SMS'e vir 12 Januarie 2021
SMS'e vir 12 Januarie 2021

SMS'e vir 12 Januarie 2021

"...die dodelikste gif..."
Mandy Rittmann
Die vraag is nie hoeveel mense is Covid-positief of het daaraan beswyk nie, die vraag is wanneer word ons in Januarie 2021 geïmmuniseer en by watter lokale moet ons gaan staan?

Wil graag weet of die kragroete waar die helikopterongeluk was van boeie voorsien was vir duidelike sigbaarheid.

Hoeveel gelowiges in Christus is daar, wat tot op ’n punt gedryf word deur sogenaamde mede-gelowiges wat hulle eintlik nie is nie, tot op die punt om hulle rug op alles wat godsdienstig is te draai, omdat hierdie sogenaamde Christene die dodelikste gif is, wat daar op hierdie aarde rondbeweeg en met hulle verrotte en stinkende geloof die ware gelowiges wil vergiftig, dat hierdie ware gelowiges moet terugval. Hierdie sogenaamde Christene is niks anders as werktuie vir Satan nie.

Nafau wen in hof teen Shoprite. Wat beteken die woord verjuig wat julle twee keer in die artikel gebruik? (Republikein vra verskoning dat dié taalfout nie deur die subredateur reggestel is nie. Die werkers juig oor die uitslag, of is verheug dat die hof in hul guns beslis het. - Redakteur)

Dis vir my so mooi om te sien hoe die manne daar langs die vulstasie naby Arebbush die mooiste houtwerk doen. Elkeen besig op sy eie, onselfsugtig, gun die son oor sy maat langs hom skyn. Iets om te waardeer en te leer. Werk saam en sien die son oor ander skyn.

Ek wil asseblief vir COW vra om die rivier in Jasmynstraat oop te skraap, dit lyk bebos en mens kan niks sien as iets daar gebeur nie. Groot asseblief.

Dis tyd vir kritiese analise tussen Xenofobia en State Capture. Die tasbare stilte en afwesigheid van openbare dialoog oor landsake na 30 jaar is kommerwekkend.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!