SMS'e vir 11 Oktober 2018
". . .voete vind in die lewe. . ."
Mnr. Amupenda. Die regering behoort jeugsentrums te bou soos in vergange se dae en tye toe die jeug ook swaar gekry het met behuising. Jong mense kon eers bly in die goedkoper jeugsentrums en hul voete vind in die lewe.
//Kharas Regional Commander, dit is met groot hartseer in my hart dat ek lees van die man wat deur die polisie aangerand is. Ek het ook amper verlede maand so ’n insident gehad met die konstabels van Keetmans, want dit lyk my jy moet ’n polisieman se meisie wees, dan kan jy enige konstabel roep om oor ’n liegstorie iemand te wil kom slaan.
Ja, ons vat godsdiens en ’n pakslae weg uit die skole en vervang dit met seksvoorligting, kondoomverspreiding en borsvoedingkamers by skole vir minderjariges. Dit is ’n polis uitgeneem vir kort en langtermyn totale sedelike verval. - SAP&H
Ek dink dit sal baie goed wees as iemand in ’n stap vir stap vir "dummys" sal berig hoe ’n verkoop van ’n plaas werk. Byvoorbeeld, hoe die prys vas gestel word, wat die regering aanbied, hoe die boer kan kapsie maak teen die regeringsaanbod, wanneer die boer nie meer verkoop, kan terugtrek nie en veral hoe die plaaswerkers op die plase waarop hulle gewerk en gebly het vir jare die plase moet verlaat wanneer die regering dit verkoop het. Waarheen gaan hulle? Geen haan kraai daarna nie.
’n Straat is vernoem na Priscilla Geingos en haar dogter Nangula, was daar om dit namens haar te ontvang. Hoekom word dit nie in die berig genoem dat dit president Geingob se 1ste vrou en dogter is nie? Weereens was daar ’n berig op 8 Oktober oor Nangula Geingos, "Dogter vereer ma deur liefdadigheid". Nêrens word melding gemaak dat sy president Geingob se dogter is nie? Hoekom?
Jammer Hage, solank daar “BEE, NEEEF en 'previously disadvantaged' is 'to disadvantage the currently disadvantaged' en geen werksgeleenthede en kanse is vir ander entrepeneurs nie, kan ek nie jou praatjies oor witmense se toekoms in hierdie land glo nie. Blinddoek en muilband iemand anders. - Susan Smith
Asseblief Kommisaris, besoek Gochas se polisiestasie en sien vir uself hoe die beamptes dronkbestuur gedurende werksure.
Namibië! So ken ek die polisie. As jy nie samewerking gee, slaan hom vuurwarm.
Ek stem saam dat van die personeel by Ariamsvlei se grenspos baie ongeskik is. Noordoewer se beamptes is baie vriendelik en ordentlik. Baie dankie.
Rehoboth verkeerspolisie. Gedurende die week, elke oggend en namiddag, terroriseer julle die pendelaars tussen Windhoek en Rehoboth met spoedkameras. Mense wat vroeg werk toe gaan en laat by hul huise kom. Naweke as die dronk en roekelose bestuurders en "quad bike"-renjaers die dorp op horings neem, is julle nêrens te siene. Dan is julle seker net so dronk soos hulle? Doen iets oor die naweke en gee die hardwerkende pendelaars ’n “break” deur die week.
Dis darem interessant en vêr gevorder hoe mense ander se name in die modder kan sleep! Wees mans genoeg en benader die Kalkrand Village Council en gaan lê ’n klag van diefstal, synde u dalk met bewyse sit, dat Kalkrand Councillors krag steel! Onthou, jy is ook net so medepligtig dan! Kom uit met die sak patats!
Julle kla so maklik, dat Kalkrand Councillors krag steel en vergeet dat dit dieselfde Councillors is wat verskil gebring het in Kalkrand! Kyk na die voltooide projekte, byvoorbeeld die rioolstelsel! Hou op neul en dra by tot ’n beter Kalkrand! Hou op anders dophou en leuns versprei!
Stem saam met lesers wat kla oor Windhoek Skou. Ons gaan elke jaar sedert 1968 skou toe en nog nooit was dit so pateties soos vanjaar nie. Dis nie 'n skou nie, maar eerder 'n tweede Chinatown. Skouvereniging julle sal baie diep en indringend iets moet doen. My N$ 40 ingangsgeld is vermors.
Aai tog Lammetjie Kriek! Jy sit seker ook snags die ligte van jou kar af om petrol te bespaar? Watse redenasie is dié nou met die N$200 se petrol wat jy elke Vrydag ingooi!?
As ons van kruisiging praat, is dit om vrede te bewaar, maar Jesus was vermoor en die moordwapen was die kruis. Volgens die Bybel is Jesus terug na Sy Vader, nou wie hang op die kruis en wat is die verband tussen die kruis en die Christine, as die kruis deur die anti-christine ontwerp is? Jy kan nie vir iemand iets leer wat jy ook nie verstaan nie.
Ek het 2 slapbandromans deur Philippa Gregory, Changeling en Stormbringers nommer 1 en 2 in “The Order of Darkness”-reeks. SMS my asseblief as u belangstel. – 081 305 8384
Ek is opsoek na ’n gasyskas wat werk soos ’n bom. – 081 228 0989
Daar bestaan eerlike mense! Marius Cronje is een van hulle. Baie dankie dat jy my verlore trouring aan my terugbesorg het! God seën jou!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie