SMS'e vir 12 Desember 2017
SMS'e vir 12 Desember 2017

SMS'e vir 12 Desember 2017

“. . .in die steek gelaat. . .”
Mandy Rittmann
Die foto van Clinton Swartbooi se voete spreek boekdele. Hoe is dit moontlik dat Clinton Swartbooi vier weke in 'n hospitaal lê sonder dringende mediese ingryping wat met opname moet wees? Dié insident verg 'n deurdagte ondersoek.



Voorstel: Laat die agbare hoog geplaastes met die BBP-motorkade tot by die naaste staatshospitaal geneem word, dan kyk ons of hulle 'n week daar kan oorleef. Dit is 'n skreiende skande dat mense soos diere in die enigste mediese fasiliteite tot hul beskikking moet probeer oorleef en aansterk.



Ek huil regtig oor 'n kind wat gesterf het omdat dokters, verpleegsters en ander hom in die steek gelaat het. Wat het van ons liefde en omgee vir ons medemens, kind geword? Ek kan nie glo wat ek lees. Clinton Swartbooi, ek huil al ken ek jou nie.



“Klein Clinton verloor die stryd”, so ook die inwoners van Seniorpark, van medies tot munisipaal en op die volgende bladsy sommer die oorsaak ook. Geen terugvoering of kommunikasie van enige amptenaar. Algemene verskynsel waar persone ongekwalifiseerd bokant hulle vermoëns aangestel word in poste waar 'n rekenaar met Internettoegang belangriker is as die kliënt, wat jou salaris betaal. Die ergste is dat vrot diens op grondvlak veroorsaak word deur swak werkverrigting deur sogenaamde toesighouers en bestuurders met 'n ingeboude weerstand teen telefone se gelui, wat gewoonlik inbreuk maak op die uitgebreide kou- en drinkprosesse.



Spookonderwysers! By ons is 'n dame op ons “pay sheet” van die skool wat nie daar skool hou nie. Het lank gelede daar skool gehou. Iewers slaap iemand of weet iemand daarvan, maar bly stil daaroor.



Namibia sending cops to Darfur to maintain good conduct to Namibian standards? To assist women and children in Sudan? When they can't even keep order in our own country, which is riddled with crime, corruption, rape and murder? What a shame!



MVA Fund. Some tips on stopping the carnage on the roads: Prosecute and jail all multiple traffic offenders with multiple tickets to get them off the roads. Increase fines! All tourist companies and shuttle drivers must have public transport permits and liability insurance plus yearly medical eye tests and roadworthy tests. Why not the taxi drivers who are also public transport? Enforce the driver personal liability insurance so that their insurances must pay! The culprits don't care as MVA pays for their reckless driving accidents.



I believe that Rössing and Langer Heinrich Uranium Mines who were granted rights to extract water from the Swakop and Khan Rivers for the construction phases only are still pumping water from the rivers at no cost and depleting the underground reserves? Only Husab apparently stopped after mine construction. What about Valentia Mine? What about Bannerman? Ministries of mines and water affairs, please look into this!



Namibië is seker nie 'n hawe vir skelms nie, maar die korrupsie wat omkopery en bedrog insluit, maak dat skelms lekker kry om nie belasting te betaal nie. Mense wat die wet moet toepas, leef nie met integriteit nie.



Kom kyk in Otjiwarongo se strate hoe voertuie parkeer word, asook alle padreëls ignoreer word. Jy besef dan dat baie bestuurders glad nie ordentlik kan bestuur nie, of glad nie respek het vir ander padgebruikers nie. 'n Land sonder dissipline is Namibië. Julle padblokkades sal geen positiewe uitwerking hê op padongelukke nie. Sommige bestuurders is of onnosel of dom astrant.



Ala magtig! Die armoede het so erg geraak dat selfs die wat 'n ordentlike Land Cruiser ry dit aanvoel. Die foto in die Republikein van 7 Desember 2017 het verwysing.



Trucks barred from coastal roads during holiday. Again I ask, why only during Xmas Holiday, do our lives not matter during the rest of the year?



Geleentheid vir ondersoekende joernalistiek. So pas meer as 'n uur na Telecom se volle arsenaal van besetseine, kliënteklingels en boodskapfasiliteite geluister en is beboodskap. Bestaan Telecom se diens nog? Beide Telecom en Iway se customer care is dieselfde, 1100, wat net eenvoudig beset bly. Verrig hulle 'n strategiese diens, of wat?



Wat 'n fantastiese stuk werk is die dikke Erongo-vakansiebylaag! Iets van alles vir almal. Ek het besoekers van SA aan huis en hulle is versot daarop. Ons moes ekstra koerante koop vir nóg kopieë wat moet saam terug Kaap toe. Welgedaan.



Dr. Bernard Haufiku thank you for taking a stand against dubious deals by Andreas Mwoombola and his cronies. I sincerely hope you have the support of President Hage Geingob.



Calle Schlettwein Facebook Profile: A warning to all readers. There is a scamster on facebook under the profile of Calle Schlettwein, Minister of Finance. He promises a loan of N$2 000 000. However, all dealings have to be secretive. The message is full of spelling mistakes.



Die persoon van Rehoboth-dorpsraad wat die paaie skraap moet onmiddelik alles los. Die paaie is slegter nadat dit geskraap is. Kom kyk in Blok D!



Ek wil net graag die engel bedank wat so goed was om 'n SMS te stuur oor die grusame moord wat gepleeg is op 2014/11/29 op Schlip. Baie dankie dat u dit saam met ons as die gemeenskap van Schlip voel.



Die bakkie met takketralies is voorop. Jammer tog agter op is nie 'n bees of 'n paar bokke nie! - Oupa Peet

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!