SMS'e vir 11 Oktober 2017
SMS'e vir 11 Oktober 2017

SMS'e vir 11 Oktober 2017

“. . .27 jaar van sleg na slegter.”
Mandy Rittmann
Hoekom word die huise gesloop in Katima? Daar is juis nie behuising nie. Kon hulle nie 'n ander oplossing vind nie? Hoe dink die mense?



Die regering van die land moet verander. Dit is net moontlik as daar net een opposisie party is. Die kanse vir enige van die huidige opposisiepartye om 'n verkiesing te wen is nul. Om vir nog 'n verdere vyf jaar dieselfde groepie regeerders te sien na 28 jare aaneen, is verskriklik. Smelt saam en wees groot genoeg sodat die arm man ook die vrugte van onafhanklikheid begin pluk.



Klein beriggie in koerant: “Vrou se kop met byl afgekap”. Wat 'n skande! Waar is die vaders van Namibië? Kan hulle net kinders maak en nie hul seuns leer om respek vir ander mense se kinders te hê nie, veral weerlose vrouens?



PSEMAS: Dispensing doctors do not give repeat prescriptions for chronicle medicine, thus getting extra consultation fees.



“Vlerke geknip weens tekort aan brandstof”. Julle moet asseblief julle feite reg kry en nie verkeerde inligting in berigte plaas nie. Die twee vliegtuie in die foto in die berig is twee Embraer ERJ-135's en nie Airbus A319-100's nie. Dan gee julle nog verkeerde informasie oor die kapasiteit van die vliegtuie in die berig ook. Dit is beriggewing op die swakste vlak. Skaam julle! (Ons betreur die oorsig in die byskrif. Die aantal passasiers en brandstofkapasiteit van die A319-100 is korrek volgens die spesifikasies op Air Namibia se webwerf. - Redakteur)



Lesers wat sê Swartbooi het gepraat, nou praat Boois. Ons wil bewyse hê - nie praat nie!



As medebroer wil ek net vir ontslape Errol Hurter (Saterdag 7de Oktober) se familie sê, ek weet die Grootste Meester, die een van die Heelal sal omsien na u as sy familie. Mag dit so wees. - Ollie Joubert



Gebou van N$180 miljoen. In Namibië vorder ons oor die afgelope 27 jaar van sleg na slegter. 27 jaar gelede was die stroompie rioolwater klein in Katutura, nou is dit 'n rivier, terwyl ons N$180 miljoen betaal vir 'n nuwe gebou. Dit is nou bo blink, maar onder stink!



Totale verbod op "hubbly bubbly"-pype is die beste besluit nog in 27 jaar! Al is die skade al diep gewortel.



Ván die beesbeoordelaars tydens die afgelope Windhoek Skou moet maar hul swart baadjies teruggee. Julle dink die beesboere van die land ken nie bees nie, maar eintlik is dit julle.



What's in the mind of our Oshiwambo Comrades regarding our Swapo leadership? When our Founding Father was elected as Namibian President we never heard that someone challenged him as Swapo President. Second was Pohamba - nobody challenged him as Swapo President. Now we're having a third President, who's not Oshiwambo. Now everybody wants to challenge him. Something is definitely wrong with our leadership but whether we like it or not, Comrade Geingob is going to win.



Kan die owerhede tog asseblief kom kyk na die grondpaaie se toestand in Rehoboth. Dit is pateties en nog net een keer vir die jaar geskraap. Help asseblief! - Moedeloos



Die demokraat wat aanneem die “mk” fout op die inligtingsbord is 'n permanente en doelbewuste daad, is darem naïef. Dit was net 'n fout, net soos "stop" soms op die pad "spot" gespel word, byvoorbeeld.



Die munisipaliteit moet asseblief met sy mense praat wat die vullis verwyder. Hulle gooi die dromme in die strate, dis hoekom dit nie hou. Ons betaal mos vir die dromme en hul los dit voor die ingang van ons hekke. Plaas die dromme waar julle dit kry, asseblief.



NWR, jul personeel en diens op ­Terracebaai is puik. Baie dankie.



Met 'n dankbare hart word die volgende uitgespreek aan 'n man met die naam Sedric. Jy is voorwaar 'n groot aanwins vir die gemeen­skap van Okahandja. Jou vriendelike persoonlikheid en hulpvaardigheid is van die beste. Ander kan gerus by jou leer. Mag God jou seën. - Goliath TN



Nou toe nou! Drink en bestuur klagte teen die waarnemende "Chief Executive Officer" van Swakopmund. Nou wonder ons inwoners wat kon gebeur. Was dit 'n geval van die onmoontlike het gebeur en/of het ons maar net in die gat getrap wat ons vir ander grou? Nou ja, die hoogste bome vang die meeste wind.



President's Office. No cash book, bank reconciliations, records kept of San money. 3 Million and 14 million in unauthorised expenditure? Personnel costs overspent by 12 million? Shameful! Why no records - to hide irregularities, incompetent and mismanagement. Shame on you!



Soek raad vir waterkolle op 'n tafelblad.



Hoekom luister die Lutherse kerk nie wanneer ons as Exodus Lutherse kerk ons "launching" in Rehoboth het nie? Hulle soek onnodige vyandskap tussen die twee kerke. Ons het lankal besluit om ons "launching" vanaf 3 tot 5 November te hou, nou besluit hulle om ook daardie naweek hulle hervorming te hou. Verstaan asseblief dat ons nooit weer deel van julle sal wees nie. Laat ons in vrede.



Ek wil net hoor as die baas van die plaas diesel steel, wat moet ons maak dat Aranos se mense hul oë oopmaak?



Nou moet plaasboere vermoor word omdat plaaswerkers nie verhogings kry nie? Siek.



Ons kinders word deur 'n nuwe onderwyser geslaan. Is dit toelaatbaar? Kinders is bang vir nuwe meneer en gaan moeilik skool toe.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!