SMS'e vir 11 November 2016
SMS'e vir 11 November 2016

SMS'e vir 11 November 2016

“Politikusse doen en sê snaakse dinge. . .”
Gerine Hoff
Ma en dogter Engelking, jul is tops! Dankie!



Arme Hillary Clinton. As sy net ons eie EVMe van Namibië geleen het sonder die paper trail was sy loshande die wenner. Geen hofsaak as daai masjiene sê dis so, dan''s dit so! Vra die Namibiese opposisie. Jabu.



Me. Lizette Foot, die verskonings wat u aanbied is baie flou. Ons betaal so duur vir die kanale dan maak julle so. Julle is net een maal onprofessioneel. Ons kan u verskoning nie aanvaar nie. Ek sal nie verbaas wees as julle by MultiChoice die krieket kyk nie. Ek verstaan dit nie. Moenie vir ons verwys na ''n website nie. Ons stel nie belang nie. Ons stel belang in die krieketwedstryd tussen Suid Afrika en Australië, nie ''n verwysing na ''n website nie!



Ai, kan tannie Elsa Laubser nie Rhb toe kom om hier by town council kom werk nie?



SELCo los die lieg goedjies en gaan net, please leave. Vat asb. die Regional Coordinator saam. Ek hoop daar is ''n Swapo-party in Suid-Afrika. Die CEO is ook nie ''n Namibiër nie, want hy verkies dat die geld na SA moet gaan so vat hom ook saam. Die volgende vraag aan die Minister: Verkies u dat SWAPO stemme moet verloor of sal u toelaat dat SELCo waai? Ongelukkig is u eerbare kantoor BELIEG deur die RC. Sies man, RC. Al wat ons Keetmanshopers sê is SELCo uit en as SELCo bly, come next elections dan moet die RC en die distrikskoördineerder verantwoordelik gehou word. Los die Swapo-raadslede uit.



Die ongelykheid tussen arm en ryk kan verminder word as ons opreg en eerlik met mekaar kan wees. Politikusse doen en sê snaakse dinge en mense soek hoop en vertroue in hulle. Dis ongelukkig die armes wat alles glo, wat nie geleerd is nie, nie regtig omgee wie regeer en gebruik word vir politieke gewin nie.



Of jy nou van Trump hou of nie, die mense van die VSA het besluit en niemand anders. Geluk mnr. die President. Van ons in Afrika het ook nie ''n probleem, geensins! Sally Hoeksema



Nou skielik vandat ek die SMS''e van die kragbokse wat nie ingebou moes gewees het op Usib in die koerant se Sê Jou Sê geplaas het, nou wil hul ondersoek instel wat het van die geld geword. Skrik wakker councillor. Gee die bokse. Dis nie joune nie.



Hou op gemeenskapsdinge in die Lutherse kerk van Amperbo te bespreek. Dis nie die regte platform nie. Gebruik die sentrum tydens gemeenskapsvergaderings sodat almal die info op tyd kry. Dis hoekom ons nie meer kerk toe gaan nie.



Amarika well claims 9th life: it is shocking in itself that govt still has not provided safe water access to its people! Why has the well not been fitted with a rope or rope ladder or something people can cling to if they fall in? Why is the donated N$200 million desalination plant not maintained?



Ja, en wie dra nou die verantwoordelikheid vir daardie mense wat dood is as gevolg van die bussie wat teen die koei vasgery het sowel as die beseerdes? Daar word mos elke dag gekla oor die diere wat in die gordels wei, maar niemand doen iets omtrent dit nie.



Trump-oorwinning: Ek waardeer Eloise du Plessis van PSG se positiewe opsomming aan einde van Die Mark-berig. Sy loop ander voorspellers voor wie nog onder Clinton-kliek se invloed is. Ek dink nie pres. Trump is so erg radikaal nie. Die VSA het laaste dekade baie mos laat groei en het skoonmaak en balans nodig. Geld dit nie ook vir Namibia nie? Bv. Chinese wat ons werk en winste vat is lojale mos uit die verlede. Namibia eerste-burger.



Die 1996-matrikulante van Hoër­skool Dr. Lemmer gaan op 26 November reünie hou. Kontak asb. een van die volgende persone om te bevestig of julle dit kan maak. Albertus Mouton 081 491 0159, Bradley Ferreira 081 332 4966, Claudine Ruhl 081 327 5513, Imelda Moller 081 140 0552.



Ek wil graag weet, as jy tender en jy kry dit nie dan try jy mos weer, maar nou as jy good standing gaan soek, dan skuld jy vir min of finance oor die N$600 000. Hoe? Jy werk dan nie! Hoe gaan jy daai skuld betaal? Ek wil net weet waar kom hulle aan daai bedrag en hoe werk hulle dit uit. Kan iemand my dan net help.



Die twee Gereformeerde broers. Is daar dalk iets wat julle wou gesê het as kommentaar op me. Bam se rubriek en dit toe nie reggekry het om te sê nie?



Kan Rehoboth nie maar as ''n nedersetting verklaar word nie? Dit is waarheen amptenare van RTC ons eens pragtige trotse dorp bestuur.



Ek wens die dag kan aanbreek dat sommige skoolhoofde sal besef dat die skole wat hulle bestuur nie hul plase is nie. Al gaan my kleinkind ook daar skool het ek besluit om nie weer ''n sekere skool in Rehoboth te besoek nie. Daai vrou is net plein onbeskof, groet jou nie en is baie beledigend. Ek verstaan sy is ook so teenoor die onderwysers.



Ja, Suide is altyd die LAASTE. Ons wag ook vir GOtv in Hardapstreek.





Ek wonder wat sal uitkom as die regering ook ''n oudit doen by die Namibiese weermag. Ek glo nie hulle het ''n clue wat daar aangaan nie, veral met so ''n groot bedrag van begroting. Is die geld vir salarisse of vir wat?



Ek wil maar net my bekommernis deel met my mede-Reho-Basters. Wat gaan aan met ons jeug? Hoeveel jong kinders van ons moet nog doodgemaak word of deur dwelmslawe uitgewis word? Ons het polisie manne wat hul amp en werk doen regtig. Daar is ook die wat net vir die pay daar is. In die straat waar die dogter vermoor is bly twee polisiemanne. Jy hoor of sien hulle nooit. Die straat se kinders is verskriklik. Die kiosk of kragboks is stukkend, die RTC weet adjudante is bewus. Ai, waar is die dae toe ''n geregsdienaar iemand was wat jy na opgesien? Ek het in die tyd van manne soos sersant Ludwig grootgeword. Daar was wragtag nie soveel crime en gemors nie. Asb. manne, staan op uit jou gemakstoel en voor jou TV op. Dis so snaaks, die polisiemanne en die straat se mense ken eens nie mekaar nie. Dankie ook vir MANNE soos sersant Tierkos. Jy''s ''n yster.



In antwoord op die persoon wat sê die personeelkantore van die ministerie van onderwys moet hul sokkies optrek sodat afgetredenes hul geld kan ontvang: Ek het op 31 Desember 2015 afgetree en op 18 Januarie al die regte dokumente by die regte kantoor afgegee in die Frans Indongo Gardens. Die nodige dokumente het GIPF se kantore eers verlede week bereik. Wat meer kan mens sê?



Ai pres. Geingob, ek is hoopvol oor ons land maar raak tog asb. van die korruptes ontslae. Hulle steek jou in die rug! Daar ry weer ''n paar nuwe Mercedese en Range Rovers rond na die dam in die suide goedgekeur is! Tenderpreneurs! Kudugasveld? Ek sien mense wat rêrig nie twee breinselle het wat met mekaar kommunikeer nie en dan ry met ''n N$1 miljoen voertuig? Sterkte aan oom Calle! Ons kyk op na jou!



Multichoice Namibia! Julle dink seker ons is almal ''n spul morone. Julle verduidelikings bewys net julle onbevoegdheid. Daar was geen antwoord oor die rugby nie en ook nie hoekom daar 10 sokkerkanale is nie. SuperSport is deel van julle kanale, hoekom sal hulle nou kastig net in SA die krieket uitsaai.



Kan die reuk van rioolstank nie meer vat nie. Dis nou al 3 weke wat die riool so loop. Kan alle koerante nie Rehoboth toe kom foto''s neem en berigte plaas dat die hele land kan sien hoe Rehoboth Town Council sake doen in dorp nie. Mense in Blok A se huise VROT, hulle veg eerder om van CEO ontslae te raak as om na hierdie en ander probleme aandag te gee. Wonder net as die gemors in hul buurt plaasgevind het of hulle nog so stil sou gewees het. God slaap nie. Wat jy aan ander doen kom dubbel terug na jou toe. Die amptenare by council is ''n ronde NUL werd. Los vir Uirab uit en doen julle werk waarvoor julle betaal word.



Die food bank in Freedom en Sam Freedom Square is betreurenswaardig! Dis net handjie vol mense. Daar is drie persone gekies vir werk. Waarom nie drie verskillende tale gekies nie? Daar is mense wat nie goed Engelssprekend nie. Asseblief, los apartheid uit! Gooi almal in die selfde dak. Kandjii? Wat gaan aan? Kyk wat u doen.



Ek was gister by die Grove in Game - is gehelp deur ''n netjiese jongman - ek hoop die bestuur gee erkenning aan hom, want hy is ''n ware aanwins vir die besigheid. Baie dankie Maruaan, dit was n plesier om met jou besigheid te kon doen!



Og, die mense wat afgelope tyd kommentaar gelewer het in Facebook oor Gibeon se waterprobleem maak ''n mens rêrigwaar skaam. Asseblief, as jy nie kennis oor iets het nie moenie kommentaar lewer omdat jy op Face­book is nie. ''n Mens sien deur jou kommentaar jou level of understanding. Ai tog!



Ek is bekommerd oor ons land se sokkerspelers wat hul talent in dagga, alkohol en aka pyp vermors. Namibia het myne en die regering het geld om tronke en staatshuise te bou in plaas om sport te help sodat misdaad en alkoholverslawing, losbandigheid uitgewis kan word. Help ons land uit misdaad - sport hou ons besig en misdaad en roekelose lewe bedaar. Sokkerspelers is lief vir hul talent wat God hul gegee het. Die manne soek hul toevlug na alkohol omdat hulle teleurgestel is in MTC en die NFA.



NEEEF is goed. Dankie dat daar so iets is. Ons gaan dood terwyl ryk mense vir hulle nog ryker steel. Dink aan ons wat niks het nie. Viva president.



Wanneer gaan Telecom Namibia hulle internetfout regmaak? Dis nou lank genoeg dat dit bykans elke dag ''n paar keer af is. Is nou al verby keelvol vir die veelvuldige falings. Wat reken hulle PR mense? Of meen hulle daar is nie fout nie. Moeg gesukkel.



Gister is my bruin handsak gesteel met bruin beursie, ID, bestuurslisensie, bondel sleutels en bankkaarte. As iemand iets optel, SMS asb 081 876 1195. Mev. J. Hess



Battery Man Omaruru, oom Eddy, baie dankie vir die goeie diens. – Gary



Ek soek raad vir helicobacter. Dokters in en uit, niks help nie. Kry net antibiotika, maar weerstand opgebou. Is moedeloos.



Ontevrede! Hoekom haal GOtv vir Sony, Sony Max af? Dis al kanale wat darem iets het om te kyk.



Lizette Foot oortuig nie met haar verduidelikings nie. Ons betaal vir volle pakket maar kry nie wat hulle belowe nie. MultiChoice vat steeds ons volle geld. Ek soek nie hoogtepunte van rugby nie. Sy omseil die vraag. Gee deel van ons geld terug, voorsien ons van die volle pakket soos ooreengekom. Ons word mislei. Ek soek nie beste kanale nie. Bring sport terug of verminder die fooi.



Voor een van Rehoboth se winkels sit ''n persoon van Maandag tot Sondag wat baie harde musiek maak en daar is nie wet om hom stil te maak of net waarsku om sagter te speel nie. Opgesukkel met Rehoboth se council.



Ek het die ID en geboortesertifikaat van Charlene Ludine Nortje opgetel. Kontak my by 081 255 9125 of 081 125 9431.



As dogtertjie het ek gewonder hoekom die mense wat daar was nie vir Jesus gehelp het nie, en my pa met vrae bestook. Nou ,na Trump se style besef ek wat die lewe behels. Na ek mans uit gelos het, lewe ek soos ''n koningin. Ek los politiek uit! En kyk nooit weer nuus en leuens nie. Ek sal vir Obama, sy vrou en die Clintons baie mis. Ja, wêreld, vir hoe lank sal jy nog bestaan ?



Laat Piet en Sera van Rooyen van Gobabis my tog bel, dis baie dringend. – 081 808 9734.

Kommentaar

Republikein 2024-11-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 23° | 37° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 25° | 34° Otjiwarongo: 21° | 31° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 15° | 21° Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 22° | 37° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 16° | 34° Ariamsvlei: 21° | 37° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 37° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 16° | 33° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 21° | 36° Windhoek: 20° | 32° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 28° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!