SMS'e vir 11 November 2020
SMS'e vir 11 November 2020

SMS'e vir 11 November 2020

". . . lang trane huil . . ."
Mandy Rittmann
Myns insiens sal die wat vir Biden ophemel nog lang trane huil. Amerika is bankrot en sal beslis nie geld hê om in Afrika te spandeer nie. Trump het nou saamgewerk met Afriforum in Suid-Afrika, om grondvergrype te keer. Ek wonder wat Biden gaan doen? Seker niks, “I see no evil, I hear no evil”. Dit is wat mens mos van Demokrate kan verwag! Korrup tot op die boom.

193 miljoen vir Covid-19-entstof! Dis onnodig! Mense moet die virus opdoen en immuun raak. Gebruik die geld vir huise. Ten minste kan mens die huis sien.

Maak nie saak wat mense sê oor maskers dra. Die feit is, dis wet en uiteindelik beskerm dit jou wel teen kieme, nie net Covid-19.

Hoekom is daar so baie foto’s in die koerant van groepe saam sonder maskers?

Dit is inderdaad korrek. Shalli se uitlatings is ’n nuwe laagtepunt. Ek is net bevrees dat die moreel korrupte Swapo-party in staat is tot nog vele meer laagtepunte. Ons kan maar net bid dat genoeg burgers besef met watter vuur ons tans speel, en dat hul sal saamstaan om ons land te red.

Shalli’s head must roll in the political arena and in his position for what he said and the harm done. We don’t need people like that in Swapo.

Die naweek was daar weer ’n paar Covid-19-sterfgevalle. Een Covid-19-trompopbotsing, een Covid-verdrinking, een is doodgeskop deur 'n Covid-perd en een Covid-verkragting en toe moord.

N$12,00 OTM-fooie is ’n skande. Geldmaakstreke vandat kontantdepositofooie weg is en om Covid-verliese op te maak?

Rehoboth-polisie, doen asseblief iets met Blok E se dwelmverkopers, dit raak erg. Ander blokke ook. Die hele Rehoboth!

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!