hy behoort te weet dat Afrika-rugby deur Franssprekende lande beheer word.
Swapo Secretary General, me. Sophia Shaningwa se kospakkies aan strydkinders. Wil graag weet, is hierdie die strydkinders se kinders se kinders?
Dit is darem ’n lekker storie die. Die sommiges samel die kospakkies in en die heethoofde van die regering deel die pakkies uit en kry die klop op die skouer. – Lood
Nogals verbaas Republikein publiseer ’n SMS in Ingels met kritiek teen hulle.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie