SMS'e vir 12 April 2018
SMS'e vir 12 April 2018

SMS'e vir 12 April 2018

". . .blink motor in die motorhuis. . ."
Mandy Rittmann
Agbare Minister van Gesondheid. Basta met hoe meer jou salaris, hoe meer moet jy betaal. Ek kan aan heelwat ander besparingsmaatreëls dink. Hooflid kan meer betaal. Moenie dat afhanklikes soveel minder per maand betaal nie. Doen 'n ondersoek oor al die afhanklikes. Is hulle wetlik? Laat bewyse daarvoor ingedien word. Oorweeg 'n manier van hoe meer jy eis in 'n jaar, hoe meer betaal jy die volgende jaar. En vice versa. Minister van finansies kan ook asseblief kennis neem.



Sterkte aan mnr. Mutorwa. Hy wys vir ons hy kan “talk the talk”, nou wag ons met ingehoue asem om te kyk of hy ook kan “walk the walk.” Baie van ons leiers kan mooi praat, maar dan gebeur daar net niks nie.



Areva-Sage: Ek het geweet, waar daar 'n rokie is. . . Jou verlede sal jou inhaal.



Maak 'n verbeteringskool oop, los asseblief die onderwysers uit. Geen opvoeding vanaf huis!



Volpunte minister Mutorwa vir 'n raak opsomming van swak batebestuur. As elkeen met werk net wil besef dat hy deel is van armoedeverligting en verantwoordelik moet optree teenoor die belastingbetaler, homself inkluis se bates uit dankbare erkenning vir sy heenkome. Te veel keer word staatseiendom uitgeken aan die verwaasloosde voorkoms, met 'n blink motor in die motorhuis.



OMG. Now they want to deplete the crayfish stock as well to please China and Taiwan? (New Era 9 April) Crayfishing season is 6 months and for a good reason. Now that they had a good season they want to experiment deep see crayfising the entire year? No rest period to recuperate stock? Mr Esau stop this. You are killing/depleting more species and for what, China and Taiwan. Shocking!



Vandag se fotoblad met al die troeteldiere is net te oulik vir woorde! Veral die Paashasies! - Fina



Stop complaining about breakdowns and look at taxis.



Keetmanshoop munisipaliteit, daar word nie elke maand 'n waterlesing geneem nie. Dan skielik lees hulle weer en kry hulle 'n magdom eenhede, wat hulle vir meer as dubbel wat hulle betaal, verhaal van inwoners. Kom ons staan saam teen hierdie onreg. Geen mens kan N$22,83 vir 'n kl water betaal nie. Dis pleinweg steel! Kom ons roep 'n gemeenskapsvergadering byeen.



N54S. Die mannetjie ry asof hy aleen in Swakopmund se strate is. Kalm, asseblief.



Ek wil tog mooi vra dat mense nie hul kliënte as "oom", "tannie", "ouma" of "oupa" aanspreek nie. Dis uiters onprofessioneel. Soms lyk die persoon dieselfde ouderdom, maar dit word ge-"oom" en ge-"tannie". Ek wil nie hoor van dis 'n teken van respek nie. Gaan respekteer jou familie se ooms en tannies deur hul so te noem. Hulle is jou ooms en tannies. Respekteer kliënte wat by jul kantore of winkels opdaag deur hul aan te spreek as meneer, mevrou of dame. Dis respek.



SMS oor Joos gelees. Weergawe onvolledig. Hy is gebel en hy het gepraat en probeer mense kalmeer. Oproerige met mes in hand is toe met gas gespuit. Kalmte het geheers. Ek dink toeskouer moes gekeer het in plaas van te kyk. Mense sou gedood het. Gee hom gas, Joos Platt!



Andre Compion. Dankie vir jou oorsig oor die teleurstellende onder 19-rugbytoernooi. Ek het die reaksie verwag in die volgende koerant. Ek wil graag een punt maak aan alle spelers, afrigters, keurders en die ouers. En dit is dat jy nie met trots internasionaal kan gaan deelneem en verwag om goed te speel as jy nie die beste beskikbare spelers kies nie. Ons doen 'n baie groot onreg aan die wat onregverdig gekies word, en nie gekies word nie.



Eer jou vader en moeder, sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank lewe.



Ek het al telkemale gehoor die rugbykommentators vra die vraag tydens die skrum: Wie se bal is dit? Nou ja, met die klomp los balle in rugby en die balkrappery in krieket kan ons seker die drie ouens van doer onder doop BVP's - Bal Vroetel Persone.



Minister van landbou, daar is 'n Polo (GRN 698) van julle wat daagliks tussen Windhoek-Rehoboth en Rehoboth-Windhoek pendel. Is dit toelaatbaar? Wat nou van president Geingob se Harambee?



Namibian Sun: "Murder and mayhem!" In 2016 Namibia was among 23 countries that recorded extremely high violent deaths, averaging 364 murders per year. A year having 365 days that is 1 murder per day! Wonder how many were committed under the influence of alcohol? Nice going Namibia. You can booze but just don't smoke!



Geld vir Herero's en Namas, geld vir oudsoldate en Koevoet, geld vir ou mynwerkers van RUL- en TCL-ouens. Ons is besig met 'n oorlog wat kom.



My naam is Maria Gawanas. Ek is op soek na Piet Adams of kinders van hom, want dit is my pa en dit is 37 jaar nou wat ek hom soek. Hy kom van Seeis af. Asseblief, as iemand vir hom ken, skakel my op hierdie nommers - 081 379 1640 of 081 253 9500. Asseblief.

Barend van Wyk, ons het met 'n "liner" Maandag 9 April uit Mariental kom ry. Jy het per ongeluk my sak gevat toe jy op Rehoboth afklim. Kontak my asseblief. – 081 887 7525

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!