SMS'e vir 12 Februarie 2019
SMS'e vir 12 Februarie 2019

SMS'e vir 12 Februarie 2019

"...die hout is gestroop..."
Mandy Rittmann
Gekapte, geoeste hout bestaan nie. Al die hout is gebandsaag om netjies in “containers” bestem vir China te pas. Tweedens, die hout is gestroop op gronde wat vir boerdery toegeken is. Geen plantasieboerdery word beoefen nie en dus geen oes nie. – Frikkie

Ben Markus van Bo-Plaas kamp wat op Hobas oorlede is. Jy was ’n kampkommandant 1 000. Goeie maniere en altyd behulpsaam gewees. Jou grootste wens was om die volgende marathon met jou fiets te ry. Mag jy in die Hemel nou daardie geleentheid geniet. Gaan jou mis as ons weer daar gaan kamp. - die Dreyers van Walvisbaai

Daar is ’n groot verskil tussen Syndol, Tensopain, Pynstopen en Lenafen, Ibrufen en Adco-dol. Eersgenoemde bevat paracetamol en ’n klein hoeveelheid kodeïen en dit tas nie die maag aan nie. Laasgenoemde drie bevat onder andere ibrufen - ’n suur wat die maagwand vreet. Mense met maagprobleme verkies eersgenoemde drie.

I agree with you on the urgent need for a public protector and investigation commissions to stop the corruption in our country.

Wat het geword van die ongeluk toe twee Duitse toeriste op die lughawepad in 'n taxi dood is? Wie was die persoon wat op die bult verbygesteek het asseblief?

I think the way Minister of ITC Stanley Simataa is defending our President and the way he utters his words is a big cause of what is making President Geingob sound unpopular. Minister Simataa, please choose your words more carefully, you are speaking to our nation.

How come the former CEO of Karibib is convicted for corruption (which is good news), but not the Walvis Bay municipal high ranking official?

In Windhoek is Robert Mugabe-laan tussen Jan Jonker-weg en Gimnasium skool deesdae ’n resiesbaan. Weinig motorbestuurders hou by die 60 km per uur spoedgrens. Die spoed is gewoonlik tussen 80 en 100 km. Sou ’n bestuurder dit waag om binne die spoedgrens te hou, word daar roekeloos verby gejaag en in sy baan in sy veilige volgafstand ingejaag, sodat gerem moet word om ’n ongeluk te vermy. Waar o waar is die verkeerspolisie!

By die privaatskole moet ons ouers so baie geld betaal, dan moet jy nog boeke koop, soos handboeke vir die kinders. Dit is onaanvaarbaar.

Vir die pastoor van Kalkrand wil ek sê, as jy wil staan vir councillor, doen dit, maar moenie jou gemeente opsteek en sê hulle moet nie vir Riaan Mcnab stem nie, hulle moet vir jou ook ’n kans gee. Leer jou gemeente die weg van die Here en hou politiek uit jou kerk uit, God is ’n jaloerse God. Jy kan nie vir hom en mamon dien. Lees Johannes 10, want God laat deur wie hy wil na sy skape. Mens beplan, maar God besluit. Wie nie by die deur ingaan en van ’n ander kant af wil inklim, is ’n dief en ’n rower en sy skape luister nie na sy stem nie. God sal besluit. Net tot daar.

Ons oumense kry swaar van naby geleë plase van Otjimbingwe. Ons moet N$1 300 betaal vir watermeters, dan word jou meter 800 meter vêr van jou af ingesit, dan moet jy die pyp koop en aanlê. - Ouma van Poort

Kan iemand inligting gee? Mag skoolonderwysers tik of slaan aan skool leerlinge of hulle dreig? Asseblief!

Uitgehonger en aangerand? Dit is ’n tronk, nie ’n vyfster hotel nie.

Graag wil ek vir Starkey Hearing bedank wat 10 Februarie 2019 ’n kliniek gehad het in Swakopmund waar die publiek se ore gratis getoets is en gehoorapperate voorsien is. Baie dankie vir ’n goeie en professionele diens wat aan die publiek gelewer is.

Hoe nou gemaak MTC? Die kompetisie het gesluit, maar julle trek nog steeds geld af vir die 101-boodskappe! Dit moet mos ook nou stop. Die ergste is ’n mens weet nie hoe om die aftrekkings te stop nie. Weet enige iemand dalk?

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!