SMS'e vir 11 November 2019
". . . moet pak en gaan . . ."
"Nog ’n bloedbad" van 6 November vertel van ’n klomp mense en diere wat met ’n panga doodgekap is. Dink net aan die histeriese geskree en optogte as daar ’n vuurwapen gebruik was. Mense vermoor mense, nie wapens nie.
Die Swapo government het ons land in ’n gemors gedompel. Hulle is maar net te onbevoeg om ’n land te regeer, maar as dit by korrupsie kom, is hulle tops. Sies wat ’n gemors!
Ons het die gevoel dat die huidige Swapo moet pak en gaan. Wie gaan die buitelandse skuld betaal? Hulle plase en huise moet verkoop word. Wat 'n gemors.
Ja nee, ek/ons glo as dr. Abraham Iyambo nog geleef het, het ons vandag in ordentlike merkareas/sale gesit. Jaar uit en jaar in moet ons in ondraaglike omstandighede merk met geen verkoeling, vuil en vol stof en ondraaglike reuke verduur en soms is daar nie water nie. Sy opvolgers het net mooi niks gedoen.
Baie interessant die feit dat Janry medies geskik verklaar is deur die NRU se spandokter en dat hy volgens mnr. Gaya weens mediese redes vervang is. Of het Janry die waarheid gepraat en nou moet boet daarvoor oor beweerde korrupsie in die land. Dan wonder mens ook oor die siviele eis van Trip Travel. Waar is die geld wat vanaf IRB ontvang is vir toere?
Ag nee MultiChoice. Om kliënte wat per debietorder betaal, te straf is nie aanvaarbaar. Julle verskoning is maar flou as mens julle nie eers kan skakel vir diens. Ons ry kilometers en dan na 3 ure is julle nog nie instaat om die probleem op te los. Moet ons debietorders kanselleer en kontant so laat as moontlik betaal? Sit daar dalk iemand in jul finansieskantoor wat totaal onbekwaam is om die werk te doen? Jul programme is stokoud en net herhalings. Laat mens wonder of julle nog die moeite werd is. Raak ontslae van onbevoegtes, daar is genoeg bekwame jong mense wat die werk kan doen.
Die mense wat die hondebollie goedpraat in Swakopmund maak my naar. Hoe kan ’n volwasse mens so redeneer? Julle honde-eienaars wat met julle honde gaan stap net om op straat te bol kan jouself af vra of dit reg is. Jy kan nêrens meer in die 3 kusdorpe loop sonder om op ’n bol te trap. Ek sal graag my bollie op jou voordeur wil kom plak, dan wil die persoon nog verskoning maak van almal het nie ’n erf nie. Laat jou brak dan in jou bed bol, of hoe?
Ja, die blafdingliefhebbers wil nou hê blafding mag in restaurante, munisipale geriewe soos sypaadjies, grasperke en tuine al hul dinge kan doen. Dink meer van ons moet blafeters begin raak. Ek dink hoeka Poedel en Noedel kan ’n delikate gereg raak by uitgesoekte restaurante se spyskaarte. - Liewer Hondtjie
Wys my die wet wat sê, honde mag nie op straat hulle bolle los nie. Liewe mens, dit is mense soos jy wat altyd terugval op ’n wet wat maak dat openbare plekke ’n vuil gemors is. Sigaretstompies, ’n appelstronk, leë koeldrankblikkie ens. Ek neem aan jy gooi ook dit op straat, want daar is nie ’n wet wat jou verbied om dit te doen nie. Dit is as gevolg van die houding dat ons tot barstens toe aan munisipale belasting moet betaal, want iemand moet betaal word om jou gemors skoon te maak. Dit gaan hier net oor ’n goeie basiese opvoeding en omgee vir jou medemens. ’n Plastieksakkie in die broeksak, die buk en die bol optel gaan vir jou net kloppe op die skouer wees, doen dit.
Joos Platt, as jy ’n goeie daad wil doen, gaan na wyle Anton Lubowski se vrou Gabi en praat met haar, sodat sy gemoedsrus kan kry. Slegs ’n voorstel.
Joos Platt, die storie is nou al so holrug gery. Kry die man nie ent om sy beul so to probeer blaas nie? Gaan rus, geniet jou aftrede en los jou plasings in die koerant. Ja, ek het dit gesê. Die trant is baie duidelik, sodra daar ’n tyd verloop het en niemand plaas iets oor hom, dan verskyn daar skielik weer ’n plasing. Ek wil al ophou om die Republikein te lees oor die afgesaagde stories. Niemand stel belang wat 30+ jaar gelede gebeur het nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie