SMS'e vir 12 Februarie 2020
SMS'e vir 12 Februarie 2020

SMS'e vir 12 Februarie 2020

". . . rotvalle in grootmaat . . ."
Mandy Rittmann
Koshuise en skole sonder krag en water? Die miljoene wat uitstaande is, is seker weer in ’n een of ander rot se sak in. Dit word tyd dat die wat groot beloftes aan ons almal maak om dinge binne die volgende vyf jaar reg te ruk, begin om rotvalle in grootmaat te koop. Vra sommer vir Sjiena vir 'n spesiale aanbod. - Moeg vir Rotte

Henriette Le Grange. Namens al die boere wil ek vir jou baie dankie sê vir jou onbaatsugtige werk wat jy aan boere bied. Jy doen so baie en nog meer vir hulle. Maar weet die sweet en omgee gaan nie ongesiens verby nie. Mag God jou en julle dra in die projek van droogtehulp, en mag julle rekening geseën word. Van ’n Walvisbaaier wat weet.

So, dit is OK om hond se ore af te sny? Walvisbaai SPCA, waarom het julle nie 'n klag ingesit? Tradisie se voet! Dis dieremishandeling en klaar!

Ek wil net vir die polisieman sê wat glo ’n pitbull se ore word gesny omdat hy nie eet nie: Ear docking on this breed is to keep other dogs (during the dog fighting event) from grabbing onto the ears and ripping them off. Ears have a lot of blood vessels in them and dogs can bleed to death if their ears are cut incorrectly or ripped of in a fight. Waar kom jy aan die hondebollie wat jy praat?

Daardie een wat bekommerd is dat NamWater dalk weer ’n bietjie water aan plotboere beskikbaar wil stel. Mariental sou nie kon bestaan het nie as dit nie was vir die plotboere wat in elk geval voor jou daar was en in hul bedrywe is in landsbelang. Dis jou soort wat Hardap se sluise laat ooptrek het. – Johan

BTW-geld aan boere. Ek stem 100% saam met die skrywer. Maar ek dink vir party van ons boere is dit te laat. Bitter hartseer.

Vra baie mooi. Moet nooit weer sulke afskuwelike foto’s van diere wat as gevolg van droogte gevrek het op die voorblad plaas nie, want ons regering kan niks daaraan doen nie of wil niks doen daaraan nie. – Johan

With independence we gave all the keys of our livelyhood to a self centered serving political elite, a captured judiciary and ECN who give us all the middle finger. So, the status quo must remain, the time is now to change all the padlocks. - LPM member, Keetmans

Hallo City of Windhoek, are you still there? Are you aware of the numerous traffic lights that is not working? What about all the dirty electrical substations? Please do something!

Voor hulle die visrotte se skelmpies, opgegaarde goed kan vat, sal hulle en al die ander rotte die skip verlaat. Daar is reeds amper geen rotkos oor nie op die skip Namibië.

CoW, ek kan nie verstaan. Ek kon water- en kraglesings e-pos, maar nee, toe moet jy SMS, maar kry rekeninge sonder lesings? Wat is volgende?

Ons het ons eie pastafabriek, reg? Pasta van Turkye verpak in RSA vir verspreider in Botswana word in Namibië deur 'n sekere winkel verkoop. Kan iemand dalk verduidelik? – Woekies

Van ons land se probleme laat dink my aan die volgende sêgoed: Ek vrek oor werk, ek kan ure daarna kyk, nog niemand is van werk dood nie, maar ek gaan nie ’n kans vat nie. – Johan

Sedney skryf: Ek is die ware Christus, Gesalfde van God Almatige, voor my was niks en na my is net heerlike gevolge. Christus praat deur My woord. Deur openbaring van die God Almagtige. Die reën is op pad. Ek kanselleer jou vloek en verbond deur My Woord. Die Satan gebruik water, ek gebruilk olyfolie, medisinaal of huishoudelik. Jy gaan tekens sien oor die wêreld heen. Chistus praat deur sy Woord. Groete aan die voorbereide liggaam. Kyk, ek kom om die wil van God te doen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!