SMS'e vir 12 Augustus 2021
SMS'e vir 12 Augustus 2021

SMS'e vir 12 Augustus 2021

"...praat te veel..."
Mandy Rittmann
President Hage sê ons praat te veel vir beleggers, maar word daar nie te veel gesteel tussen ons kabinetslede? Dink dit is die groot probleem in hierdie arme land.

Wat is die sin van social security? Ek het onlangs ’n eis ingesit vir ’n besering van my plaaswerker wat in diens beseer is, maar hy het geen uitbetaling ontvang nie tot hede. Nou is die werker dood in ’n motorongeluk, maar sy begrafniseis sal uitbetaal word lank na sy begrafnis. Wie sal in tussen die begrafniskoste betaal, sodat die werker begrawe kan word? Al die red tape maak dit moeilik om vir plaaswerkers ’n eerbare begrafnis te gee. Sê maar net.

Kliënte wat vir pakkies wag by NamPost Mariental wag weke om te wete te kom watter bedrag aan invoerbelasting verskuldig is. Kan die proses van die berekening van invoerbelasting (customs) nie meer vaartbelynd gemaak word nie? En wee jou as jy die geluk het om in die pensioenaris-rye te beland om vir jou pakkie te wag. Ure se wag. A nee a NamPost Mariental, doen iets.Wanneer ’n besigheid op sy deure aandui dat die deure 08:30 sal open, verwag die publiek dat dit 08:30 sal open. NamPost Mariental se 08:30 word egter na aan 9:00. Ai, wat het van stiptelikheid in ons land geword?

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!