SMS'e vir 12 Desember 2016
SMS'e vir 12 Desember 2016

SMS'e vir 12 Desember 2016

“. . . geskiedenis se feite word aangepas . . .”
Gerine Hoff
Belastingskuld word afgeskryf. Ek werk al 5 jaar by ’n maatskappy. Dien elke jaar my belasting betyds in. Het nog nie ’n dooie woord of SMS ontvang nie. Wanneer gaan daaraan gewerk word? Het die ontvanger nog my dokumentasie? Die opvolg is ’n nagmerrie!

Boubedryf wankel oor government nie betaal nie, skuld 115 ondernemings oor N$1 biljoen! Duisende gaan hul jobs verloor. Viva poverty eradication, viva Harambe!e Govt should be ashamed of themselves!

Ons president weet duidelik niks van ekonomie nie. Hoe kan ons land se ekonomie groei as die regering nie eers die boukontrakteurs kan betaal nie en verantwoordelik is vir duisende werkloses. Hoe kan die ekonomie groei as meeste groot kontrakte na die Chinese gaan en hoe gaan die ekonomie groei met NEEEF? Nee geagte president, nie in jou leeftyd nie.

Die polisie skiet stropers in die wildtuin dood. Ek stem saam, maar nou vra ek waarom kan boere, wit en swart, nie ook stropers en diewe op hulle plase doodskiet nie?

Daar is ’n gesegde: hard work pays off. Dink gerus, ons werkloses wil net sit en ontvang. Mense kan ’n duur les leer by die Chinese. Hulle is hardwerkende mense. Maak oop julle oë, Namibië.

GIPF bate-uitruiling met regering. Hoe sien u dit? Ek sien dit so. Die regering het ’n donkie (Namibian bonds) van N$8 biljoen en verruil dit vir die resiesperd R8 biljoen (SA bonds). Dit klink na vrot besigheid aan kant van GIPF of bankrotskap aan iemand se kant!

Comrade Swartbooi has only told the truth, he has nothing to apologise for.

Die dame met haar gidshond. My hart gaan uit na jou toe. Gidshonde is baie goed opgelei. Hulle het baie beter maniere as party mense. Hulle is geensins ’n bedreiging vir mense nie.

Wonder maar net wat sal met die minister gebeur wat vir die joernalis tydens telefoniese onderhoud gesê het “go to hell”, moet hy ook verskoning vra? Onse persmense lieg nie oor sulke goed nie.

Ai tog, die geskiedenis se feite word aangepas om die gehoor tevrede te stel. Namibië moenie vir Kuba ewig dankbaar wees nie. Rusland moet die dank kry. Kuba was die middelman en het maar net geluister na die baas.

Nou toe nou. Word daar nie meer ondersoeke ingestel nie, maar word net beopdrag om verskoning in te dien. Hon. Clinton Swartbooi het sekerlik net sy reg van freedom of speech gebruik en die waarheid gepraat. Nou moet hy verskoning vra. Al is jy die president, as jy verkeerd optree moet jy getik word. Ons support jou Clinton.



Perhaps Dr Tjipangandjara can inform the public why NamWater has not fulfilled its mandate by planning and making appropriate investments timeously? The threat of a multitude of water producers only arose because of Namwaters’ lack of foresight and action.



Deal assist: Vir my is Deal Assist net ander woorde vir “discount”. Wil Bank of Namibia nou vir ons sê dat motorhandelaars nie meer mag discount gee onder die nuwe kredietwet nie? Of ek nou die deposito vir ’n kar self het, by my ouers of ’n vriend kry en of die motorhandelaar dit vir my gee deur middel van ’n Deal Assist, wat is die probleem as ek vir die lening kwalifiseer en dit kan bekostig?



Die geregsdienaars vereis die motoriste moet hulle veiligheidgordels aansit en mag nie selfoon gebruik as hulle ry nie, maar hulle is self nie ’n voorbeeld nie.



Help! Ek vergaan van die hitte in die Hosea Kutako lugdiensgebou! Genade mense, doen asb iets om dit koeler te maak! - RB van Windhoek



Ek wil tog net hoor, MultiChoice het nou ’n ekstra uitsending op 198 vir Kersseisoen maar as jy net die halwe pakket het kan jy dit nie sien nie. Hulle is so duur ons kan nie die volle pakket bekostig nie. Hoekom gun hulle nie ook vir ons dit terwyl dit Kersseisoenprogramme is nie?



Getroude manne gaan sorg vir julle kinders en vroue. Brood en botter kan nie vir 2 gesinne gegee word nie.



Stem saam oor die vrou by Grove. Sy is baie aggressief as jy nie geld vir haar wil gee nie. Eendag is eendag dan gaan iemand haar raak ry. Ek kan nie glo dat die City Police dit toelaat nie. Wat gebeur met al die ruim skenkings op die straathoeke deur die jaar?



Iemand van Zambezistreek word in //Kharas hervestig. Waar boer die persoon tans en wat sal sy/haar uitgawes wees om al daai boerdery in //Kharas streek op toegekende plaas te kry, want dis mos waar die persoon moet kom boer of hoe? Of sal die Gov die persoon help of sal die persoon maar ook die plaas soos baie ander onwettig verhuur? Vra maar net!



Die regering en munisipaliteit laat bou oral nuwe geboue. Hoe is dit moontlik terwyl ons moet water spaar? Kan hulle asb. verduidelik.



Nee, padvarke is mense in 4 wiele met 2 bene wat nie weet waaroor gaan ’n blinde hoogte en sper-/dubbelstrepe nie en jaag soos duiwels by ’n string motors verby en kos onskuldige mense se lewens op paaie.



Kan winkel/restaurant eienaars so nasty wees met Letitia Bouwer en haar gidshond? Gun haar ook iets wat julle kan geniet met jul oë! Sy vra niks meer nie!



Hoekom moet mnr. Swartbooi die minister om verskoning vra vir iets wat hy gesê het wat die waarheid is. Hoekom sê die president nie liewer iets oor die fosfaatontginning nie. - Sheya



Agbare pres. Hage Geingob, maak my liewer seer met die waarheid as wat ek bedrieg word met ’n leuen.



Stop met jou onderhoud aan jou kind. Totdat sy gaan kla. Stel jou eis 3 maal ’n week by jou kom bly en so. Vroue skuil agter kinders en buit uit. Gee materiële dinge en nie geld nie. Laat sy die geld voorsien of skriftelik aan jou bewys. Ons mans is en was nog altyd daar vir ons kinders. Maar om hulle nie te sien nie, is verregaande!



Al die besighede en kantore word verplig om publieke parkering op hulle erwe te verskaf, maar by NATIS moet al karre buite parkeer. Is daar nou 2 standaarde?



Joos Platt jou kommentaar en antwoorde op min. van onderwys se stelling op FB Veritas Truth is in die kol. Hoop sy leer iets daaruit. Goed gestel. Dankie.

Wat is die verskynsels van die drie balle wat in die suidooste van die hemelruim speel 21:40, sal graag wil weet. - Bok



Me. Daniels is dringend op soek na Elsie wat 1987 by me. Lottering gewerk het in Pionierspark. My nr. is 081 234 5523.



Dame met wit bakkie wat my wit geparkeerde Polo 6/12/16 om 11:30 langs MTC Olympia gestamp en weggery het, God slaap nie! Onthou dié dag as jou dag kom. – Tannie Lina



Ek het me. Christina Brandt gebore Gobabis se ID (71072500132) opgetel. Kontak my by 081 569 6917. Ek is in Windhoek.



Kan iemand vir my sê waar is Liz Blignaut, voorheen van Swakop? – Mariaan, 081 244 2170

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!