SMS'e vir 12 Julie 2017
“...wat kastig geld swak belê...”
Kom almal vat die president se hand oor hy bekommerd is oor dienslewering deur te begin om vriendelik te wees.
Dr. Hage moet eerder met beamptes met hul suurgesigte by grensposte en lughawens praat. Dit is waar 'n toeris sy eerste indruk kry van 'n land se gasvryheid kry.
Die arme Rehobothers bly in die nuus vir al die verkeerde redes. Water word gesny, krag word gesny, riool loop soos riviere by die strate af. Ek stel voor ons gee Rehoboth 'n nuwe naam, naamlik Rioolboth!
Ek is 'n toeris van Suid-Afrika in die mooi land. Maar nooit weer sien Waterberg naby Otjiwarongo ons nie. Die verwaarlosing, onversorgde kamp, kampers wat hout uit die natuur neem en vir braai gebruik, partytjie wat tot 02:00 voormiddag Sondag aanhou met musiek en lawaai en selfs Sondag voortgaan was so 'n groot teleurstelling teen 'n groot prys. So tragies!
Three more magnificent lions shot but only one attacked? What the hell there were three, so shoot the lot? Sounds like a Chinese muti order? And who's mistake is it that they escaped Etosha? That's right: human failure as the fence is broken in so many places just like Kruger Park! Is there anything at all that the Government maintains regularly so that these disasters can't happen? Shame on you for another unnecessary killing.
SME-geld. Ek dink die president moet 'n klomp van die mense met minder ernstige oortredings uit die tronk laat om plek te maak vir hierdie mense wat kastig geld swak belê het en hulle in die tronk stop. Daardie geld lê maar in iemand se rekening of in eiendom. Swak beleggings is maar 'n verskoning vir diefstal.
Hoe verstaan 'n mens dit dat 'n beloning van N$10 000 betaal word vir informasie in verband met stropery? Dan word borg deur landdroste toegestaan. Lyk verdag.
Onwettige sinkkerk: ag twak, man! Watse Harambee is dit? Die munisipaliteit moet eerder hulle tyd en energie gebruik om al die onwettige smokkelhuise af te breek. Laat die honger mense liewer honger kry en die suiplappe meer drinkplekke kry. Dit is duidelik waar julle lojaliteit lê!
Dit lyk vir my die geld se verdwyning by die SME Bank is maar gering. Jy hoor nie dat die wat daarvoor verantwoordelik is toegesluit gaan word nie. Hulle is nou meer bekommerd dat die bank gelikwideer moet word. Was dit nou van die junior personeel, was hul foto's en name lankal in die koerant en boonop was hulle ook toegesluit.
Hage sê diens is vrot! Syne ook, hy wat die voorbeeld moet wees. Kyk hoe vrot van korrupsie is ons land, kyk na die SME's en alle staatsbesighede wat miljarde verlies maak deur "mismanagement", en elke jaar "bailouts" kry. Kyk na moord en verkragting. Na die slagting op ons paaie, die lys is eindeloos, maar president is baie stil en doen niks en niemand word aangekla nie.
A must read article: "Auditor dodges probe" (Sun newspaper) where investigations and actions were insisted into a number of senior political figures allegedly implicated in and the cover-up of the missing estimated 660 million from GIPF. How very reassuring that NAMFISA itself is implicated in the coverup? PAAB please uncover and publish the whole rotten corruption. Name and shame them all and procecute!
Aan die munisipale busdiens: Asseblief, die busse ry vroeg. Hulle wag nie vir vyfuur se mense nie, veral by Grove Mall en in Olympia. Sommige werkers gaan werk met hulle babas, hulle kan nie kindertuin bekostig nie, want salaris is te min.
OppieStoep, kykNET - please keep your promises as advertised in local media. Travelled far for big disappointment. Where was our local talent?
Dis erg in Karasburg! Die polisie van ons plek drink meer as die gemeenskap in Karasburg. Ministerie van verdediging, praat hulle tog aan, asseblief. Vra groot asseblief!
Wil net vir Oscar geluk sê met sy “temp” posisie as stasiebevelvoerder op Schlip. Hoop en vertrou dat jy die pos gaan kry, jy is die ideale kandidaat. Sit jou voet neer en ruk alles reg broer, jy het die talent daarvoor.
Mario, baie, baie, dankie vir jou flinke diens gister met die brand. Jy is sowaar ons staatmaker, 'n held vir ons gemeenskap. Ek bid dat die Here jou sal gesond maak en oneindig sal seën. Dankie dat ons altyd net op jou nommer kan druk, dan is jy daar. Van die breë plaasboere.
Die Social Housing hier in Blok F, is dit nou 'n kindertuin of is dit 'n plek vir oumense?
Persoon wat boek skryf oor laksman. Hoekom soek jy die identiteit van die laksman? Jou bewering dat Joos Platt die laksman was, is ongegrond. Sou hy die laksman wees, wat het hy verkeerd gedoen? Is dit 'n misdaad? Is dit 'n oortreding? Die gemeenskap vra dat doodstraf heringestel word vir verkragters en moordenaars.
Dit is met skok dat ek in die Republikein van 10 Julie op bladsy 3 lees dat Renaissance Health nou die wanbetalende NBC help. Ek wil graag weet wie hierdie riskante besluit geneem het? Kan die hoofbeampte van Renaissance Health hierop antwoord in hierdie kolom. - Bekommerde pensioenaris
Karin, ek geniet jou “Sê maar net”, maar ek wil voorstel: sit heel eerste en geniet 'n lekker koffietjie voor jy wegspring met die inkopies. Kyk om jou rond na al die "shapes" en "sizes" en ontspan. 'n Lysie alleen help nie, jy moet 'n roeteplan en plan van aksie hê. Ek (afgetree) geniet my aankopies, weet waar alles is en die beste pryse. Miskien moet ek 'n Amazon-tak oopmaak vir julle onrustige siele. - Dries

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie