SMS'e vir 12 Desember 2018
SMS'e vir 12 Desember 2018

SMS'e vir 12 Desember 2018

". . . maak nie juis wins . . ."
Mandy Rittmann
Verhuurders wat water en ligte insluit in die huurgeld maak nie juis wins om te verklaar as inkomste nie. Huurders was en stryk vriende se klere en laat vriende oorslaap. Na onkostes afgetrek word, bly daar net genoeg oor vir bloeddrukpille. – Pieringoog

Fantasties! ’n Nuwe jaar wat ons ingaan met huurbeheer. Kom drink tee en ons wys julle hoe ons huur, en wat ons betaal vir huur. Verhuurders moet belasting betaal. Lekker Kersfees hou.

Ek wil namens Huis Palms baie dankie sê aan die skoliere en ouers wat ons inwoners met emmertjies koekies kom verras het. Dit word opreg waardeer. Baie dankie nogmaals.

Dame het by drie verskillende mans kinders, soek nog een, want ouma vat kleinkinders. Ma van kinders soek papgeld, dit is 2019. Dames, hou op asseblief. Kinders word so groot. Asseblief, hou op!

Namib Mills en NPI bly deesdae in die koerant. Moenie die regering se hulp soek nie, want julle vat hulle nie kop toe nie. "Struggle" self.

Die persoon wat so kla oor Van Wyk, McNab en Dentlinger. Die koerant behoort aan al ons Namibiërs en nie aan jou nie, so kry tog maar jou eie koerant.

Die minimum loon van N$22 ’n uur vir werkers word nou in SA wettig. Hoop net dit gaan ook sterk deurkom dat dit vir ’n dag van 8 ure is! - Wilkie

Are Namibian laws not applicable in northern Namibia? The people and businesses in the north do not pay tax like the rest of Namibians and their Chamber of Commerce claim they need training first before paying tax. Now they are smuggling fuel but need awareness and/or some education to stop smuggling. If the rest of Namibians are treated equally and/or enjoy the same privilege as northerners what will become of Namibia?

Munisipaliteit van Windhoek, is dit bedrog? Einde Oktober 2018 ontvang ons geen water- en ligterekeninge deur die pos nie. Word genoodsaak om telefonies aan te vra en te e-pos, maar nou word op November 2018 se rekening N$17,25 gehef vir die duplikaatrekening van Oktober. Dit is niks anders as bedrog! Voortaan los ek om te betaal as ek nie 'n rekening ontvang word nie. Die verbruiker het ’n reg om betyds rekeninge te ontvang.

My hart is nog steeds seer oor die donkies, perde en bokke wat hier in Aranos se strate rondloop, desperaat op soek na kos en water! Hulle vrek op ’n hoop en die wat nog leef is verskriklik maer en party kan skaars loop. Ek voel die eienaars moet begin verantwoording doen. In my oë is hulle moordenaars. Kan Aranos se sogenaamde munisipaliteit iets doen, asseblief.

Ek verstaan nou waarom van die taxi's ry soos hulle ry, want die instrukteurs ry so en erger. As ek geld gehad het, het ek vir my ’n ryding van spoorstawe laat bou met ’n 5 liter V8 "twin" turbo enjin in en die taxi's permanent van die pad afgery. Die eienaars sal dan iewers nog geld moet verduister om ander te kan koop. Die regering het mos hope daarvan. – Johan

Die verkeersowerheid kan gerus wetgewing instel om groter volgafstande tussen vragmotors op paaie te handhaaf. Opeenhoping van verkeer lei tot frustrasie en ongeduld. - Johan

Ek wil graag weet of daar enigsins ’n wet is of enigiets wat jou verbied om in enige plek in Namibië te gaan vir ’n bestuurderslisensie? Is daar iemand wat my kan sê. In Windhoek kan ’n mens nie meer gaan nie, want jy druip net, dan word jy nog spesifiek in Okahandja verbied. Help my asseblief reg.

50 persent van Namibiërs ontlas in die oopte, helfte van kindersterftes word toegeskryf aan swak higiëne en sanitasie. “Namibia in junk status, failing justice, health and education systems”, maar die president sê die goewerment het goed gevaar en prys sy kabinet/ministers? Skaamteloos!

Wie se beurt is dit as die beurtkrag vir twee dae af is? - John Electric

What lovely words from rapper Lauryn Hill. "I consider myself a crayon. I might not be your favourite colour but one day you'll need me to complete your picture."

Ek is ’n weduwee van Rehoboth. Ek is so dankbaar in my hart vir daardie vrou wat daar by die kliniek help, sonder betaling. Weet u, niemand werk vandag sonder geld. Sy het ’n hart van goud. Ons as groot mense sê dankie vir haar. Is daar nie van julle wat iets in ‘n koevert kan sit en vir haar gaan gee? Die Here sal ons net seën. Daar is groot verandering daar.

’n Gemene dief het my deurklokkie kom steel. Dit is silwer, hartvormig met verskeie klein klokkies. Dit het groot sentimentele waarde. Ek woon naby die NG Kerk, Rehoboth. Skakel 081 430 9392 as u dit aan my kan terugbesorg asseblief!

NG gemeente, Swakopmund. Waar was julle Sondagaand vir die amfiteater se erediens? Sowat 10 van julle was daar, miskien nog minder. Sies, ek skaam my! Maar die woord sê mos: “Wyd is die pad wat na die verderf lei en baie sal daarop gaan, maar nou en moeilik is die pad wat na die ewigheid ly en daar is min wat dit sal vind.”

Ek is op soek na suster Susan Kruger Smith. Dogter van oom Ben en tannie Suzy van Usakos. Bel jou neef Jan Louw by 081 122 6389 of Alwyn by 081 310 1373. Hulle is tannie Emmie Louw se seuns. Sal waardeer word.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer