SMS'e vir 12 Julie 2016
Ek is ’n pensioenaris, maar is bereid om ’n graf te koop vir die 12 babas. Hulle kan in een gat begrawe word. Ek is bereid om die N$400 te betaal. Kom my landgenote, kom ons help die regering. - Ouma
Hoe skokkend en afgryslik die storie van die lykhuis? Hoe ongevoelig kan mense/families nog wees/raak om die lyke te ignoreer sonder opeising? Hoop iemand/skuldiges word ernstig aangespreek. Dis ’n sieklike ramp!
Drankverkope. Dink nie dit is ’n opsie om dit nie naby skole/huise te beperk nie. Ander planne moet beplan word oor drankmisbruik, messe en wapens. Dis ’n absolute euwel deesdae. Ek ry gereeld Otjiwarongo toe, kyk net hoe lê drankbottels langs pad/paaie! Hoekom moet koswinkels drank verkoop? Dis ’n euwel. Doen asb. iets daadwerkliks daaraan.
Waarvoor gaan die omgewingsbelasting wat ons nou gaan betaal, aangewend word?
Ek lees van die pensioenaris wat in Keetmanshoop geroof is van haar pensioengelde. Ouma, ek voel dit saam met u. Vir daai rowers – pasop! God is besig met julle. Gaan gee die ouma se geld terug. Jy roof nie van ’n bejaarde nie. Die dag as dit met julle sleg gaan moenie vra hoekom nie. Ek bid vir julle vir genade. Hoe kry julle dit reg? Onthou, daai bejaarde moet ook lewe. Mag God julle genade skenk. Ouma en aan u: Moet nie bekommerd wees nie, plaas u vertroue in die Here. Hy skep geleenthede. Amen.
Ag nee magtig! Plek van gruwels 8 Julie. Dis onaanvaarbaar. Waarom word onopgeëiste liggame nie net veras nie? Ao. Oscar Shatipamba, besef jy wat ’n gesondheidsrisiko dit vir jou is om net daar in te gaan?
Die persoon wat 7/7/2016 geskryf het van die private sektor praat die waarheid. Daar is apartheid as die hoogste prioriteit aangevuur. Daar word eie ras ingebring wat niks weet of geen ondervinding het nie, maar die persoon word ’n groot salaris betaal en onmiddellik aangestel terwyl die man met die ondervinding op ’n uurloon moet werk en dan moet jy die persoon nog oplei ook sonder enige vergoeding.
Polisie lykshuis in Windhoek, wat ’n skande! Fire die hele lot van bo tot onder. Namibië en SA is nou vinnig besig om nog ’n Zimbabwe te word. Sies!
Ek wil net regstel – nie pensioenaris nie, maar ongeskik, gestremd en die ouens wat mens loop en roof by hike pad, kan hulle nie opstaan en gaan werk nie in plaas van loop en roof. Mense, ek het 4 meshoue ontduik, maar sover my kennis strek, het hulle dit weer kom probeer. Ek lewe of sterf of hulle is die keer in die slag en dan sal ek die gestremde hulle oortuig. En dan wil ek die KHP polisie sê dat hulle die hike pad moet patrolleer, asb. J. L. Mouton vra en sê dit so.
Ja my mens, dit is om van te huil. By Khomasdal begraafplaas lyk dit net so sleg. Ek het al gekla en gesmeek dat daar iets gedoen word, maar alles tevergeefs. Daar lê die vieslikste hoop gemors tussen 2 van my geliefdes se grafte. Niks verander nie, al kla jy waar!
Reaksie op die anderkant van die munt. Jy sal verbaas wees as jy weet watter bruin en swart mense het grond/huise in die buiteland. Soos ek gevra het, maak jou oë oop. You can fool some of the people some of the time, but not all the people all of the time.
Omaruru – geluk met jul skoon dorp!
CoW increased tariffs with almost N$300 million outstanding from previous years. Can our infrastructure support all these defaulters? Are we borrowing from the Parks and Cemetries General Upkeep Fund to support unsustainable urban sprawl in this country of the wide open spaces Please correct me if I'm wrong.
Ja, ek sal ook graag wil weet waar moet ek aanklop dat hulle my afhaal van ITC.
Aan die persoon wat wil weet hoekom ry die Okahandja buurtwag nie deur die dag nie. ’n Buurtwag is ’n vrywilligheidskorps. Die dapper helde en heldinne werk deur die dag. Na ure offer hulle hul eie tyd, voertuie, geld en lewens op om huis en haard te beskerm. Dit is tog eintlik Nampol se werk. Maar u is welkom om self by die BW aan te sluit. Opleiding is beskikbaar. Ons sal dit opreg waardeer as u hierdie tye soos u voorstel kan sigbaar wees en patrolleer. Onthou net. BW vang boewe, slim vang sy baas. Aan God alle eer.
Waar doen ek aansoek vir regeringstoelae as ek en my man nie werk nie?
Die persoon wat wag vir burgerskap – huil, suster huil.
As mense praat van "versoening" sal ek dit nie verstaan nie. Wat is versoening, mnr. Shanghala? As ek jy gewees het, sal ek teruggaan en dink oor Resolusie 435 se implementering en sien wat is versoening. Maak reg en versoen ook vir SWATF en Koevoet. Hul is inboorlinge van Namibië.
Wat ’n skande as jy die koerante oopmaak hoe Afrika se diktators en magshonger leiers hul nasies verarm en hulle en hul kinders verryk word. Sies. Ons op Rehoboth hou ons die grootste massa-optog Saterdag 16 Junie oor die grond en behuisingsnood, die swak of geen dienslewering van die dorpsraad, die grootskaalse wanpraktyke en korrupsie. Mense, kom in jul duisende en ons stop die beplande restourasiewerk by die Council. Daar is belangriker aspekte wat moet aandag geniet. - Die vuurvreter aktivis.
Na ek vir meer as 10 jaar "my kinders" met liefde groot gemaak het, het die ma my onlangs gesê dat "my kinders" eintlik nie myne is nie en dat die regte pa sy opwagting gemaak het met die melk wat hy gaan koop het!
Wanneer betoog ons oor voertuie, messe, pangas, okapi's, byle en klippe? Dit oorskadu vuurwapengeweld by verre waar lewensverlies ter sprake is. - SAP&H
Dit help nie om nou gemeentelede van Ebenhaezer RHB terug te smeek nie, die kerkbestuur is verantwoordelik vir opbreek van die kerk.
Aan alle suurdruiwe wat nie God se werke in aksie kan begryp nie; hier is sielesorg: Christus se kerk het in drie dele geskeur, dis wat aan die gebeur is op Rehoboth, so maak vrede daarmee! Ironies genoeg het dit al met die AME kerk plaaslik gebeur. - Oubaas Xoagub
Ek is dringend op soek na Yvonne Bock, haar man is ’n prokureur. Dis in verband met haar broer se kind. Kontak my asb. by 081 760 6693.
Matriekafskeid: Ek wil vir Cobus en Richard vra of die lap "label" wat op ’n baadjie se mou vasgewerk is, aan moet bly of nie.
Klasmaats van M&K Gertze 1997 matrix, ons hou reünie. SMS jou naam en van na 081 122 0097.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie