SMS'e vir 12 Januarie 2022
"...so minagtend..."
Ek is verbaas dat mnr. Kamati nie die lughawe-beampte se voete op die toonbank goedkeur nie. Dit is dan die norm vir Namibië se staatsamptenare om so minagtend teenoor die belastingbetalende publiek op te tree. Gaan kyk by die padblokkades hoe word daar vanaf die rug op die stoele voertuie deurgewuif (as daar ooit gewuif word en hy is nie op sy selfoon besig nie).
Was vandag by Gobabis se Binnelandse Sake en wat 'n verrassing. Vriendelike, ingeligte personeel. Alle toonbanke beman, skoon kantore en die ry beweeg vinnig. Wie ook al in beheer is, julle is 'n plesier om te besoek. Dankie vir puik diens.
Bly om te sien in Windhoek word padtekens na weke vervang. In Tsumeb word padtekens nooit vervang nie. In Tsumeb weet die munisipaliteit nie eers meer waar padtekens moes wees nie. Mooi Swakop, julle is 'n voorbeeld.
Kan Rehoboth se pastore 'n dag uitkyk en die jong kinders wat op die duine vergaan, gaan kyk, hulle het baie hulp nodig. Julle sal sien hoeveel siele daar is en onthou Godsmanne, die Here sal daardie verlore siele by julle soek. Julle sal rekenskap gee. Soek die skape en maak hulle bymekaar. Weet julle, die Here sal baie bly wees vir daardie siele. Asseblief, die Here sal julle seën.
Weet julle, ek is moedeloos as ek deur ons hoofstad ry en die agteruitgang en verval sien. Windhoek was altyd die skoonste stad in Afrika. Die parke en tuine is tot niet. Kom CoW, doen iets!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie